Roeland Anthonie Kollewijn
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Roeland Anthonie Kollewijn (Amersfoort, 30 Maart 1857 — Helmond, 7 Februarie 1942) was 'n Nederlandse taalkundige. Hy het beroemd, of selfs berug geword deur sy artikel van 1891 oor Onze lastige spelling.
Die spellingsvoorstelle van Kollewijn het die basis gevorm van die Afrikaanse spelling. Baie van sy voorgestelde vereenvoudiginge is intussen ook in die amptelike Nederlandse spelling opgeneem, soos mensen wensen boze preken in plaas van die destydse menschen wenschen booze preeken. Ook alfabet, ether en rachitis in plaas van alphabet, aether en rhachitis kom uit Kollewijn se voorstelle, sowel as die weglating van die verbuiginge: de boeken van die aardige kleine jongen in plaas van de boeken van dien aardigen kleinen jongen.
Voorstelle van Kollewijn wat nie die Nederlandse spelling gehaal het nie, maar wel die Afrikaanse, is die uitgange -ies (as vervanging van -isch met die onuitgesproke ch) en -lik (in plaas van -lijk en analoog aan -lig). Verder, in sy eie woorde: 'Ook schrijve men tans, altans, tee (sonder h), ert (sonder w), besje (sonder t).'
Vir die spelling van die bastaardwoorde hy baie wysiginge voorgestel, wat vir 'n deel ingevoer is en voor 'n deel nie. Daar is 'n tyd gewees waarin die Nederlandse spelling vir baie bastaardwoorde 'n voorkeurspelling en een ook baie toegelate alternatiewe spelling het gehad, maar dit is in 1996 teruggedraai. Die alternatiewe vorm was veelal kollewijniaans en is in sommige kringe volop in gebruik gewees. Ook word in Vlaandere baie minder van die voorkeursspelling gebruik gemaak en word dus baie meer kollewijniaans gespel, as in Nederland.
Wie die spelling van Kollewijn in gebruik wil sien, lees byvoorbeeld Paul Van Ostaijen in die oorspronklike versies ("verzies").