Hamlet is 'n treurspel deur William Shakespeare wat waarskynlik tussen 1599 en 1601 geskryf is. Die toneelstuk speel in Denemarke af en vertel hoe prins Hamlet wraak neem op sy oom, Claudius, wat Hamlet se vader vermoor, met sy moeder getrou en die troon oorgeneem het. Hamlet bevat 'n intensiewe kartering van die loop van egte en geveinsde kranksinnigheid, van oorweldigende smart tot briesende woede, en verken temas soos verraad, wraak, bloedskande en morele korrupsie.
Hamlet is verreweg Shakespeare se langste toneelstuk en word gereken as een van die geweldigste en invloedrykste treurspelle in die Engelse taal.
- ...lees verder
Nog voorbladartikels...
... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is?
... dat die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is?
|
Aktueel
Hierdie dag in die geskiedenis
7 Junie:
Ander gebeure in Junie
Nog uitgesoekte herdenkings...
|