See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Finland - Wikipedia

Finland

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Finland
Suomen Tasavalta
Republiken Finland
Wapen van Finland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: geen
Volkslied: Maamme (Fins) / Vårt land (Sweeds)
Ligging van Finland
Hoofstad Helsinki
60°10′N 24°56′E
Grootste stad Helsinki
Amptelike tale Fins/Suomi en Sweeds. Minderheids tale sluit in: Russies, Esties en Sami
Regering Demokratiese Republiek
Tarja Halonen
Matti Vanhanen
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
 - Verklaar
 - Erken
van Rusland
6 Desember 1917
3 Januarie 1918
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
?? 338 145 km2  (63ste)
Bevolking
 - 2003 skatting
 - Digtheid
 
5 244 858 (110ste)
17,1 / km2 (162ste)
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2004 skatting

VSA $ 151,2 bn (50ste)
22ste

Geldeenheid = Euro (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
EET (UTC+2)
EEST (UTC+3)
Internet-TLD .fi
Skakelkode +385

Finland (Fins: Suomi, Sweeds:Finland) is 'n land in Noord-Europa wat grens aan Rusland in die ooste, Swede in die noordweste en Noorweë in die noorde. Ten suide word dit van Estland geskei deur die Finse Golf. Wes vind mens die Botniese Golf en suidwes die Oossee aan die oorkant waarvan die res van die buurland Swede lê. Finland en Ysland word soms beskryf as Skandinawiese lande alhoewel Skandinawië streng gesproke beperk is tot Swede, Noorweë en Denemarke.

Die hoofstad en grootste stad is Helsinki (Helsingfors in Sweeds). Die Finse taal is nie verwant aan Sweeds, Noors of Deens nie en behoort tot ‘n taalgroep wat Esties en Hongaars insluit. Die Finse Republiek (Suomen Tasavalta) het in 1917 totstand gekom na oorheersing deur Swede en Rusland sedert die twaalfde eeu.

Finland word die "land van 'n duisend mere" genoem. Veral in die suidooste is die land bespikkel met ontelbare mere en meertjies.

Die land is 'n demokratiese republiek met 'n direk verkose president, wat maksimaal vir twee ampstermyne van ses jaar mag dien. Finland het in historiese en politieke opsig nou bande met sy buurstaat Swede. Ná die tweede onafhanklikheid van Estland het Finland ook nou betrekkinge met dié land.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Finland
Kaart van Finland, bron: CIA
Kaart van Finland, bron: CIA

Die vroegste bewyse van bewoning van die huidige Finland dateer uit ongeveer 100 000 jaar gelede. Die Romeinse geskiedskrywer Tacitus maak melding van die Fenni 'n volk in die noorde van Finland waarmee hy waarskynlik die Sami (Lappe) bedoel.

Die onlangse Finse geskiedenis is nou verbonde aan veral Swede en Rusland. Finland het tot 1809 vir ses eeue deel uitgemaak van die Sweedse koninkryk. Nadat in die jaar die Vrede van Hamina geteken is, maak dit tot 1917 deel uit van Rusland. In 1917 breek die Russiese Revolusie uit en verklaar Finland eensydig onafhanklikheid op 6 Desember 1917.

Daarna volg 'n bloedige burgeroorlog tussen die 'Rooi' en 'Wit' ondersteuners. Laasgenoemde seevier onder leiding van generaal Mannerheim. Na afloop van die burgeroorlog word Finland op 9 Oktober 1918 tot koninkryk verklaar onder Väinö I. Dìé tree egter twee maande later weer uit en die land word 'n republiek. Op 14 Oktober 1920 word daar 'n vredesverdrag met die Sowjetunie gesluit in Tartu (Estland); die Vrede van Tartu. Daarin laatvaar Finland vroeëre aansprake op gebiede met 'n bevolking van Finse oorsprong (Aunus, Noord-Ingermanland en Oos-Karelië).

Finland 1920-1940
Finland 1920-1940

In die winter van 1939-1940 breek die Winteroorlog (Talvisota) met die Sowjetunie uit. Die Russe wou ter wille van die beskerming van Sint Petersburg Finse grondgebied gebruik en voorkom dat die Duitsers hulle invloed in Finland uitbrei. Ondanks die ongelyke magsverhouding slaag Finland daarin om die Russiese aanval te weerstaan en onafhanklikheid te bewaar. Die Finse grensgebied word wel deur die Russe ingeneem.

Finland gaan 'n bondgenootskap aan met Duitsland en neem deel aan Operasie Barbarossa en herverower lang verlore gebiede van Sowjetunie. Vervolgoorlog (Jatkosota). Op 5 September 1944 sluit Finland vrede met die Sowjetunie waarvolgens grondgebied afgestaan word (o.a. Karelië en Vyborg) en die Sowjetunie die beheer kry oor 'n hawe aan die Finse Golf. Verder moes vergoeding betaal word in die vorm van industriële goedere. Hoewel die Vervolgoorlog met ingrypende vredesvoorwaardes afgesluit is kon Finland sy onafhanklikheid bewaar.

De naoorlogse jare word gekenmerk deur herstelbetaling en heropbou gepaardgaande met relatief groot afhanklikheid van die Sowjetunie. Van 1956 tot 1982 was Urho Kekkonen sonder onderbreking president van Finland. Na die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991 ondervind Finland 'n ekonomiese krisis waarvan die land sedertdien meer as herstel het. In 1995 word Finland lid van de Europese Unie en in 2002 word die markka ingeruil vir die euro.


Staatshoofde van Finland sedert Oktober 1918

  • Väinö I van Finland (koning) (1918)
  • Pehr Evind Svinhufvud (regent 1918)
  • Carl Gustav Mannerheim (regent) (1918-1919)
  • Kaarlo Juho Stahlberg (president) (1919-1925)
  • Lauri Kristian Relander (1925-1931)
  • Pehr Evind Svinhufvud (1931-1937)
  • Kyösti Kallio (1937-1940)
  • Risto Heikki Ryti (1940-1944)
  • Carl Gustav Mannerheim (1944-1946)
  • Juho Kusti Paasikivi (1946-1956)
  • Urho Kaleva Kekkonen (1956-1982)
  • Mauno Henrik Koivisto (1982-1994)
  • Martti Oiva Kalevi Ahtisaari (1994-2000)
  • Tarja Kaarina Halonen (v) (2000-...)

Ander bekende (politieke) persoonlikhede

  • Carl Gustav Mannerheim (was behalwe regent en president ook maarskalk opperbevelhebber)
  • Väinö Tanner (sosiaal-demokratiese premier)
  • Antti Oskari Tokoi (sosiaal-demokratiese premier)
  • Kalevi Sorsa (sosiaal-demokratiese premier)
  • Matti Vanhanen (premier vir die sentrumparty)

Finse politieke partye

  • KESK (Sentrumparty; sentraal-regs)
  • SDP (Sosiaal-demokrate)
  • LKP (Liberale Volksparty; liberaal)
  • KD (Christen-demokrate)
  • SFP (Sweedse Volksparty; Sentraal-regts, party vir die Sweedse minderheid)
  • KOK (Nationale Koalisieparty; sentraal-regs)
  • VAS (Linkse Volksparty; links-sosialisties)
  • IKL ([1932-1944] Patriotiese Beweging; fassisties)
  • ML ([1906-1965] Agrariese Liga; sentraal)
  • SKDL ([1944-1991] Volksdemokratiese Party; links-socialistisch/communistisch)

[wysig] Politiek

Hoofartikel: Politiek van Finland

[wysig] Geografie

Hoofartikel: Geografie van Finland

[wysig] Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Finland

[wysig] Demografie

Hoofartikel: Demografie van Finland

[wysig] Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Finland

[wysig] Ander onderwerpe

  • Finse argitektuur
  • Finse ontwerp
  • Finse literatuur
  • Finse musiek

[wysig] Sien ook

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:

[wysig] Eksterne skakels


Lande in Europa
Albanië | Andorra | Armenië2 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgië1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit Rusland
Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika
 
Europese Unie (EU)
Vlag van die Europese Unie
België | Bulgarye | Ciprus | Denemarke | Duitsland | Estland | Finland | Frankryk | Griekeland | Hongarye | Ierland | Italië | Letland | Litaue | Luxemburg | Malta | Nederland | Oostenryk |
Pole | Portugal | Roemenië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Tsjeggië | Verenigde Koninkryk
Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -