Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:MaartKalender2008
1 Maart: Sint Dawiddag in Wallis, Mărţişor in Roemenië, Martenitsa in Bulgarye.
- 1562 - Die Franse geloofsoorloë begin met 'n menseslagting op die Hugenote.
- 1896 - Ethiopië wen die beslissende Slag van Adowa oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot 'n einde bring.
- 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal onderdruk deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
- 1994 - Walvisbaai word deur Suid-Afrika aan Namibië oorhandig
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
2 Maart: Onafhanklikheidsdag in Marokko (1956)
- 1808 - Helsinki, word tydens die Russies-Sweedse Oorlog deur Russiese troepe verower wat daartoe lei dat Swede in 1809 gedwing word om Finland aan Rusland af te staan.
- 1836 - Die Republiek van Texas verklaar onafhanklikheid van Meksiko.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Australiese en Amerikaanse lugmagte val 'n groot konvooi van die Japannese vloot onderweg na Nieu-Guinee in die Slag van die Bismarcksee aan.
- 1998 - Water word ontdek op Europa, 'n maan van die planeet Jupiter.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1431 - Gabriel Condulmer word Pous Eugenius IV.
- 1845 - Florida word deel van die VSA.
- 1918 - Rusland teken die Verdrag van Brest-Litovsk en beëindig sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog wat lei tot onafhanklikheid vir Finland, Estland, Letland, Litaue en Pole.
- 1983 - Georges Remi, Belgiese strokiesverhaalskrywer en -kunstenaar, beter bekend onder sy skuilnaam Hergé, sterf. Sy mees bekende en omvattende werk is Die avonture van Kuifie, wat hy geskryf en geïllustreer het vanaf 1929, tot die jaar van sy afsterwe met die 24ste titel nog onvoltooid.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
4 Maart: Sint Casimirdag in Litaue en Pole
- 1790 - Tydens die Franse Rewolusie word 'n reeks nuwe départemente in Frankryk gevorm waaronder Pyrénées-Atlantiques, Côtes-d'Armor, Calvados.
- 1791 - Vermont word deel van die VSA
- 1975 - Akteur en filmregisseur Charlie Chaplin word deur Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk tot ridder geslaan.
- 1980 - Robert Mugabe van die Zimbabwe African National Union (ZANU) word as die eerste regeringshoof van Zimbabwe verkies.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1770 - Bostonslagting: Die gooi van sneeuballe na Britse soldate tydens 'n militêre besetting loop uit op geweld in Boston.
- 1918 – Bolshevistiese Rusland skuif sy hoofstad van Moskou na Petrograd.
- 1946 - Die term Ystergordyn word vir die eerste keer in 'n openbare toespraak deur Winston Churchill gebruik.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
6 Maart: Onafhanklikheisdag in Ghana (1957)
- 1521 - Ferdinand Magellaan en sy bemanning word die eerste Europeërs om Guam in die Mariana-eilande te bereik.
- 1869 - Dmitri Mendeleev stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese chemiese vereniging voor.
- 1987 - 193 mense aanboord van die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België verlaat onderweg na Dover, Engeland oor die Engelse Kanaal.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
7 Maart: Onderwysersdag in Albanië
- 161 - Marcus Aurelius en Lucius Verus volg Antoninus Pius op om mede-keisers van die Romeinse Ryk te word.
- 1926 - Die Suid-Afrikaanse filosoof Johan Degenaar, word in Ladysmith, Natal gebore.
- 1936 - Duitsland herbeset die gedemilitariseerde Rynland, en verbreek daarmee die Verdrag van Versailles en die Locarno Verdrae wat na die Eerste Wêreldoorlog onderteken is.
- 1950 - Die Sowjetunie reik 'n verklaring uit wat ontken dat die Duitse kernfisikus Klaus Fuchs as 'n Sowjet spioen gedien het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
8 Maart: Internasionale Vrouedag; Moedersdag in Albanië
- 1618 - Johannes Kepler ontdek derde wet van planetêre beweging.
- 1739 - Joachim van Plettenberg goewerneur van die Kaap de Goede Hoop na wie Plettenbergbaai vernoem is word in Leeuwarden, Nederland gebore.
- 1869 - Die Franse komponis Hector Berlioz sterf in Parys
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
9 Maart: Baron Blissdag in Belize
- 1816 - Vyf van die Slagtersnek Rebelle word in die openbaar gehang.
- 1916 - Generaal Pancho Villa lei 1500 Meksikane in 'n aanval oor die VSA grens op Columbus, Nieu-Meksiko, wat aanleiding gee tot 'n strafekspedisie deur die VSA leër.
- 1932 - Eamon de Valera word President van die uitvoerende raad van die Ierse Vrystaat.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: 'n Bomaanval op Tokio veroorsaak 'n vuurstorm waarin 100 000 mense sterf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1826 - Pedro I, Keiser van Brasilië, verklaar homself tot Koning Pedro IV van Portugal na die dood van sy vader Koning Johannes VI.
- 1876 - Alexander Graham Bell voer die eerste suksesvolle telefoonoproep uit.
- 1952 - Voormalige President Fulgencio Batista voer 'n staatsgreep uit om beheer van Kuba oor te neem.
- 2000 - Die NASDAQ effektebeursindeks bereik 'n hoogtepunt van 5048,62, die hoogste vlak van die dot-com voorspoedgolf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
11 Maart: Rooineusdag in die Verenigde Koninkryk (2005)
- 1845 - Māori magte onder leiding van stamleiers Kawiti en Hone Heke vernietig die Britse nedersetting van Kororareka in Nieu-Seeland wat die Eerste Maorioorlog ontlont.
- 1966 - President Sukarno van Indonesië, aan bewind sedert die Tweede Wêreldoorlog, word deur Suharto afgeset.
- 1990 - Die Litause Sowjet Sosialistiese Republiek se bestaan eindig toe Litaue die herstel van onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar.
- 2004 - 191 mense sterf en meer as 1800 word beseer in 'n reeks bomaanvalle op streekspendeltreine in Madrid, Spanje.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
12 Maart: Onafhanklikheidsdag in Mauritius (1968)
- 1930 - Mahatma Gandhi begin die Sout Satyagraha, 'n 24-dag, 320-km staptog om protes aan te teken teen die Britse belasting op sout in koloniale Indië.
- 1938 - Oostenryk word deur die Duitse weermag beset, en word vervolgens Ostmark, 'n provinsie in die Duitse Ryk.
- 1940 - Die Moskou Vredesverdrag word onderteken wat 'n einde bring aan die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie.
- 2003 – Serwiese Eerste Minister Zoran Đinđić sterf in 'n sluipmoordaanval in Belgrado.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1781 - William Herschel ontdek die planeet Uranus.
- 1881 - Tsaar Alexander II van Rusland sterf in 'n sluipmoord in 'n Nihilistiese komplot deur Ignacy Hryniewiecki.
- 1954 - In Viëtnam stuur Viet Minh magte onder Vo Nguyen Giap 'n reuse artillerieaanval af op die Franse leër van stapel om die Slag van Dien Bien Phu, die finale slag in die Eerste Indosjinaoorlog, te begin.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
14 Maart: Volkebonddag (2005), Witdag in Japan, Pi-dag
- 1590 - Henri van Navarre en die Hugenote verslaan die magte van die Katolieke Bond.
- 1794 - Eli Whitney patenteer die pluismeul.
- 1984 - Gerry Adams, leier van Sinn Féin, word ernstig gewond in 'n sluipmoordpoging in Belfast, Noord-Ierland.
- 1991 - Die "Birmingham Ses", te vore verkeerdelik aan moord en bomaanvalle op kroeë in Birmingham, Engeland skuldig bevind, word na 16 jaar in die tronk vrygelaat.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1493 - Christopher Columbus keer na Spanje terug na sy eerste reis na die Amerikas.
- 1877 - Krieketspelers wat Engeland en Australië verteenwoordig speel die eerste toetswedstryd by die Melbourne Cricket Ground.
- 1917 - Tsaar Nikolaas II van Rusland word gedwing om te abdikeer tydens die Februarie Revolusie wat drie eeue van Romanovheerskappy beëindig.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1521 - Ferdinand Magellaan bereik die Filippyne.
- 1815 - Willem I verklaar homself Koning van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande, die eerste grondwetlike monargie in Nederland.
- 1968 - 347 Viëtnamese burgerlikes sterf in die My Lai menseslagting.
- 1978 - Voormalige Eerste Minister van Italië Aldo Moro word in Rome deur die Rooi Brigade ontvoer.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 Maart: Sint Patrickdag
- 1901 - 'n Uitstalling van 71 skilderye deur Vincent van Gogh veroorsaak 'n opskudding in Parys, 11 jaar na sy dood.
- 1958 - Vanguard 1, die eerste sonkragaangedrewe satelliet, word gelanseer. Dit is die oudste mensgemaakte voorwerp wat vandag nog in die ruimte is.
- 1959 - Tenzin Gyatso, die 14de en huidige Dalai Lama, vlug uit Tibet na Indië.
- 1969 - Golda Meir word die vierde Eerste Minister van Israel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
18 Maart: Vlagdag in Aruba (1976)
- 1229 - Sesde Kruistog: Keiser Frederick II van die Heilige Romeinse Ryk verklaar homself tot Koning van Jerusalem.
- 1921 - Die Pools-Sowjetoorlog, wat die grens tussen die Tweede Poolse Republiek en Sowjet Rusland bepaal, kom formeel tot 'n einde met die ondertekening van die Vrede van Riga.
- 1922 - Mahatma Gandhi word gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir burgerlike ongehoorsaamheid.
- 1965 - Sowjet ruimtevaarder Aleksei Leonov word die eerste persoon om in die ruimte te loop
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
19 Maart: Sint Josefdag in Katolisisme en Vadersdag in verskeie lande
- 1279 - Die Song Dinastie in Keiserlike Sjina eindig met 'n Mongoolse oorwinning in die Slag van Yamen.
- 1915 - Die planeet Pluto word vir die eerste keer gefotografeer 15 jaar voor dit uiteindelik deur Clyde Tombaugh by die Lowell Observatory ontdek is.
- 1932 - Die Sydneyhawebrug, 'n belangrike landmerk in Sydney, Australië, word formeel geopen.
- 1982 - Die Falklandoorlog begin met die Argentynse besetting van Suid-Georgia.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
20 Maart: Onafhanklikheidsdag in Tunisië (1956)
- 1413 - Hendrik V word koning van Engeland.
- 1602 - Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, wat later 'n groot rol sou speel in die vestiging van die Europese nedersetting in die Kaap, word gestig.
- 1933 - Die konstruksie van die eerste Nazi-konsentrasiekamp by Dachau word voltooi.
- 1987 - AZT word die eerste antiretrovirale middel wat goedgekeur word vir die gebruik teen MIV en vigs.
- 2003 - Die VSA begin met Operasie Shock and Awe-bomaanvalle op Irak.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
21 Maart: Benito Juárezdag in Meksiko, Norouz in Iran, Wêreldpoësiedag
- 1800 - Pius VII word as Pous gekroon in Venesië met 'n tydelike pouslike tiara uit papier-mâché gefabriseer.
- 1804 - Die Code Napoléon word aangeneem as Franse siviele reg.
- 1935 - Sjah Reza Pahlavi vra die internasionale gemeenskap formeel om Persië se inheemse naam, Iran, wat Land van die Ariane beteken, te gebruik.
- 1990 – Die voormalige Suidwes-Afrika, Namibië, verkry onafhanklikheid van Suid-Afrika, met Sam Nujoma as eerste President.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
22 Maart: Wêreldwaterdag
- 1584 - Grégoire de Saint-Vincent, Jesuïet, wiskundige wat die Mercatorreeks, die uitbreiding van log(1 + x) in stygende magte van x onafhanklik ontdek het, word gebore.
- 1765 - Die parlement van die Verenigde Koninkryk neem die Seëlwet aan wat die groeiende separatistebeweging in koloniale Amerika verder aanblaas.
- 1995 - Russiese ruimtevaarder Valeri Polyakov van die Sojoes-program keer terug van die Mir-ruimtestasie na 437 dae in die buitenste ruimte en stel daarmee 'n nuwe wêreldrekord op vir die langste ruimtevlug.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1603 - Koning Jakobus I word die eerste Britse heerser wat gelyktydig oor Skotland, Engeland en Ierland heers.
- 1882 - Robert Koch kondig die ontdekking aan van die bakterie wat tuberkulose veroorsaak.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Gevange Geallieerde soldate begin die groot ontsnapping (Engels: Great Escape), toe hulle uit die Stalag Luft III, krygsgevangenekamp wat deur die Luftwaffe bedryf is, ontsnap.
- 1976 - President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
25 Maart: Onafhanklikheidsdag in Griekeland (1821)
- 1634 - Die Engelse kolonie Maryland word deur lord Baltimore en 'n groep Katolieke setlaars gestig.
- 1655 - Christiaan Huygens ontdek Titan, die grootste van die planeet Saturnus se mane.
- 1957 - Wes-Duitsland, Nederland, Luxemburg, Italië, Frankryk en België teken die Verdrag van Rome wat die Europese Ekonomiese Gemeenskap daar stel.
- 1995 - Ward Cunningham vestig die eerste wikiwerf, die Portland Pattern Repository.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
26 Maart: Onafhanklikheidsdag in Bangladesj (1971)
- 1707 – In terme van die Acts of Union, smelt die Koninkryke van Engeland en Skotland saam in die Koninkryk van Groot-Brittanje.
- 1881 - Domnitor Carol I van Hohenzollern-Sigmaringen word uitgeroep as die eerste Koning van Roemenië.
- 1902 - Cecil John Rhodes, Britsgebore Suid-Afrikaanse sakeman, mynmagnaat en politikus, sterf.
- 1999 - Die Melissawurm tas e-posstelsels regoor die wêreld aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1513 - Die Spaanse veroweraar Juan Ponce de León sien Florida vir die eerste keer, blykbaar terwyl hy op soek is na die Fontein van ewigdurende jeug in die Nuwe Wêreld.
- 1958 - Nikita Chroesjtjof word Premier van die Sowjetunie.
- 1964 - Die Goeie Vrydag-aardbewing wat 9,2 op die Richterskaal meet, tref Prince William-sont aan die kus van Alaska. Dit veroorsaak tsoenami's wat Kalifornië en Hawaii bereik.
- 1977 - Twee Boeing 747-vliegtuie bots by Tenerife in die Kanariese Eilande. 583 sterf in een van die ergste lugrampe in die geskiedenis van lugvaart.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 193 - Die pretoriaanse garde voer 'n sluipmoord op Romeinse keiser Pertinax uit en verkoop die troon in 'n veiling aan Didius Julianus.
- 845 - Wikingstropers, waarskynlik onder leiding van Ragnar Lodbrok, neem Parys in en eis 'n groot losprys.
- 1939 – Magte van die Spaanse Staat gelei deur generaal Francisco Franco neem Madrid in, wat die Spaanse Burgeroorlog beëindig.
- 1979 - 'n Kernreaktor by Three Mile Island naby Harrisburg, Pennsilvanië, ondergaan 'n gedeeltelike smelting.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1461 – In die Koninkryk van Engeland behaal troepe van die Huis van York 'n oorwinning oor die Huis van Lancaster in die Slag van Towton, die grootste veldslag in die Rose-oorloë tot op daardie stadium.
- 1638 - Sweedse setlaars stig Nieu-Swede naby Delaware Baai, die eerste Sweedse kolonie in die Amerikas.
- 1807 - Heinrich Wilhelm Olbers ontdek die asteroïde 4 Vesta word naby Jupiter se wentelbaan.
- 2004 - Die Republiek van Ierland word die eerste land wat rook in alle werksplekke verbied, insluitend kroeë en restaurante.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1867 – Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, William H. Seward, beding die aankoop van Alaska van Rusland.
- 1912 - Sultan Abdelhafid teken die Verdrag van Fez wat Marokko in 'n Franse protektoraat verander.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Wang Jingwei word deur Japan as hoof van die marionetregering in Sjina aangestel.
- 1954 - Die Toronto Transit Commission open die eerste moltreinstelsel in Kanada.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1778 - James Cook eis Vancouvereiland vir die Verenigde Koninkryk.
- 1854 – Kommodoor Matthew Perry van die VSA-vloot teken die Kanagawaverdrag, wat Japan dwing om hawens vir Amerikaanse handel oop te maak.
- 1889 - Die Eiffeltoring word in Parys, Frankryk ingehuldig.
- 1917 - Die Deense Wes-Indies word die VSA Maagdeeilande nadat die VSA Denemarke $25 miljoen vir die Karibbiese Eilande betaal het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis