Jaar
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Jaar is die relatiewe eenheid van tyd wat die periode beskryf wat dit 'n planeet neem om om sy ster wentel
In algemene taalgebruik is 'n jaar die periode wat dit die aarde neem om een maal om die son te wentel.
Volgense die Gregoriaanse kalender tel een jaar 365 dae. Elke vier jaar word daar een dag bygetel om te op te maak vir die feit dat die omgang om die son nie presies in volledige dae gebeur nie. Só 'n jaar word 'n skrikkeljaar genoem. Die Juliaanse kalender het een keer in die vier jaar 'n skrikkeljaar, en duur dus gemiddeld 365,26 dae (365d, 6h). Die Gregoriaanse kalender het minder skrikkeldae en duur gemiddeld 365,2425 dae (365d 5h 49m 12s).
Die periode tussen twee lentepuntdeurgange van die son (dit wil sê, tussen twee oomblikke dat die son in dieselfde rigting bewegend bo die ewenaar is) is 'n tropiese jaar. 'n Aardjaar bevat vier seisoene.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |