vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
17 Oktober is die 290ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (291ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 75 dae.
Johannes Kepler se oorspronklike skets van Supernova 1604
Keiser Jacques I van Haïti
- 732 - Slag by Poitiers; Karel Martel verslaan die islamitiese leẽr onder aanvoering van Abd-el-Rahman.
- 1346 - Koning David II van Skotland lei 'n inval teen Engeland tydens die Honderdjarige oorlog, maar word gevange geneem in die Slag van Neville's Cross.
- 1604 - Kepler se Ster: Duitse sterrekundige Johannes Kepler neem 'n uitsonderlike helder ster waar wat skielik in die Ophiuchus-konstellasie verskyn het.
- 1806 - Keiser Jacques I van Haïti sterf in 'n sluipmoordaanval naby Port-au-Prince.
- 1968 – Swart Atlete Tommie Smith en John Carlos teken stomprotes aan teen rassediskriminasie in Amerika by die Olimpiese Spele in Meksiko.
- 1970 - Anwar Sadat word president van Egipte
- 1989 - Die Loma Prieta-aardbewing, die grootste aardbewing op die San Andreas-breuk in Kalifornië sedert 1906, tref die San Francisco-baaigebied.
- 2003 - Die toringspits word by die dak van die 106-vloer hoë wolkekrabber Taipei 101 in Taipei gevoeg, wat dit die Petronas Twin Towers in Kuala Lumpur laat verby steek om die wêreld se hoogste gebou te word.
[wysig] Geboortes
- 1969 - Ernie Els, golfspeler
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings, en waarnemingsdae