April
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
<< | April 2008 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | |||
Al die dae |
April is die vierde maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 30 dae. Die naam is afgelei van die Latynse woord aperire, wat waarskynlik verwys na die groeiende plante in die lente van die noordelike halfrond.
[wysig] Gebeure in April
- April-gekkedag is op 1 April.
- Paasfees val op 'n Sondag tussen 22 Maart en 25 April ingesluit.
- April begin op dieselfde dag van die week as Julie in alle jare en ook dieselfde as Januarie in 'n skrikkeljaar.
- In die Ierse Kalender word die maand genoem Aibreán en is die derde en laaste maand van lente (noordelike halfrond).