Antonov An-225
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
An-225 Mriya | |
---|---|
Die Antonov-225 by die München Lughawe | |
Tipe | Strategic airlifter |
Vervaardiger | Antonov |
Nooiensvlug | 21 Desember 1988 |
Status | Operationeel |
Primêre gebruiker | Antonov Airlines (1) |
Aantal gebou | 1 (tweede gedeeltelik gebou) |
Ontwikkel van | Antonov An-124 |
Die An-225 Mriya (Oekraïens: Антонов Ан-225 Мрія, NAVO raporteernaam: Cossack) is 'n lugligter vervoervliegtuig wat deur Antonov gebou is. Dit is die grootste vliegtuig wat ooit gebou is in terme van bruto opstyg gewig [1]. Die ontwerp, gebou om die Buran ruimtetuig te vervoer, was 'n vergroting van die suksesvolle An-124 Ruslan. Mriya (Мрія) beteken "droom" (inspirasie) in Oekkraïens.
Met 'n totale bruto massa van 640 ton is die An-225 die swaarste en grootste vliegtuig ter wêreld. Die Hughes H-4 Hercules, wat algemeen as die "Spruce Goose" bekend staan, het 'n groter vlerkspan gehad en algehele hoogte, maar is aansienlik korter, en as gevolg van die materiale wat gebruik is om dit te bou, ook ligter. Verder het die Hercules slegs een keer gevlieg, en nie baie hoog nie, wat die An-225 die grootste vliegtuig maak wat veelvuldige kere opgestyg het.[2] Die An-225 is ook groter as die Airbus A380 en heelwat groter as die Antonov An-124, 747-400ERF, C-5 Galaxy, die naas grootste swaar lugligters.
[wysig] Verwysings
- ^ [1]
- ^ "Antonov An-225 Mryia (Cossack)." The Aviation Zone.