Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Turkye - Wikipedia

Turkye

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Türkiye Cumhuriyeti
Republiek van Turkye
Vlag van Turkye
Wapen van Turkye
(Vlag) (Wapen)
Ligging van Turkye
Amptelike tale Turks
Hoofstad Ankara
Grootste stad Istanbul
Internet TLD .tr

Turkye, amptelik bekend as die Republiek van Turkye, is 'n land in Eurasië wat strek oor die Anatoliese skiereiland in Wes-Asië en die Balkangebied van Suid-Europa. Turkye grens aan agt lande: Bulgarye aan die noordweste, Griekeland na die Weste, Georgië aan die noordooste, Armenië, Iran en die Nakhichevan eksklawe van Azerbeijan aan die ooste en Irak en Sirië in die suidooste. Die land grens aan die Swartsee in die noorde, die Egeïse See in die weste en die Middelandse See in die suide. Turkye bevat ook die See van Marmara, wat gewoonlik deur aardrykskundiges as die grens tussen Europa en Asië beskou word, wat beteken dat Turkye 'n transkontinentale land is.

Die streek waaruit moderne Turkye vandag bestaan was die geboorteplek van baie beskawings insluitende die Armeense-, Bisantynse-, Seljuk- en Ottomaanse Ryke. Vanweë sy strategiese ligging op die grens van twee kontinente, is die Turkse kultuur 'n unieke vermenging van die Oostelike en Westerse kulture en word die land ook dikwels na verwys as die brug tussen die twee beskawings.

Turkye is 'n demokratiese, sekulêre, eenheidstaat met 'n republikeinse grondwet. Die huidige politieke bestel van Turkye is in 1923 gevestig onder leierskap van Mustafa Kemal Atatürk na die val van Ottomaanse Ryk in die nadraai van die Eerste Wêreldoorlog.

Sedertien het Turkye toenemend met die weste geïntegreer alhoewel die land steeds betrekkinge met die Oosterse Wêreld in stand hou. Turkye is een van die stigterslede van die Verenigde Nasies[1], die Organisasie van die Islamietese Konferensie[2], die Organisase vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling[3], asook die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa[4]. Turkye is ook 'n lid van die Europese Raad sedert 1949 [5] en 'n lid van NAVO sedert 1952[6]. Turkye is ook sedert 2005 betrokke by onderhandelinge met die Europese Unie om aan te sluit en is al sedert 1963 'n assosiaatlid van die Europese Unie[7]. Turkye is ook 'n lid van die G20 Nywerheidslande wat die 20 grootste ekonomieë van die wêreld byeen bring.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

[wysig] Voor Turkse Geskiedenis van Anatolië

Gedeeltes van die legendariese mure van Troje, wat geïdentifiseer is as die plek waar die Trojaanse Oorlog plaasgevind het (circa. 1200 v.C.)
Gedeeltes van die legendariese mure van Troje, wat geïdentifiseer is as die plek waar die Trojaanse Oorlog plaasgevind het (circa. 1200 v.C.)

Die Anatoliese skiereiland (ook bekend as Klein-Asië), wat die grootste deel van Turkye insluit is een van die oudste kontinu bewoonde gebiede ter wêreld vanweë sy ligging tussen Asië en Europa. Die vroegste Neolitiese nedersettings soos Çatalhöyük, Çayönü, Nevali Cori, Göbekli Tepe en Mersin word as van die vroegste menslike nedersettings ter wêreld beskou[8]. Die bewoning van Troje het begin tydens die Neolitiese tydperk en voortgeduur tot in die Ystertydperk.

Die eerste betekenisvolle ryk in die gebied was die van die Hettiete, vanaf die 18de tot die 13de eeu v.C. geduur het. Daarna het die Frigiërs, 'n Indo-Europese volk opgang gemaak totdat hulle koninkryk deur die Simeriërs in die 7de eeu v.C. vernietig is[9][10].

Die magtigste van Frigië se opvolgerstate was Lidië, Karië en Lycië. Die Lidiane en Lyciane het basies Indo-Europese tale gepraat, maar beide tale het elemente bevat wat nie Indo-Europees was nie en was die gevolg van invloede wat die Hettietiese en Griekse tydperk voorafgegaan het.

Die weste van Anatolië het later bekend gestaan as Ionië, en is deur die Ioniërs beset, een van die Antieke Griekse volke. Die gebied is in sy geheel verower deur die Persiese Achaeminiede Ryk tydens die 6de en 5de eeue v.C. en is later verower deur Aleksander die Grote in 334 v.C.[11]

Anatolië is toe later verdeel in 'n aantal Griekse Koninkryke (insluitende Bithinië, Kapadosië, Pergamum en Pontus), waarvan almal voor die Romeinse Ryk geswig het teen die middel van die eerste eeu v.C.[12]

In 324 n.C. het die Romeinse keiser Konstantyn die Grote, Bisantium gekies as die nuwe hoofstad van die Romeinse Ryk gekies en dit herdoop na Konstantinopel (nou Istanboel). Na die val van die Westerlike Romeinse Ryk, het dit die hoofstad geword van die Oosterlike Romeinse of Bisantiese Ryk[13].

[wysig] Die Turke en die Ottomaanse Ryk

Die Ottomaanse Ryk op sy hoogtepunt (ca. 1680)
Die Ottomaanse Ryk op sy hoogtepunt (ca. 1680)

Die Huis van Seljuk was 'n vertakking van die Kinik Oğuz Turke wat in die 9de eeu aan die rand van die Moslemwêreld gewoon het, net noord van die Kaspiese- en Aral See[14]. In die 10de eeu het die Seljuks uit die gebied van hulle voorvaders gemigreer na die oostelike Anataliese gebiede waar baie Oğuz Turkiese stamme aan die einde van die eerste millenium hul gevestig het.

Die Sultan Ahmed Moskee (Blou Moskee) is een van die beroemdste nalatenskappe van die Ottomaanse Ryk.
Die Sultan Ahmed Moskee (Blou Moskee) is een van die beroemdste nalatenskappe van die Ottomaanse Ryk.

Na hul oorwinning oor die Bisantynse Ryk tydens die Slag van Manzikert in 1071, het die Turke begin om nomadiese gewoontes op te gee ten gunste van 'n meer permanente rol in Anatolië, wat gelei het tot die ontstaan van die Seljuk Ryk[15]. Hierdie ryk het egter nie lank bly staan nie en is deur die Mongole verslaan en het hul mag stadig maar seker ineengestort. Een van die koninkryke wat deur Osman I geregeer is, het die leemte gevul en het stadig ontwikkel en aanleiding gegee tot die ontstaan van die Ottomaanse Ryk[16].

Die Ottomaanse Ryk het met beide die Oosterse beskawing en Westerse kulture interaksie gehad regdeur sy 623-jarige geskiedenis. In die 16de en 17de eeue was dit een van die wêreld se magtigste moondhede en het dikwels slaags geraak met die moondhede van Oos-Europa tydens sy bestendige uitbreiding deur die Balkan en die suidelike deel van die Pools-Litouse Gemenebes[17].

Na die agteruitgang van die ryk, het die Ottomaanse Ryk hom in die Eerste Wêreldoorlog begewe deur sy alliansie met Duitsland in 1914 en is uiteindelik verslaan. Na die oorlog het die Geallieërdes oorwinnaars die verdeling van die Ottomaanse Ryk geëis tydens die Verdrag van Sèvres.

[wysig] Die Republikeinse Era

Die besetting van Istanboel en İzmir deur die geallieerdes in die nadraai van die Eerste Wêreldoorlog het daartoe gelei dat die Turkse nasionale beweging gestig is. Onder die leierskap van Mustafa Kemal Pasha, 'n militêre bevelvoerder wat homself onderskei het tydens die Slag van Gallipoli, is 'n onafhanklikheidsoorlog gevoer met die doel om die bepalings van die Verdrag van Sèvres ongedaan te maak[18].

Teen die 18de September 1922 is die besettende magte verdryf en is die nuwe staat genaamd Turkye gebore. Op die 1ste November het die nuutgestigte Nasionale vergadering amptelik die Sultanaat ontbind en daarmee die 623 jaar oue Ottomaanse heerskappy beëindig. Die Verdrag van Lausanne van 1923 het gelei tot internasionale erkenning van die onafhanklikheid en soewereiniteit van die Republiek van Turkye as opvolger van die Ottomaanse Ryk en is die republiek amptelik geproklameer op die 29ste Oktober 1923 in die nuwe hoofstad, Ankara.

Mustafa Kemal Atatürk - Stigter en eerste President van die Republiek van Turkye
Mustafa Kemal Atatürk - Stigter en eerste President van die Republiek van Turkye

Kemal Pasha het die republiek se eerste president geword en het baie radikale hervormings ingestel met die doel om 'n nuwe sekulêre republiek tot stand te bring. In 1934 is Mustafa Kemal deur die Turkse parlement vereer met die naam "Atatürk" (Vader van die Turke).

Turkye het die Tweede Wêreldoorlog ingegaan aan die kant van die geallieerdes op die 23de Februarie 1945 grootliks as 'n seremoniële gebaar en het in 1945 'n lid van die Verenigde Nasies geword. Griekeland se probleme na die oorlog om 'n kommunistiese opstand te onderdruk, saam met eise deur die Sowjet-Unie vir militêre basisse in die Turkse seestraat het daartoe gelei dat die Verenigde State amptelik die veiligheid van Turkye en Griekeland gewaarborg het en het ook daarmee saam grootskaalse militêre en ekonomiese bystand verleen[19].

Na sy deelname saam met die Verenigde Nasies in die Koreaanse oorlog, het Turkye by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit in 1952 en 'n bastion in die Middelandse Kom teen Sowjet uitbreiding geword.

Na 'n dekade se Burgeroorlog in Siprus en die militêre staatsgreep wat deur Atene ondersteun is het Turkye in 1974 militêr ingegryp wat gelei het tot die stigting van die wegbreekrepubliek van Noord-Siprus wat slegs deur Turkye erken word[20].

Na die eenpartystaat tydperk in Turkye in 1945 tot 'n einde gekom het, het Turkye baie interne spanning ervaar en was daar baie konflikte tussen linkse en regse partye tussen die sestigs en die tagtigs wat gelei het tot 'n aantal militêre staatsgrepe. Die liberalisering van die Turkse ekonomie wat in die tagtigs begin het, het die land ingrypend verander.

[wysig] Regeringsvorm en politiek

Turkye het 'n parlementê verteenwoordigende demokrasie. Sedert die stigting van die republiek in 1923, het Turkye 'n sterk sekulêre tradisie ontwikkel[21].

Turkye se grondwet bepaal die raamwerk van die land se regstelsel. Dit sit die hoofbeginsels van die regering uiteen en bepaal dat Turkye 'n eenheidstaat met 'n sentrale regering is. Die huidige grondwet is in 1982 deur 'n referendum bekragtig en is verskeie kere sedertien gewysig.

Die staatshoof is die President van die Republiek wat grootliks 'n seremoniële rol vervul. Die president word verkies vir 'n sewe jaar lange termyn deur die parlement maar hoef nie noodwendig 'n lid van die parlement te wees nie. Die huidige President, Ahmet Necdet Sezer, is op 16 Mei 2000 verkies na hy as president van die grondwetlike hof gedien het.


[wysig] Verwysings en aantekeninge

  1. ^ Growth in United Nations membership (1945–2005), Datum afgetrek 2006-10-30
  2. ^ OIC Membership, Datum afgetrek = 2006-10-30
  3. ^ OECD membership, Datum afgetrek 2006-10-30
  4. ^ OSCE Participating states, Datum afgetrek 2006-10-30
  5. ^ Turkey and the Council of Europe, Datum afgetrek 2006-10-30
  6. ^ Greece and Turkey accede to the North Atlantic Treaty Organisation, Datum afgetrek 2006-10-30
  7. ^ Chronology of Turkey-EU relations Laaste afgetrek 2006-10-30
  8. ^ Time trajectories for the Neolithic of Central Anatolia, laaste afgetrek 2006-12-21
  9. ^ Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 2000 – 1000 B.C. in Timeline of Art History., laaste afgetrek 2006-12-21
  10. ^ Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 2000 – 1000 B.C. in Timeline of Art History., Laaste afgetrek 2006-12-21
  11. ^ Ancient Greece: The Persian Wars, Aftrekdatum 2006-12-22
  12. ^ Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 1000 B.C. - 1 A.D. in Timeline of Art History., Aftrekdatum 2006-12-21
  13. ^ Constantinople/Istanbul, Aftrekdatum 2006-12-26
  14. ^ Al Hind: The Making of the Indo Islamic World, Vol. 1, Early Medieval India and the Expansion of Islam, 7th-11th Centuries, Andre Wink, Brill Academic Publishers, 1990, ISBN 90-04-09249-8
  15. ^ The Oxford History of Byzantium, Cyril Mango, Oxford University Press, USA, 2002, ISBN 0-1981-4098-3
  16. ^ The Ottoman Centuries: The Rise and Fall of the Turkish Empire, Patrick Kinross, Morrow, 1977, ISBN 0-6880-3093-9
  17. ^ History of the Ottoman Empire and Modern Turkey, Stanford Jay Shaw, Kural Shaw, Ezel, Cambridge University Press, 1977, ISBN 0-5212-9163-1
  18. ^ Ataturk, Andrew Mango, Overlook, 2000, ISBN 1-5856-7011-1
  19. ^ Outposts and Allies: U.S. Army Logistics in the Cold War, 1945-1953, James A. Huston, Susquehanna University Press, 1988, ISBN 0-9416-6484-8, [1]
  20. ^ Timeline: Cyprus], Britse Uitsaaikorporasie, aftrekdatum 2006-12-25
  21. ^ Religion and Politics in Turkey, Ali Çarkoǧlu, Routledge (VK), 2004, ISBN 0-4153-4831-5 [2]
Ander tale

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu