November
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
<< | November 2007 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | |
Al die dae |
November is die elfde maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 30 dae. Die naam kom van die Latyn novem vir "nege" (dit was oorspronklik die negende maand van die jaar, voor Januarie en Februarie ingevoeg is).
November begin op dieselfde dag van die week as Maart elke jaar en ook Februarie behalwe in skrikkeljare.
[wysig] Gebeure in November
- Dag van alle heiliges - 'n Christelike vakansiedag word op 1 November gevier, die dag na Halloween. In Swede is die Dag van alle heiliges 'n amptelike vakansiedag en vind dit plaas op die eerste Saterdag van November.
- In Ierland word 1 November beskou as die eerste dag van winter.
- 1 November word genoem Novemberdag (Lá Samhna) in Keltiese tradisie en dus word dit genoem Mí na Samhna in die Ierse Kalender.
- Amerikaanse Federale verkiesings word gehou op die Dinsdag na die eerste Maandag van November in ewe-tal jare. Hulle val dus tussen 2 November en 8 November.
- Die Amerikaners vier Thanksgiving op die vierde Donnersdag van November.
- In Brittanje en Nieu-Seeland word Guy Fawkes-nag gevier op 5 November, die herdenking van die mislukte buskruitsameswering.