Blaise Pascal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Blaise Pascal (19 Junie 1623 – 19 Augustus 1662) was 'n Franse wiskundige, fisikus, en godsdienstige filosoof. Hy was 'n wonderkind wat deur sy vader onderrig was. Pascal se vroegste werk was in die natuur- en toegepaste wetenskappe waar hy belangrike bydraes gemaak het tot die konstruksie van meganiese rekenaars, die studie van vloeistowwe, en die konsepte van druk en vakuum opgeklaar deur die werk van Evangelista Torricelli te veralgemeen. Pascal het ook ter verdediging van die wetenskaplike metode geskryf.
Pascal was een van die voorste wiskundiges van alle tye. Hy het gehelp om twee nuwe navorsings velde te skep. Hy het op sestienjarige ouderdom belangrike verhandelings oor projektiewe meetkunde geskryf en later met Pierre de Fermat oor waarskynlikheidsteorie gekorrespondeer. Hy het ook 'n sterk invloed op die ontwikkeling van moderne ekonomie en sosiale wetenskap uitgeoefen.
Ná 'n mistiese ondervinding in laat-1654 het hy sy wetenskaplike werk laat vaar en hom toegewy aan filosofie en teologie. Sy twee beroemdste werke dateer uit die tydperk: die Lettres provinciales en die Pensées. Pascal het sy hele lewe lank aan swak gesondheid gelei en het twee maande na sy 39ste verjaarsdag gesterf.