vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
8 November is die 312de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (313de in skrikkeljare). Daar volg nog 53 dae.
- 1519 - Hernán Cortés bereik Tenochtitlán waar Aztec heerser Moctezuma II hom met prag en praal ontvang, soos wat betaamlik sou wees vir 'n terugkerende god.
- 1793 - In Parys, word die Louvre deur die Franse Revolusionêre regering as 'n museum vir gebruik deur die publiek geopen.
- 1895 - Wilhelm Röntgen ontdek x-strale.
- 1923 - Adolf Hitler, Erich Ludendorff en ander lede van die Kampfbund begin die Biersaalputsch, in 'n poging om beheer oor te neem in Duitsland.
- 1953 - Johannes van Melle, Nederlands gebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel sterf.
- 2002 - Die VN-Sekuriteitsraad neem Resolusie 1441 aan, wat Irak dwing om te ontwapen of ernstige gevolge in die gesig te staar.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings, en waarnemingsdae