See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Filosofie - Wikipedia

Filosofie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied.

Iemand wat filosofie beoefen, word 'n filosoof genoem. Filosofie kan ook verwys na die kollektiewe werk van die groot filosowe.

Inhoud

[wysig] Filosofiese tradisies

Filosofiese vrae is oorweeg deur mense van baie tye, volkere en kulture. Die term "filosofie" in 'n Europese of Amerikaanse akademiese konteks verwys in die algemeen na die tradisies van die westerse beskawing en word gevolglik "westerse filosofie" genoem. In die weste word die term "oosterse filosofie" meestal gebruik as omvattende term om te verwys na die filosofiese tradisies van Asië en die ooste.

Filosofiese tradisies uit spesifieke tye en geloofsrigtings word gereeld apart gesien, byvoorbeeld (antieke) Griekse en Hellenistiese Filosofie, Christelike filosofie, Hindoe-filosofie, ensovoorts.

Suid-Afrikaanse filosofie uit westerse tradisies word meestal gesien as deel van westerse filosofie. Die bestaan van iets soos Afrikafilosofie (of ander filosofiese tradisies) as onderskeibare tradisie word soms bespreek, maar is gewoonlik afwesig of sleg verteenwoordig in meeste akademiese besprekings oor filosofie.

[wysig] Westerse filosofie

Westerse filosofie word gereeld in twee hoofstrome verdeel, naamlik die analitiese filosofie, en die kontinentale filosofie.

Analitiese filosofie word gekarakteriseer deur bewyse en argumente, aandag aan detail, en 'n presiese benadering tot die analise van die taal van filosofiese vrae om onduidelikheid uit die weg te ruim. Hierdie benadering domineer Engels-Amerikaanse filosofie. Dit het begin met Gottlob Frege, Bertrand Russell, G. E. Moore en Ludwig Wittgenstein met die draai van die 20ste eeu.

Kontinentale filosofie is 'n versamelnaam vir verskeie uiteenlopende denkrigtings, hoofsaaklik uit kontinentale Europa. Dit is gevolglik moeilik om die tradisie as sodanig te beskryf. Dit kan gekontrasteer word met die tradisie van analitiese filosofie in sommige opsigte. Waar analitiese filosowe byvoorbeeld spesifieke probleme analiseer, fokus kontinentale filosowe soms meer op die werk van sleuteldenkers en die verwantskap tussen verskillendes se werk.

Die metodes van analitiese filosofie word soms beskou as nader verwant aan dié van die wiskunde (veral wat formele argumentasie betref), terwyl kontinentale filosofie weer dikwels metodes uit die letterkunde gebruik.

[wysig] Subonderwerpe

Onderwerpe wat bestudeer word sluit in:

  • Epistemologie
  • Metafisika
  • Etiek
    • Regsfilosofie (Jurispridensie)
  • Estetika
  • Wetenskapsfilosofie
  • Taalfilosofie
  • Logika
  • Antieke filosofie
  • Politieke filosofie
  • Geestesfilosofie ("philosophy of mind")
  • Filosofiese Denkbewegings
  • Moderne Filosofie
  • Oosterse Filosofie
  • Westerse Filosofie

[wysig] Sien ook

Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -