vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
2 November is die 306de dag van die jaar (307de in 'n skrikkeljaar), met nog 59 dae oor.
- 676 - Pous Donus volg Pous Adeodatus op.
- 1889 - Noord- en Suid-Dakota word ingelyf as die 39ste en 40ste state van die V.S.A.
- 1917 - Sionisme: Die Balfour Verklaring bevestig Britse ondersteuning vir 'n Joodse nedersetting in Palestina.
- 1920 - Die eerste kommersiële radiostasie KDKA in Pittsburg, Pennsylvania saai vir die eerste keer uit. Hierdie eerste uitsending was 'n direkte gevolg van die presidentsverkiesing in die V.S.A.
- 1930 - Haile Selassie word as keiser van Ethiopië gekroon.
- 1936 - Die Kanadese uitsaaikorporasie word gestig.
- 1936 - BBC Televisiediens, die oudste televisiestasie in die wêreld word geopen.
Spruce Goose, wat groter was as 'n Boeing 747
- 1947 - Biljoenêr ontwerper Howard Hughes loods Spruce Goose, die grootste vastevlerk vliegtuig wat ooit gebou is, in Kalifornië op sy nooiensvlug in Long Beach, California. Die vlug het net agt minute geduur.
- 1948 - Harry Truman verslaan Thomas Dewey in die amerikaanse presidentsverkiesing.
- 1960 - Penguin Books word onskuldig bevind aan onwelvoeglikheid in die Lady Chatterley's Lover saak.
- 1963 - Die Suid-Viëtnamese President Ngo Dihn Diem word vermoor na 'n militêre staatsgreep.
- 1976 - Jimmy Carter verslaan Gerald Ford in die amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste kandidaat uit die suide van die V.S.A. om president te word na die Amerikaanse Burgeroorlog.
- 1984 - Doodstraf: Velma Barfield word die eerste vrou sedert 1962 wat die doodstraf opgelê word.
Kentekens van die Internasionale Ruimtestasie
- 1986 – Amerikaanse gyselaar David Jacobsen word na 17 maande se aanhouding deur Moslem fundamentaliste in Beiroet vrygelaat.
- 1995 – Apartheid: Suid-Afrika se gewese minister van verdediging Generaal Magnus Malan en tien ander weermagoffisiere word in hegtenis geneem en van moord op 13 swart mense in 1987 aangekla.
- 2000 - Die eerste bemanning betree die Internasionale ruimtestasie
- 2001 - Monsters, Inc. word vrygestel met die hoogste kaartjieverkope vir 'n animasiefilm ooit, en die 6de beste van alle films ooit.
- 2004 - Amerikaanse presidentsverkiesing tussen senator John Kerry en President George W. Bush.
[wysig] Geboortes
- 1667 - James Sobieski, Kroonprins van Pole (s. 1737)
- 1699 - Jean-Baptiste-Siméon Chardin, Franse skilder (s. 1779)
- 1739 - Carl Ditters von Dittersdorf, Komponis (s. 1799)
- 1755 - Marie Antoinette, Koningin van Frankryk (s. 1793)
- 1795 - James Knox Polk, 11de President van die Verenigde State (s. 1849)
- 1815 - George Boole, Wiskundige en filosoof
- 1844 - Mehmed V, Sultan van die Ottomaanse Ryk (s. 1918)
- 1865 - Warren G. Harding, 29ste President van die Verenigde State (s. 1923)
- 1894 - Alexander Lippisch, Duitse lugvaartkundige (s. 1976)
- 1913 - Burt Lancaster, akteur (s. 1994)
- 1914 - Ray Walston, akteur (s. 2001)
- 1927 - Steve Ditko, kunstenaar
- 1929 - Muhammad Rafiq Tarar, voormalige President van Pakistan
- 1938 - Pat Buchanan, joernalis en politikus
- 1942 - Shere Hite, skrywer
- 1942 - Stefanie Powers, aktrise
- 1946 - Giuseppe Sinopoli (s. 2001)
- 1961 - k. d. lang, sanger
- 1965 - Shah Rukh Khan, akteur
- 1970 - Eric Horne, programmeur
- 1991 - Victoria Climbié, moordslagoffer (s. 2000)
[wysig] Sterftes
- 1935 - Jock Cameron, krieketspeler (geb. 1905)
- 1944 - Thomas Midgley, chemikus en uitvinder
- 1950 - George Bernard Shaw, dramaturg
- 1960 - Dimitri Mitropoulos, Griekse begeleier, pianis en komponis (geb. 1896)
- 1963 - Ngo Dihn Diem, president van Suid-Viëtnam
- 1966 - Peter Debye, chemikus
- 1975 - Pier Paolo Pasolini, filmregisseur.
- 1986 - Desi Arnaz, musikant, akteur
- 1986 - Paul Frees, stemakteur
- 1992 - Hal Roach, regisseur en produksieleier, sterf op ouderdom van 100 jaar
- 2002 - Tonio Selwart, akteur en Broadway ster, sterf op ouderdom van 106 jaar
[wysig] Vakansiedae en herdenkings
1 November - 3 November - 2 Oktober - 2 December -- Lys van historiese herdenkings