See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Pedro I van Brasilië - Wikipedia

Pedro I van Brasilië

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Pedro I
Pedro I

Dom Pedro, Keiser van Brasilië (Pedro I) en Koning van Portugal (Pedro IV) (12 Oktober 1789 tot 24 September 1834) het Brasilië onafhanklik verklaar en die Brasiliaanse Keiserryk gestig.

Inhoud

[wysig] Agtergrond

Dom Pedro is in die Queluz paleis naby Lissabon gebore as Pedro de Alcântara Francisco António João Carlos Xavier de Paula Miguel Rafael Joaquim José Gonzaga Pascoal Cipriano Serafim de Bragança e Bourbo. Hy was die tweede seun van die koninglike egpaar. Toe sy ouer broer Antonio Francisco in 1801 sterf, ontvang Dom Pedro die titel prins van Beira en word die tweede in lyn van die Portugese kroon. In 1807 vlug die koninglike familie uit Lissabon en ariveer in Brasilië in 1808 waar hulle vir die volgende 13 sal bly. Hulle teenwoordigheid het Rio de Janeiro as die de facto hoofstad van die Portugese koningkryk gemaak. Met die dood van Konining Maria I word Dom Pedro se vader gekroon as Koning Johannes VI. Dom Pedro ontvang die titel Prins van Brasilie en Hertog van Braganza. Op 5 November 1817 trou hy met Groothertoging Maria Leopoldina van Oostenryk.

[wysig] Brasiliaanse Onafhanklikheid

Toe Koning Johannes VI terug na Portugal vertrek het het hy van die voorregte ontneem. Dom Pedro het in Brasilië agtergebly en op 7 September 1820 op die oewer van die Ipiranga rivier sy swaard uitgetrek en onafhanklikheid van Portugal verklaar. Op 12 Oktober is hy as Keiser van Brasilië verklaar en op die eerste Desember as Keiser gekroon.

Dom Pedro I het die titel keiser in plaas van koning gekies om die verskeidenheid van die Brasiliaanse kultuur te beklemtoon asook die feit dat Napoleon die term keiserryk beklemtoon het as 'n moderne idee. Met die dood van sy vader Koning Johannes VI op 10 Maart 1826, proklameer Dom Pedro homself as Koning Pedro IV van Portugal maar moes ten gunste van sy dogter Maria II, toe sewe jaar oud, abdikeer.

Op 17 Oktober 1829 trou hy met sy tweede vrou prinses Amelie de Beauharnais von Leuchtenberg.

[wysig] Terugkeer na Portugal

Met 'n ekonomiese en politiese krisis het Dom Pedro geabdikeer in gunste van sy seun Dom Pedro II op 7 April 1831(wat 5 jaar oud was), en gebruik toe sy ou titel as Hertog van Braganza. Dom Pedro I het op die ouderdom van 36 in die stad van sy geboorte aan tuberkulose gesterf.

[wysig] Bronnelys

Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Pedro I of Brazil.
  • Fausto, Boris. A Concise History of Brazil. Vertaal deur Arthur Brakel. New York: Cambridge University Press, 1999.
  • Manchester Alan K. The Paradoxical Pedro, First Emperor of Brazil. The Hispanic American Historical Review, Vol. 12, No. 2. (May, 1932), pp. 176-197.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -