vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
30 Maart is die 89ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (90ste in skrikkeljare). Daar volg nog 276 dae in die jaar.
- 1842 - Narkose word die eerste keer gebruik in 'n operasie.
- 1856 - Die Krim-oorlog word met die 1856 verdrag van Parys beëindig.
- 1867 - Alaska word gekoop vir $7.2 miljoen (ongeveer twee sent per akker) deur die Verenigde State van Amerika se Staatekretaris William H. Seward. Die media noem dit "Seward's Folly."
- 1870 - Die Grondwet van die VSA word vir die vyftiende keer verander, om stemreg te gee aan alle mans ongeag hul ras, kleur, of vorige slaafstatus.
- 1945 - Tweede Wêreldoorlog: magte van die Sowjet-Unie val Oostenryk binne en neem beheer oor Wene.
- 1951 - Remington Rand besorg die eerste UNIVAC I-rekenaar aan die VSA-sensusburo.
- 1981 - President Ronald Reagan word deur John Hinckley, Jr, in die bors geskiet buite 'n hotel in Washington, D.C..
- 1987 - Vincent van Gogh se skildery "Sonneblomme" is gekoop vir $39.85 miljoen.
[wysig] Geboortes
- 1746 - Francisco Goya, skilder († 15 April 1828)
- 1798 - Luise Hensel, digter († 1876)
- 1811 - Robert Wilhelm Bunsen, chemikus, ontwerper († 1899)
- 1853 - Vincent van Gogh, skilder († 29 Julie 1890)
- 1857 - Roeland Anthonie Kollewijn, Nederlandse taalkundige, († 7 Februarie 1942)
- 1880 - Sean O'Casey, dramaturg († 1964)
- 1937 - Warren Beatty, akteur, regiseur.
- 1945 - Eric Clapton, (blues) kitaarspeler
- 1949 - Lene Lovich, sangeres
- 1950 - Robbie Coltrane, akteur, komediant
- 1957 - Paul Reiser, akteur
- 1964 - Tracy Chapman, sangeres
- 1968 - Céline Dion, sangeres
- 1979 - Norah Jones, musikant
[wysig] Sterftes
- 1842 - Elisabeth Vigee-Lebrun, skilder
- 1879 - Thomas Couture, Franse skilder en leraar
- 1894 - Sergey Ilyushin, Russiese lugvaartingenieur
- 1912 - Karl May, outeur
- 1986 - James Cagney, akteur
- 1947 - Arthur Machen, outer
- 2002 - Elizabeth Bowes-Lyon, Koningin Moeder van die Verenigde Koninkryk
- 2003 - Rudolf Walter Leonhardt, Duitse joernalis
[wysig] Vakansiedae
- Roomse Ryk - Fees vir Salus