See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Groenland - Wikipedia

Groenland

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Groenland
Kalaallit Nunaat
Grønland
Wapen van Groenland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Nunarput utoqqarsuanngoravit
Nuna asiilasooq
Volkslied:
Ligging van Groenland
Hoofstad Nuuk (Godthåb)
64°10′N 51°43′W
Grootste stad Nuuk
Amptelike tale Groenlands,Deens
Regering
Monarg
Eerste Minister
Parlementêre Demokrasie
Margrethe II
Hans Enoksen
Onafhanklikheid

Selfregering
1979
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 166 086 km2  (13de)
836,109 myl2
81.1
Bevolking
 - 2005 skatting
 - Digtheid
 
56 375 (211de)
0,025 / km2 (~193rd)
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2001 skatting

$1,1 biljoen (192de)
$20,000 (52ste)

Geldeenheid Deense kroon (DKK)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC0 tot -4)
(UTC0)
Internet-TLD .gl
Skakelkode +299

Groenland (amptelik: Kalaallit Nunaat, Deens: Grønland) is 'n eiland in die noordelike Atlantiese Oseaan, noordoos van Kanada. Met 'n oppervlakte van 2 175 000 km2 is dit die grootste eiland ter wêreld. Dit maak deel uit van die koninkryk van Denemarke. Dit het sedert 1979 'n onafhanklike posisie ten opsigte van Denemarke (status aparte) en dit behoort sedert 1985 nie meer tot die Europese Unie nie. Die hoofstad is Nuuk.

Groenland hoort geografies by Noord-Amerika, en geologies gesien tot die Kanadese plaat. 80% van die land is bedek met 'n yslaag van tot 3km dik. Slegs die kusstrook van 15-150 km breed, veral in die suide en weste, is bewoonbaar, as gevolg van die invloed van die Golfstroom. Die kus is ingekerf met enorme fjorde en gletsers, waarvan ysberge afbreek. Groenland het 'n poolklimaat.

Die oorspronklike inwoners, die Inuit (ook eskimo's genoem), is vanouds nomade. Hulle vorm egter slegs 'n klein groep. Verreweg die meeste inwoners lewe in die suidweste en is Groenlanders, 'n vermenging van Dene en Inuit. Hulle praat Groenlands, wat 'n dialek is van die Inuit. Deens en Inuit is die amptelike tale. 'n Derde groep inwoners bestaan uit Europeërs, veral Dene. Soldate van die VSA is in die Thule basis gestasioneer.

Die Groenlandse ekonomie steun hoofsaaklik op vissery, jag, skaapboerdery en mynbou. Groenland voer onder andere pelse en mynbouprodukte soos krioliet, kwarts, glimmer, lood, sink en ystererts uit. Dit het in die verlede ook walvisprodukte uitgevoer.

Die belangrikste geloof is, soos in Denemarke, Lutheranisme. Die Christendom is in ongeveer die eerste millennium na Chr. deur die Deense kolonis Leif Eriksson ingevoer.

[wysig] Geskiedenis

Kaart van Groenland'.
Kaart van Groenland'.
  • 8e eeu - Die Inuit is die eerste bewoners van Groenland.
  • 981 - Erik die Rooie land via Ysland op die Groenlandse kus.
  • 987 - Vestiging van die eerste koloniste.
  • ca. 1000 - Invoer van die christendom deur Leif Eriksson.
  • 1261 - Groenland onder Noorse bestuur.
  • 1397 - Groenland amptelik Deense gebied (Unie van Kalmar).
  • 15de eeu - Die Vikingkolonies verdwyn deur die kouer word van die klimaat (klein ystydperk).
  • 1721 - Begin van herkolonisering deur Denemarke.
  • 1774-1951 - Handel met Groenland is 'n staatsmonopolie
  • 1951 - Deens-Amerikaanse verdrag met betrekking tot gemeenskaplike verdediging van Groenland.
  • 1953 - Groenland verkry beperkte selfbestuur binne die Deense koninkryk.
  • 1979 - Groenland verkry volledige selfbestuur binne die Deense koninkryk.
  • 1982 - Groenland stem in 'n referendum vir uittrede uit die Europese Gemeenskap.
  • 1985 - Groenland verlaat die Europese Gemeenskap.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -