Wikipedia:Gebruikersportaal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inleiding | Beleid en stylriglyne | Tegniese hulp en administrasie | Gemeenskap | Allerlei |
Welkom by die gebruikersportaal
Wikipedia-nuus
- 17 Maart: Jimbo Wales het meningspeilings onder Facebook-gebruikers begin: die nuutste vra "Moet Wikipedia advertensies wys?". Sien die uitslag, asook dié van ander meningspeilings, hier.
- 15 Januarie: Wikipedia word sewe jaar oud! Die Wikipedia-projek is oorspronklik op 15 Januarie 2001 begin en het intussen een van die wêreld se tien gewildste webwerwe geword. Die projek het tans nege miljoen artikels in meer as 250 tale.
- Net betyds vir die nuwe jaar: op 29 Desember 2007 skep Laurens ons 9 000ste artikel, Fleur-de-lis. Daar blyk nou 'n redelik konstante tempo van 1000 nuwe artikels elke 4-5 maande te wees.
Vanuit hierdie portaal kan u die Afrikaanse Wikipedia agter die skerms besoek. Die skakels hier konsentreer nie soseer op die verskeie artikels nie, maar op die skepping en wysiging van artikels, die kommunikasie tussen gebruikers, algemene inligting oor die ensiklopedie, en enige iets anders wat 'n gebruiker denkbaar mag nodig kry om hom- of haarself tuis te laat voel. As u voel dat hier iets kort, of dat hierdie bladsy nie aan u behoeftes voldoen nie, maak gerus 'n voorstel op die Besprekingsblad.
Wikipedia kan nie gebreek word nie. Enige iets kan reggemaak word of later verbeter word. Gaan gerus voort en wysig 'n artikel - u bydraes help om ons ensiklopedie die beste Afrikaanse bron vir inligting op die Internet te maak!
Maak nou u eerste wysiging:
- Kliek hier om die sandput oop te maak: die sandput is spesiaal geskep vir toetse en eksperimente. Indien daar reeds teks is, vee dit gerus uit of plaas u teks bo- of onderaan.
- Tik en eksperimenteer na hartelus.
- Asseblief geen profaniteit, reklame of persoonlike aanvalle nie!
- Kliek op Wys voorskou om te sien hoe u bydrae sal lyk, of Stoor bladsy indien u gelukkig is met die manier waarop dit vertoon.