See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ronald Reagan - Wikipedia

Ronald Reagan

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ronald Reagan, die 40ste president van die Verenigde State.
Ronald Reagan, die 40ste president van die Verenigde State.

Ronald Wilson Reagan (6 Februarie 19115 Junie 2004) was die 40ste President van die Verenigde State (1981 – 1989) en die 33ste Goewerneur van Kalifornië (1967 – 1975). Reagan is in Illinois gebore en het daar groot geword voor hy in die 1930's na Kalifornië verhuis het. Daar het hy 'n akteur geword asook die president van die Screen Actors Guild en ook 'n woordvoerder van die Amerikaanse maatskappy, General Electric. Alhoewel hy aanvanklik die Demokratiese Party ondersteun het, het hy in 1962 'n ondersteuner van die Republikeinse Party geword. Ná sy bekende toespraak, "A Time for Choosing", was hy oorreed om deel te neem as 'n kandidaat vir die verkiesingveldtog vir Goewerneur van Kalifornië: 'n posisie wat hy in 1966 vir die eerste keer beklee het. Na hy twee termyne as goewerneur gedien het, het hy twee keer as kandidaat vir die President van die Verenigde State gestaan. Die eerste keer, in 1976, was hy onsuksesvol, maar hy het die verkiesing van 1980 wel gewen en was aangestel as president.

Reagan het sy presidentskap begin deur 'n ekonomiese beleid voor te stel wat later bekend gestaan het as "Reaganomics". Onder die beleid was belasting verlaag met die hoop om belegging aan te moedig en sodoende werkgeleenthede te skep en hoër winste en omsette te behaal. Na hy 'n sluipmoordpoging oorleef het in sy eerste termyn en die V.S.A. 'n tydperk van ekonomiese groei ervaar het,[1], was hy herkies deur die oorgrote meerderheid van die bevolking in 1984. Sy administrasie het egter gou 'n aantal skandale beleef, waaronder die bekende Iran-Contra-affêre.

Reagan het ook sy beleid van "peace through strength" ("vrede deur sterkte") ingestel, tydens die Koue Oorlog teen die Sowjetunie. In plaas daarvan om 'n middeweg te soek het hy Reagan Kommunisme gekonfronteer deur die USSR as 'n "bose ryk" voor te stel en deur anti-Kommunistiese bewegings die wêreld oor te ondersteun.[2] Reagan het ook met die Sowjetse Premier, Michail Gorbatsjof, onderhandel om beide lande se arsenaal van kernwapens te verklein en sodoende 'n vreedsame einde an die Koue Oorlog te bring.[3]

In 1994, vyf jaar na sy laaste jaar as president, het Reagan aangekondig dat hy met Alzheimer se siekte gediagnoseer was. Hy het 10 jaar later gesterf op 'n ouderdom van 93.

[wysig] Verwysings

  1. ^ "Taxes and Long-Term Economic Growth." United States Congress: February 1997. URL besoek op 2007-06-26.
  2. ^ Carpenter, Ted Galen (24 Junie, 1986). "U.S. Aid to Anti-Communist Rebels: The 'Reagan Doctrine' and Its Pitfalls." Cato Institute. URL besoek op 2007-03-29.
  3. ^ Appleby, Joyce; Alan Brinkley, James M. McPherson (2003). The American Journey. Woodland Hills, California: Glencoe/McGraw-Hill, 924-926. 


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -