1 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
1 Maart is die 60ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (61ste in skrikkeljare). Daar volg nog 305 dae in die res van die jaar.
<< | Maart 2008 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 492 - Pous Gelasius I volg Pous Felix III op.
- 705 - Pous Johannes VII volg Pous Johannes VI op.
- 1562 - Die Franse geloofsoorloë begin met 'n menseslagting op die Hugenote.
- 1896 - Ethiopië wen die beslissende Slag van Adowa oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot 'n einde bring.
- 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
- 1947 - Die Internasionale Monetêre Fonds begin sy finansiële werksaamhede.
- 1954 - Die 15-megaton waterstofbom Castle Bravo ontplof op Bikini Atol in die Stille Oseaan, wat een van die ergste gevalle van radioaktiewe besoedeling deur kerntoetsing tot gevolg het.
- 1994 - Walvisbaai word amptelik aan Namibië oorhandig.
[wysig] Geboortes
- 1833 - Johann Heinrich Ferdinand Parow, Kaapse eiendomsmagnaat
- 1878 - Die digter A.G. Visser is op die plaas Zaaifontein, in die distrik van Fraserburg, Republiek van Suid-Afrika, gebore. Hy debuteer in 1925 met Gedigte.
[wysig] Sterftes
- 492 - Pous Felix III.
- 965 - Pous Leo VIII.
[wysig] Vakansies, vierings, en waarmeningsdae
- Aswoensdag in Westelike Christendom (2006)
- Sint Dawiddag in Wallis
- Mărţişor in Roemenië
- Martenitsa in Bulgarye
- Feesdag van Pous Felix III in die Rooms-Katolieke Kerk.