Wikipedia:Nuus
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hierdie bladsy is vir nuus aangaande die Afrikaanse Wikipedia, asook ander Wikimediaprojekte.
Inhoud |
[wysig] September 2004
- Op 20 September kondig die Wikimedia Stigting die miljoenste artikel in die Wikipedia-projek aan.
[wysig] November 2004
- Aan die einde van Oktober 2004, bereik die Afrikaanse wikipedia die volgende mylpale:
- Die aantal artikels met meer as 200 karakters neem met 50 toe (6% verhoging)
- Die gemiddelde aantal wysigings per artikel styg tot 3.0
- Die gemiddeld artikellengte oorskry 1000 grepe vir die eerste keer sedert Augustus 2003.
- 'n Reuse skoonmaaksessie begin by AF: waarin baie nuttelose artikels verwyder word.
- Die Nederlandse wikipedia beplan 'n simposium aan die einde van November 2004. Sien nl:Wikipedia:Symposium/Najaar 2004.
- Die eerste internasionale Wikimedia konferensie word beplan vir Augustus 2005. Sien meta:Wikimania:Main Page.
- 'n Voormalige redakteur van Encyclopaedia Brittanica het interessante kommentaar gelewer oor Wikipedia. Slashdot-besprekings en die skakels is hier beskikbaar.
[wysig] April 2005
(Geneem vanaf die geselshoekie)
Eloquence and I will be in Pretoria between April 19 and 21 for an International FLOSS and Free Knowledge Workshop run by the CSIR Open Source Centre. If anyone is in this area and would like to meet up, please see m:Meetup/Pretoria. Angela 12:19, 3 Apr 2005 (UTC)
- Thanks to everyone who came to the meetup. It was a very enjoyable evening. A report of the conference, with a photo from the meetup, is now at meta:Conference reports/FLOSS, South Africa 2005. Angela 20:23, 24 Apr 2005 (UTC)
[wysig] September 2005
- Op 22 September 2005 ontmoet Alias en Anthere by die Centurion Lake Hotel vir 'n aangename kuier. Anthere gesels oor Wikimania, die verskille tussen die Engelse en Franse projekte, die aktiwiteite van die WikiMedia Stigting en haar indrukke van Suid-Afrika. Ons groot inkopiesentrums en die eerstewêreldomstandighede (van die dele wat sy gesien het) verbaas haar. 'n Volgende ontmoeting in November sal waarskynlik weer gereël word as deel van die derde been van die werkswinkel waarvoor Angela, Eloquence en Anthere reeds in Suid-Afrika was. Dit is nog nie duidelik watter lid die stigting gaan verteenwoordig in November nie.
[wysig] Maart 2006
- 1 Maart 2006 - Die Engelse Wikipedia bereik die lang verwagte mylpaal van een miljoen artikels 'n bietjie meer as vyf jaar na die publikasie van die saadinhoud in Januarie 2001. Die miljoenste artikels was Jordanhill railway station wat deur Wikipediaan Ewan Macdonald (aka en:User:Nach0king) bygedra is as deel van sy werk oor die Skotse spoorweë. Lees meer in Engels by Millionth article.
- 24 Maart 2006 - Die Afrikaanse Wikipedia bereik om 20:30 (SAST) 5000 artikels met die byvoeging van die saadjie, pylsterteend, deur Faresh as deel van sy reeks saadartikels oor Suid-Afrikaanse voëls.
(Vanuit die Gebruikersportaal:)
-
- 24 Maart 2006 - Die Afrikaanse Wikipedia bereik die 5000 artikel merk met die artikel Pylsterteend deur Gebruiker:Faresh as deel van sy reeks artikels oor voëls. Die 5000ste artikel verskyn na vinnige groei in die afgelope kwartaal waar die Afrikaanse Wikipedia met meer as 5000 artikels gegroei het. Ander artikels wat so byna die 5000 eer verkry het is Drakensberge en Brocéliande deur Gebruiker:Voyageur, Doofheid deur Gebruiker:Nomdeplume en Gé Korsten deur Gebruiker:Renier_Maritz.
[wysig] April 2006
- Gebruiker:Voyageur bereik 'n nuwe mylpaal deur die eerste Wikipediaan onder ons te word wat meer as 'n duisend wysigings in een maand aanbring. In April 2006 het twee van sy artikels ook as voorbladartikels gepryk. Hiermee val hy in dieselfde liga as die outomatiese robotte!
[wysig] Desember 2006
Die 6000ste artikel, Pedro I van Brasilië, word op die 5de Desember geplaas deur gebruiker Figaro.
[wysig] April 2007
- Op 24 April 2007 word die 7000ste artikel geskep: Rhea deur gebruiker Anrie. Daar is dus 'n duisend nuwe artikels bygevoeg in 'n bietjie meer as vier maande. Knap gedaan, Wikipediane!
[wysig] Junie 2007
- 26 Junie 2007 - Die Duitse regering kondig aan dat hulle fondse aan die Duitse Wikipedia beskikbaar gaan stel, sodat artikels oor hernubare bronne verbeter kan word. (Sien [1]).
[wysig] Augustus 2007
- 5 Augustus 2007. Die 10 000 merk kruip nader: Laurens skep die 8000ste artikel, Sphagnidae, ter ondersteuning van sy artikel oor Mos. Die tempo waarteen nuwe artikels bygevoeg word het merkbaar versnel. Dankie aan al die gebruikers vir hulle getroue bydraes, hetsy klein of groot.
[wysig] September 2007
- 8 September 2007. Die Engelse Wikipedia kry sy 2 000 000ste artikel by.
[wysig] Desember 2007
- 6 Desember: Die Duitse tydskrif, Stern, vind dat die Duitse Wikipedia beter is as die kommersiële Duitse aanlyn-ensiklopedie, Brockhaus. [2]
- 26 Desember: Die Japannese Wikipedia wen die gesogte nasionale "Web of the Year"-toekenning van 2007 vir die tweede keer. [3]
- Net betyds vir die nuwe jaar: op 29 Desember 2007 skep Laurens ons 9 000ste artikel, Fleur-de-lis. Daar blyk nou 'n redelik konstante tempo van 1000 nuwe artikels elke 4-5 maande te wees.
[wysig] Mei 2008
- Ons kry 'n mooi pluimpie van 'n Koreaanse joernaalskrywer:
At the opposite end of the spectrum is the Afrikaans Wikipedia, which has at present 9,500 articles but its featured articles are just as impressive as those in the English and other major Wikipedias.