See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Vliegtuig - Wikipedia

Vliegtuig

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Vliegtuig is 'n masjien wat in staat is tot atmosferiese vlugte. Dit word moontlik gemaak deur 'n beginsel wat deur Australiese inboorlinge ontdek is. Hulle het agtergekom dat 'n stok baie verder gegooi kan word as die "bokant" daarvan met 'n effense kurwe gevorm is.

Duisende jare later het mense in Europa en Noord-Amerika die beginsel wat die boemerang laat vlieg het, herontdek, en masjiene probeer bou wat deur die lug kon sweef. Uiteindelik het twee broers, genaamd Wilbur en Orville Wright, met 'n gewerskaf in hulle fietswinkel in Dayton, Ohio, die eerste bemande, kragaangedrewe "vliegmasjien" of vliegtuig gebou.

Vandag wemel die lugruim bokant ons van vliegtuie met grasieuse vlerktipes en vorms, wat almal in staat is om te vlieg, omdat hulle op dieselfde beginsel van aërodinamika reageer wat eerste in die boemerang gebruik is.

Die mens het voorheen in balonne, lugskepe en ander tuie gevlieg, maar die vliegtuig het die mees bruikbare manier geword om van plek tot plek oor die aarde se oppervlakte te vlieg. In die relatiewe kort tydperk sedert die Wright boers se historiese vlug, het die mensdom reuse spronge in die vliegkuns gemaak. Sy vliegtuie het geografiese grense afgebreek om handel te dryf tussen nasies, poletieke isolasie onmoontlik gemaak en die slaankrag van militêre magte geweldig verhoog.

In wêrelddele waar daar min paaie of spoorlyne is, het die vliegtuig die hoof vervoermiddel geword. Boere in Australië en en Alaska maak op vliegtuie staat om voorrade en toerusting te vervoer, asook om hulle na stede te vervoer om sake te doen of vir mediese behandeling. In dele van Alaska neem die vliegtuig selfs vir kort afstande die plek van motors in; sommige mense in Alaska weet nie hoe om 'n motor te bestuur nie, maar hulle het 'n vlieglisensie. Die vliegtuig word gebruik vir besigheid, industrië, landbou bv. oesbespuiting, natuurbewaring, bestudering van die weer, kartering, lug-fotografie, ontspanning en verdediging.

'n Paar voorbeelde van moderne vliegtuie sluit in die Brits-Franse supersoniese passasiersvliegtuig, die Concorde, wat intussen alreeds in onbruik verval het agv. geraas en hoë bedryfskoste, die pendeltuie, wat herhaalde vlugte ruimte toe en terug onderneem, die pas getoetsde Airbus 380A wat 555 passasiers kan dra, asook sy teenvoeter, Boeing 777-200LR wat eersdaags vrygestel gaan word.

Die grootste vliegtuig ooit is die Rusiese Antonov An-225.

Japan en Australië beplan om 'n nuwe supersoniese vliegtuig, soortgelyk aan die Concorde, te ontwikkel. Die vliegtuig sal met 300 passasiers die afstand tussen New York en Tokio binne 6 ure kan aflê.


Sien ook Papiervliegtuig


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -