6 Oktober
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 105 v.C - Die Kimber en die Germane verslaan 'n leër van die Romeinse Republiek by die Slag van Arausio.
- 891 - Pous Formosus volg Pous Stefanus V (VI) op.
- 1794 - Keulen in die huidige Duitsland word deur Franse troepe beset, en die ideale van die Franse Rewolusie bring 'n einde aan die erfenis van die middeleeue en die selfregerende status van die stad.
- 1900 - Tweede Vryheidsoorlog: Die Oranje-Vrystaat word amptelik deur die Verenigde Koninkryk geannekseer as die Oranjerivierkolonie.
- 1976 - Op bevel van die Premier Hua Guofeng, word die Bende van vier saam met hulle vennote gearresteer. Dit bring die Kulturele Rewolusie in Sjina tot 'n einde.
- 1981 - President Anwar Sadat van Egipte sterf in 'n sluipmoord-aanval tydens 'n parade in Kaïro ter herdenking van die Yom Kippur Oorlog.
- 1995 - 'n Artikel in die tydskrif Nature kondig aan dat 'n planeet wat om 51 Pegasi wentel, ontdek is - die eerste buite ons sonnestelsel.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings en waarmeningsdae
- Duitse-Amerikaner Dag in die Verenigde State
10-04 | 10-05 | 10-06 | 10-07 | 10-08 |