vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
7 Maart is die 66ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (67ste in skrikkeljare). Daar volg nog 299 dae in die res van die jaar.
- 161 - Marcus Aurelius en Lucius Verus volg Antoninus Pius op om mede-keisers van die Romeinse Ryk te word.
- 1926 - Die eerste suksesvolle trans-Atlantiese radio-telefoon gesprek vind plaas tussen New York en Londen.
- 1936 - Duitsland herbeset die gedemilitariseerde Rynland, en verbreek daarmee die Verdrag van Versailles en die Locarno Verdrae wat na die Eerste Wêreldoorlog onderteken is.
- 1950 - Die Sowjetunie reik 'n verklaring uit wat ontken dat die Duitse kernfisikus Klaus Fuchs as 'n Sowjet spioen gedien het.
- 1965 - Amerikaanse Burgerregtebeweging: Burgerregte betogers wat van Selma na Montgomery, Alabama marsjeer word brutaal deur die polisie aangeval op Bloedige Sondag.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
- 203 - Perpetua en Felicitas martelaars.
[wysig] Vakansies, vierings, en waarmeningsdae