Charles de Gaulle
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Generaal Charles-André-Joseph-Marie de Gaulle (22 November, 1890 - 9 November, 1970) was 'n Franse soldaat en politikus. Hy was die leier van die Vrye Franse Magte (Frans: Forces françaises libres) gedurende die Tweede Wêreldoorlog en hoof van die tussentydse regering in 1944-46. Hy is gevra om 'n nuwe regering te stig in 1958. De Gaulle was die inspriasie vir 'n nuwe grondwet en was die Vyfde Republiek se eerste president vanaf 1958 tot 1969.