Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Junie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsJunie
- 1975 - Rhodesiese onlustepolisie skiet 11 swart betogers en wond 15 ander buite Salisbury.
- 1979 - Negentig jaar van wit minderheidsregering eindig in Rhodesië, wat voortaan as Zimbabwe bekend sou staan.
- 2001 - Nepalese koninklike familie word afgemaai deur die troonopvolger voor hy homself skiet.
- 2002 - Hansie Cronjé, Suid-Afrikaanse krieketspeler sterf in 'n vliegtuigongeluk.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 455 - Die Vandale plunder Rome.
- 1800 - Die eerste inenting teen pokke word in Noord-Amerika aangewend.
- 1946 - Italië word 'n republiek en skaf die monargie af.
- 1953 - Die kroning van Koningin Elizabeth II - die eerste kroning wat op televisie uitgesaai word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1889 - Die eerste langafstand elektriese kraglyn in die VSA word tussen Willamette Waterval tot by Portland, Oregon se middestad gebou.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Dunkirk beëindig deur 'n Duitse taktiese oorwinning.
- 1944 - Charles de Gaulle word Eerste Minister van Frankryk.
- 1946 - Apartheid: 'n Wet wat grondeienaarskap en stemreg van Asiate inkort, word in Suid-Afrika aangeneem.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1970 - Onafhanklikheidsdag in Tonga
- 1792 - Kaptein George Vancouver maak aanspraak op Puget Sont namens Groot Britanje.
- 1920 - Die koninkryk van Hongarye word met die ondertekening van die Trianonverdrag in Parys in vyf lande verdeel.
- 1942 - Die Slag van Midway begin met 'n reuse Japanese aanval op die Midway Atoll.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1849 - Denemarke word 'n grondwetlike monargie.
- 1934 - JBM Hertzog se Nasionale Party en Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party smelt saam om die Verenigde Party van Suid-Afrika te vorm.
- 1968 - Sirhan Sirhan skiet Robert F. Kennedy noodlottig in Los Angeles.
- 1967 - Die Sesdaagse Oorlog begin met 'n Israeliese lugmagaanval op Egipte, Jordanië, en Sirië.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
6 Junie: Nasionale Dag van Swede
- 1654 - Karl X volg sy niggie Christina op die Sweedse troon op.
- 1944 - Die Slag van Normandië begin met 155 000 Geallieerde magte wat op die kus van Normandië land in die grootste amfibiese krygsverrigting in die geskiedenis.
- 1982 - Oorlog breek in Libanon uit toe Israeliese magte die suide van die land binneval om ontslae te raak van Palestynse Bevrydingsbeweging (PLO) militante.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1679 - Jerevan, hoofstad en grootste stad van Armenië, word deur 'n massiewe aardbewing verwoes.
- 1905 - Noorweë onttrek uit die unie met Swede.
- 1954 - Alan Turing sterf. Hy word beskou as een van die grondleggers van moderne rekenaarwetenskap.
- 1981 - Israel vernietig die Osirak-kernaanleg naby Bagdad in Irak uit vrees dat dit vir die vervaardiging van atoombomme gebruik sou kon word.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1887 - 'n Patent word aan Herman Hollerith toegeken vir sy ponskaart-rekenaar.
- 1926 - Emily Hobhouse, kampvegster vir verbetering van die toestande in die konsentrasiekampe tydens die Tweede Vryheidsoorlog, sterf.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Die gealliëerde magte ontrek uit Narvik in Noorweë wat daartoe lei dat die Nore hulle wapens in Noorweë moet neerlê.
- 1953 - 115 mense sterf toe 'n Tornado Flint, Michigan tref. Dit was die laaste keer dat 'n tornado meer as 'n 100 lewens geëis het.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1534 - Jacques Cartier word die eerste Europeër om die Sint-Laurensrivier te ontdek.
- 1752 - Die Deense skip, die Kroonprinses van Denemarke strand by Mosselbaai in die Kaap.
- 1815 - Luxemburg verkry by die Kongres van Wene soewereiniteit binne die Duitse Statebond.
- 1944 - Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjetunie val Oos-Karelië en die voormalige Finse gedeelte van Karelië, wat sedert 1941 deur Finland beset is, in.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1836 - Die Franse fisikus André-Marie Ampère wat as een van die hoofontdekkers van elektromagnetisme beskou word sterf.
- 1898 - Tuone Udaina, die laaste spreker van die Romaanse taal Dalmaties, sterf toe hy op 'n landmyn trap.
- 1967 - Sesdaagse Oorlog: Israeliese magte beëindig hulle opmars in Sirië en hou hulle by 'n VN-skietstaking en bring daarmee 'n einde aan ses dae se gevegte op drie fronte.
- 1988 - Die Amerikaanse skrywer Louis L'Amour sterf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
11 Junie: Kamehameha Dag in Hawaii
- 1889 - Die eerste pizza word deur die pizzaiolo Peppino Brandi vir die die Italiaanse koning Umberto I en sy eggenote Margherita gebak.
- 1906 - Afrikaanse skrywer N.P. van Wyk Louw word op Sutherland in die Kaapkolonie gebore.
- 1991 - Cromwell Everson, Suid-Afrikaanse komponis en skrywer van die eerste Afrikaanse opera, Klutaimnestra, sterf.
- 2003 - Die naam van die hoofstad van die Limpopoprovinsie, Pietersburg word amptelik gewysig na Polokwane.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
12 Junie: Onafhanklikheidsdag vir die Russiese Federasie (1990)
- 1550 - Die huidige hoofstad van Finland, Helsinki word op bevel van die Sweedse koning Gustav I Wasa as Helsingfors gestig.
- 1898 - Die Filippyne verklaar onafhanklikheid van Spanje
- 1964 - Anti-Apartheidsleier Nelson Mandela word tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
- 1987 - President van die VSA, Ronald Reagan, daag die leier van die Sowjet Unie, Michail Gorbatsjof, in die openbaar uit om die Berlynse Muur af te breek.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1917 - Augusto Roa Bastos, romanskrywer van Paraguay word in Iturbe gebore.
- 1922 - Gebore: Afrikaanse skrywer Etienne Leroux te Oudtshoorn. Seun van S.P. le Roux (later Suid-Afrikaanse Minister van Landbou), peetkind van C.J. Langenhoven.
- 1983 - Pioneer 10 word die eerste mensgemaakte voorwerp om die sonnestelsel te verlaat.
- 1985 - Die eerste uitgawe van die Suid-Afrikaanse koerant, die Weekly Mail, verskyn.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
14 Junie: Vryheidsdag in die Falklandeilande en Suid-Georgië en die Suid-Sandwicheilande (1982)
- 1736 - Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur Charles Coulomb word in Angoulême in die Charente département gebore.
- 1907 - Die Oranjerivierkolonie verkry selfregeringstatus.
- 1940 - Parys word tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Nazi Duitsland ingeval en beset.
- 1985 - TWA Vlug 847 word deur Hezbollah-militante gekaap.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1215 - Koning Jan van Engeland bekragtig die Magna Carta, waarvolgens die mag van die koning in die Koninkryk van Engeland formeel beperk word.
- 1915 - Eerste Wêreldoorlog: Duitse in Duits-Suidwes-Afrika gee oor aan Suid-Afrikaanse magte onder Generaal Louis Botha.
- 1966 - Die wêreld se eerste skeertuigskou word geopen met die nuus dat die Britse Ministerie van Verdediging 'n bestelling van sowat £1m geplaas het.
- 2000 - Britse seesoldate wat na Sierra Leone gestuur is om VN magte te help met die handhaaf van orde, verlaat die land.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
16 Junie: Bloomsday, Jeugdag in Suid-Afrika
- 1903 - Ford Motormaatskappy word beliggaam.
- 1940 - Estland word deur die Sowjetunie beset.
- 1976 - Die 1976 Skoliereopstand word geweldadig en talle kinders, waaronder Hector Petersen, word deur die polisie geskiet.
- 1999 - Thabo Mbeki word ingehuldig as President van Suid-Afrika.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
17 Junie: Onafhanklikheidsdag in Ysland (1944)
- 1789 - Tydens die Franse Rewolusie roep die Derde Stand (Frans:Tiers état) van Frankryk 'n nasionale vergadering uit.
- 1795 - Kaapse burgers beset die drosdy in Swellendam waarna die Colonie van Swellendam uitgeroep word.
- 1924 - Die Pakt-regering word gevorm nadat 'n koalisie tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty die Suid-Afrikaanse Party in die algemene verkiesing verslaan.
- 1991 - Die Wet op Bevolkingsregistrasie, een van die hoekstene van Apartheid, word deur die Suid-Afrikaanse parlement opgehef.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1812 – Die VSA verklaar oorlog teen Groot Brittanje, en begin daarmee die 1812-Oorlog.
- 1815 - Napoléon Bonaparte verloor sy finale slag, die Slag van Waterloo.
- 1858 - Charles Darwin ontvang 'n manuskrip deur Alfred Russel Wallace oor evolusie, wat hom aanspoor om sy teorie te publiseer.
- 1942 - Gebore: Thabo Mbeki, president van Suid-Afrika
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1623 - Gebore: Blaise Pascal, Franse filosoof, teoloog, wis- en natuurkundige.
- 1932 - Sterf: Sol Plaatje veeltalige Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus en aktivis van die Swart burgerregte-beweging
- 1945 - Gebore: Aung San Suu Kyi, Burmese vryheidsstryder, en wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1991
- 1993 - William Golding, Engelse skrywer, digter en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde (1983) sterf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1789 - 577 Afgevaardigdes van die Franse Derde Stand lê die Tennisbaan Gelofte af en begin daarmee die Franse Revolusie.
- 1837 - Koningin Victoria bestyg die Britse troon.
- 1928 - Gebore: Jean-Marie Le Pen, omstrede Franse politikus
- 1991 - Die Duitse Bondsdag wys Berlyn aan as die nuwe hoofstad van Duitsland.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
21 Junie: Somer/Winter-sonstilstand, Kortste dag van die jaar
- 1734 - 'n Swart slaaf bekend as Marie-Joseph Angélique word gemartel en toe gehang in Nieu-Frankryk.
- 1905 - Gebore: Jean-Paul Sartre, Franse filosoof en skrywer.
- 1985 - Groenland neem amptelik sy eie vlag aan ter ondersteuning van die strewe vir onafhanklikhied van Denemarke.
- 2000 - The anti-gay amendement bekend as Afdeling 28 word in Skotland met 99 teen 17 stemme afgeskaf.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1633 - Die inkwisisie dwing Galileo Galilei om afstand te doen van sy die stelling dat die aarde om die son draai.
- 1922 - Die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke word in Moskou gestig.
- 1941 - Tydens die Tweede Wêreldoorlog verower Duitsland die Sowjets-besette dele van Pole.
- 1999 - Die Franse vliegtuigvervaardiger Air France word op die effektebeurs gelys.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
23 Junie: Jani word in antieke Letland gehou.
- 1713 - Franse inwoners van Acadia word een jaar gegee om trou te sweer aan Brittanje of Nova Scotia te verlaat.
- 1887 - Kanada se eerste nasionale park, Banff, word geskep.
- 1912 - Gebore: Alan Turing, Britse wiskundige en informatikus.
- 1915 - D.F. Malan word verwelkom as die eerste redakteur van Die Burger.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
24 Junie: Fête nationale du Québec (Sint Johannes die Doper Dag) - Amptelike vakansie dag van Quebec, Kanada
- 1534 - Jacques Cartier, 'n Franse Seevaarder, ontdek die Suid-Afrikaanse "Prins Edward Eilande" in die Suidelike Yssee.
- 1535 - Die Anabaptiste staat van Münster word verower en ontbind.
- 1597 - Die eerste Nederlandse tog na die Oos-Indiese eilande bereik Bantam op Java.
- 1812 - Napoleon Bonaparte val Rusland binne onderweg na Moskou.
- 1821 - Slag van Carabobo: Venezuela verkry algehele onafhanklikheid van Spanje.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1950 - Die Koreaanse Oorlog tussen die Verenigde Nasies en Noord-Koreaanse magte begin.
- 1975 - Mosambiek verkry onafhanklikheid van Portugal.
- 1993 - Kim Campbell word verkies as leier van die Progressive Conservative Party of Canada en word die eerste vroulike Eerste Minister van Kanada.
- 1996 - Die Khobar Towers-bomaanval in Saoedi-Arabië laat 19 VSA-soldate dood.
- 1998 - Microsoft Windows 98 word vrygestel.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1541 - Oorlede: Francisco Pizarro, Spaanse ontdekkingsreisiger in Lima vermoor.
- 1945 - Die stigtingakte van die Verenigde Nasies word in San Francisco, Kalifornië geteken.
- 1955 - Die Vryheidsmanifes word onderteken in Kliptown, Soweto.
- 1959 - Die Sint Lawrence Seeweg, 'n stelsel van kanale wat die Groot Mere met die Atlantiese Oseaan verbind, word amptelik geopen.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1870 - Nadat Luxemburg deur Pous Pius IX tot 'n outonome bisdom verhef is word die Notre-Dame kerk in Luxemburg stad die Kathedral Notre-Dame.
- 1964 - Etienne Leroux ontvang die Hertzogprys vir Sewe Dae by die Silbersteins.
- 1977 - Djiboeti word onafhanklik van Frankryk.
- 1979 - Muhammad Ali kondig sy uitrede aan.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1919 - Die Verdrag van Versailles word geteken waarmee die Eerste Wêreld Oorlog beeindig word.
- 1977 - Die Verenigde Party ontbind om in die Nuwe Republiek Party opgeneem te word.
- 1995 - Suid-Afrika se President Nelson Mandela rig die Waarheids- en versoeningskomisie op om menseregtemisdrywe uit die Apartheidsera te ondersoek.
- 2006 - Montenegro word die 192ste lidland van die Verenigde Nasies.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
- 1613 - Shakespeare se Globe Teater brand af.
- 1678 - Nadat Kommandeur Johan Bax van Herenthals te stwerwe kom word Hendrik Crudop aangestel as waarnemende Kommandeur van die Kaap de Goede Hoop.
- 1929 - Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skrywer word in Florence gebore.
- 1995 - Die Ruimtependeltuig Atlantis koppel vir die eerste keer met die Russiese Mir-ruimtestasie.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis
30 Junie: Onafhanklikheidsdag in die Demokratiese Republiek van die Kongo (1960)
- 1905 - Albert Einstein publiseer die artikel "Oor die elektrodinamika van bewegende liggame" en stel daarmee die spesiale relatiwiteitsteorie bekend.
- 1908 - Die Toengoeskaslagvoorval vind in Siberië plaas.
- 1960 Republiek van Kongo (nou die DRK) verkry onafhanklikheid van België.
- 1971 - Die bemanning van die ruimtetuig Sojoes 11 sterf toe hulle lugtoevoer deur 'n foutiewe klep ontsnap.
besigtig - bespreek - wysig - geskiedenis