Tydsone
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Tydsones is streke van die Aarde wat 'n standaardtyd aangeneem het. Voorheen het mense die plaaslike sontyd (oorspronklik die aangeduide en toe die gemiddelde) gebruik, wat beteken het dat tyd effens verskil het van dorp na dorp. Soos telekommunikasie verbeter het, en met die uitbreiding van die Treinvervoerstelsel het dit al hoe meer ongemaklik geraak. Tydsones het die probleem gedeeltelik opgelos deurdat mense hulle horlosies gestel het na 'n streek met dieselfde gemiddelde sontyd. Tydsones word in die algemeen gesentreer rondom lengtelyne wat veelvoude van 15° is, wat naburige tydsones een uur apart stel. Hierdie een-uur-skeiding is nie universeel nie, en, soos die meegaande kaart wys, word die vorms van die tydsones soms verstel om staats-, lands- of administratiewe grense te akkommodeer.

Alle tydsones word gedefinieer relatief tot Gekoördineerde Universele Tyd (UTC). Die verwysingspunt vir tydsones is die Hoofmeridiaan (lengteligging 0°), wat deur die Royal Greenwich Observatory in Greenwich, Londen, Engeland [1] getrek word. Om hierdie rede is die term Greenwichtyd (GMT) steeds in gebruik (byvoorbeeld deur die BBC, onder andere) om die "basistyd" aan te dui waaraan alle ander tydsones relatief is. UTC is deesdae wel die amptelike term vir vandag se atomies-gemete tyd, en is apart van astronomiese observasie soos die voorheen by Greenwich uitgevoer is.
GMT (UTC) is toevallig slegs plaaslike tyd in Greenwich tussen 01:00 UTC van die laaste Sondag in Oktober en 01:00 UTC van die laaste Sondag in Maart. Vir die res van die jaar is plaaslike tyd UTC+1 — bekend in die Verenigde Koninkryk as British Summer Time (BST).
[wysig] Bibliografie
- Bowditch, Nathaniel. American Practical Navigator. Washington: Government Printing Office, 1925, 1939, 1975.
- Hill, John C., Thomas F. Utegaard, Gerard Riordan. Dutton's Navigation and Piloting. Annapolis: United States Naval Institute, 1958.
- Howse, Derek. Greenwich Time and the Discovery of the Longitude. Oxford: Oxford University Press, 1980. ISBN 0192159488.
[wysig] Eksterne skakels
- Time Genie Vind die huidige tyd en datum vir meer as 6600 stede in 245 lande. Sluit ook gereedskap in om tye om te skakel en te vergelyk.
- World Time Server
- The E Time zone page - Horlosie, Tyd en Sones - Besigtig die dag-en-nag tydsonehorlosie rondom die wêreld
- Virtual Travelog 'n Oplossing vir die bestuur van tydsones en datums in internasionale Internetstelsels
- The tz database