Pous Formosus
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pous Formosus | |
---|---|
Pontifikaat begin | 6 Oktober 891 |
Pontifikaat eindig | 4 April 896 |
Voorganger | Stefanus V |
Opvolger | Bonifatius VI |
Gebore | ±816 Perello, Korsika |
Sterf | 4 April 896 Rome, Italië |
Formosus was die 111de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Inhoud |
[wysig] Biografie
Pous Formosus is gebore ongeveer in 816 in Perello, Korsika. In 864 word hy gewy tot kardinaal-biskop van Porto tydens die bewind van Pous Nicolaas I. Hy reis na Bulgarye in 866, Duitsland en Frankryk in 869 en 872 om die Rooms-Katolieke Kerk te bevorder. Formosus oorreed Karel die Kale, koning van Frankryk, om hom deur die pous te laat kroon. Pous Johannes VIII het die talentvolle Formosus as 'n bedreiging gesien en in 872 het die pous hom afgedank en beskuldig van verraad omdat hy sy bisdom sonder toestemming verlaat het en omdat hy openlik na die pousskap gestrewe het. Johannes se opvolger Pous Marinus I het die beslissing in 883 ongedaan gemaak. Formosus was bekend as diplomaat en tydens die sinode van 869 het hy groot invloed gehad. Op 6 Oktober 891 volg hy Pous Stefanus V op en regeer tot sy dood op 4 April 896. Hy word opgevolg deur Pous Bonifatius VI. Die naam ‘Formosus’ beteken 'pragtig'.
[wysig] Pontifikaat
Pous Formosus het sy talent vir diplomasie gebruik om die verhoudings tussen Rome en Konstantinopel te verbeter. Hy het ook die Christendom in Noord-Europa versterk. Formosus was haaks met hertog Guido III van Spoleto, maar kroon hom tog as keiser van die Heilige Romeinse Ryk in April 892.
Formosus het Arnulf van Karintië oorgehaal om die Italiaanse skiereiland binne te val en beheer oor Italië oor te neem. In 894 het Arnulf se leër die gebied noord van die Po-rivier beset. Hertog Guido III van Spoleto is dood in Desember 894 en sy jong seun Lambert word deur sy vrou Agiltrude grootgemaak. In die herfs van 895 onderneem Arnulf sy tweede veldtog na Italië en in 896 word hy deur die pous tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon. Die nuwe keiser het Spoleto probeer aanval, maar het verlam geraak en kon nie sy kampanje voltooi nie.
Na sy dood is sy lyk op bevel van Pous Stefanus VI (VII), onder aanstigting van Lambert en Agiltrude, opgegrawe en aan 'n skynproses onderwerp wat later bekend geword het as die 'Kadawersinode'. Formosus is veroordeel, drie vingers van sy regterhand is afgekap en sy lyk is in die Tiber gegooi, maar deur 'n monnik uitgehaal en begrawe. In November 897 het Pous Teodorus II die besluite van die kadawersinode geannuleer en Formosus in die Sint Pieterskerk laat begrawe. Later het Pous Sergius III die lyk weer laat opgrawe, dit laat onthoof en weer in die Tiber-rivier gegooi.
[wysig] Bibliografie
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
[wysig] Eksterne Skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
[wysig] Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
[wysig] Opvolging
Vooraf gegaan deur: Stefanus V |
Pous (Pontifex Maximus) 891 – 896 |
Opgevolg deur: Bonifatius VI |
Vooraf gegaan deur: Rodoaldo Walpertus |
Biskop van Porto 864 – 876 883 - 891 |
Opgevolg deur: Walpertus Silvestro |
Pouse van die Rooms-Katolieke Kerk | |
---|---|
Petrus - Linus - Anacletus I - Clemens I - Evaristus - Alexander I - Sixtus I - Telesforus - Higinus - Pius I - Anicetus - Soter - Eleuterus - Victor I - Zefirinus - Callixtus I - Urbanus I - Pontianus - Anterus - Fabianus - Cornelius - Lucius I - Stefanus I - Sixtus II - Dionisius - Felix I - Eutichianus - Gajus - Marcellinus - Marcellus I - Eusebius - Miltiades - Silvester I - Markus - Julius I - Liberius - Damasus I - Siricius - Anastasius I - Innocentius I - Zosimus - Bonifatius I - Celestinus I - Sixtus III - Leo I - Hilarius - Simplicius - Felix III - Gelasius I - Anastasius II - Simmachus - Hormisdas - Johannes I - Felix IV - Bonifatius II - Johannes II - Agapetus I - Silverius - Vigilius - Pelagius I - Johannes III - Benedictus I - Pelagius II - Gregorius I - Sabinianus - Bonifatius III - Bonifatius IV - Deusdedit - Bonifatius V - Honorius I - Severinus - Johannes IV - Theodorus I - Martinus I - Eugenius I - Vitalianus - Adeodatus - Donus - Agato - Leo II - Benedictus II - Johannes V - Konon - Sergius I - Johannes VI - Johannes VII - Sisinnius - Konstantyn - Gregorius II - Gregorius III - Sagarias - Stefanus II (III) - Paulus I - Stefanus III (IV) - Adrianus I - Leo III - Stefanus IV (V) - Paschalis I - Eugenius II - Valentinus - Gregorius IV - Sergius II - Leo IV - Benedictus III - Nicolaas I - Adrianus II - Johannes VIII - Marinus I - Adrianus III - Stefanus V (VI) - Formosus - Bonifatius VI - Stefanus VI (VII) - Romanus - Theodorus II - Johannes IX - Benedictus IV - Leo V - Sergius III - Anastasius III - Lando - Johannes X - Leo VI - Stefanus VII (VIII) - Johannes XI - Leo VII - Stefanus VIII (IX) - Marinus II - Agapetus II - Johannes XII - Leo VIII - Benedictus V - Johannes XIII - Benedictus VI - Benedictus VII - Johannes XIV - Johannes XV - Gregorius V - Silvester II - Johannes XVII - Johannes XVIII - Sergius IV - Benedictus VIII - Johannes XIX - Benedictus IX - Silvester III - Benedictus IX - Gregorius VI - Clemens II - Benedictus IX - Damasus II - Leo IX - Victor II - Stefanus IX - Nicolaas II - Alexander II - Gregorius VII - Victor III - Urbanus II - Paschalis II - Gelasius II - Callixtus II - Honorius II - Innocentius II - Celestinus II - Lucius II - Eugenius III - Anastasius IV - Adrianus IV - Alexander III - Lucius III - Urbanus III - Gregorius VIII - Clemens III - Celestinus III - Innocentius III - Honorius III - Gregorius IX - Celestinus IV - Innocentius IV - Alexander IV - Urbanus IV - Clemens IV - Gregorius X - Innocentius V - Adrianus V - Johannes XXI - Nicolaas III - Martinus IV - Honorius IV - Nicolaas IV - Celestinus V - Bonifatius VIII - Benedictus XI - Clemens V - Johannes XXII - Benedictus XII - Clemens VI - Innocentius VI - Urbanus V - Gregorius XI - Urbanus VI - Bonifatius IX - Innocentius VII - Gregorius XII - Martinus V - Eugenius IV - Nicolaas V - Callixtus III - Pius II - Paulus II - Sixtus IV - Innocentius VIII - Alexander VI - Pius III - Julius II - Leo X - Adrianus VI - Clemens VII - Paulus III - Julius III - Marcellus II - Paulus IV - Pius IV - Pius V - Gregorius XIII - Sixtus V - Urbanus VII - Gregorius XIV - Innocentius IX - Clemens VIII - Leo XI - Paulus V - Gregorius XV - Urbanus VIII - Innocentius X - Alexander VII - Clemens IX - Clemens X - Innocentius XI - Alexander VIII - Innocentius XII - Clemens XI - Innocentius XIII - Benedictus XIII - Clemens XII - Benedictus XIV - Clemens XIII - Clemens XIV - Pius VI - Pius VII - Leo XII - Pius VIII - Gregorius XVI - Pius IX - Leo XIII - Pius X - Benedictus XV - Pius XI - Pius XII - Johannes XXIII - Paulus VI - Johannes Paulus I - Johannes Paulus II - Benedictus XVI |
Teenpouse | |
---|---|
Hippolitus – Novatianus – Felix II – Ursinus – Eulalius – Laurentius – Dioscurus – Eugenius I - Theodorus II – Paschalis I – Theofilactus - Konstantyn II – Philippus – Johannes – Anastasius – Christoforus – Bonifatius VII – Donus II - Johannes XVI – Gregorius – Silvester III – Benedictus X – Honorius II – Clemens III – Theodoricus – Albertus – Silvester IV – Gregorius VIII – Celestinus II – Anacletus II – Victor IV – Paschalis III – Callixtus III – Innocentius III – Nicolaas V – Clemens VII – Benedictus XIII – Alexander V – Johannes XXIII – Clemens VIII – Benedictus XIV – Felix V |