Sonnestelsel
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die sonnestelsel bestaan uit die son en al die hemelliggame wat rondom dit wentel. Dit sluit in planete, mane, komete, meteoriete, asteroïdes en planetoïdes. Die aarde is die derde planeet van die sonnestelsel.
Ander sterre en die liggame wat rondom hulle wentel word gewoonlik na verwys as planetestelsels. Vir 'n spesifieke ster se planetestelsel word dit verkort na byvoorbeel "die stelsel Alpha Centauri" of "die stelsel 51 Pegasus".
Tradisioneel bevat ons sonnestelsel nege planete, maar naar aanleiding van onlangse ontdekkinge en insigte was dit noodwendig dit aantal aan te pas. In die jare '90 is ontdek dat Pluto geen planeet op homself is nie, maar onderdeel is van baie voorwerpe in die kuipergordel. Na mate steeds groter voorwerpe ontdek is, soos Quaoar en Varuna het die klassieke aantal planete onder druk gekom en met die ontdekking van 2003 UB313 het dit volledig onhoudbaar geword. Volgens die nuwe definisie tel ons sonnestelsel 12 planete.
Op die oomblik bevind ons ons in 'n oorgangsperiode en sal u nog baie ingliginge aantref wat die klassieke 9 planete behandel.
[wysig] Voorwerpe in die sonnestelsel
Daar bestaan 'n wye verskeidenheid van voorwerpe in die sonnestelsel. Hierdie voorwerpe word gewoonlik in verkillende kategorië verdeel, maar in laaste paar jaar het hierdie onderskeid minder duidelik geword, soos ons meer-en-meer te wete kom van ons sonnestelsel. Vir die doeleindes van hierdie ensiklopedie maak ons gebruik van die volgende verdeling:
- Die son (astronomiesimbool Beeld:Son.jpg) is 'n klas-G2-ster. Dit verteenwoordig 99,86% van die totale massa van die sonnestelsel.
- Die planete. Die nege liggame wat tradisioneel so na verwys word: Mercurius (), Venus (), Aarde (), Mars (), Jupiter (), Saturnus (), Uranus () en Neptunus (). Volgens die nuwe definisie van 'n planeet, soos besluit deur die IAU op 24 Augustus 2006, sal Pluto nie langer beskryf word as 'n planeet nie maar as 'n dwergplaneet. Ál die planete behalwe die aarde, is vernoem na gode uit die Grieks-Romeinse mitologie. Die aarde self word ook soms genoem Terra, die naam van die Romeinse god van die aarde.
- Redelik groot liggame wat rondom die planete wentel word mane genoem.
- Kunsmatige satelliete wat rondom planete, hoofsaaklik die aarde, wentel, sowel as ruimteskepe op pad na die buitenste ruimte.
- Stof en ander klein voorwerpe wat wentel rondom planete in die vorm van ringe.
- Ruimterommel, ook van kunsmatige oorsprong rondom hoofsaaklik die aarde.
- Asteroïdes, liggame kleiner as planete, wat hoofsaaklik voorkom tussen Mars en Jupiter en bestaan uit 'n aansienlike komponent nie-vlugtige materiaal. Hulle word verder onderverdeel in asteroïd groepe en families gebaseer op die volgende wentelbaan eienskappe:
- Asteroïdemane. Asteroïdes wat wentel om ander groter asteroïdes. Hulle is nie so duidelik onderskeibaar soos planetêre mane nie, aangesien hulle by geleentheid byna dieselfde grootte is en dus eerder 'n paar vorm.
- Trojaanse asteroïdes. Asteroïdes wat wentel in een van Jupiter se L4 of L5 punte. Die term word ook soms gebruik vir asteroïdes in die Lagrangepunte van ander planete.
- Meteoriete. Asteroïdes van deursnee 50 meter en minder.
- Komete, liggame wat hoofsaaklik bestaan uit vlugtigge materiaal in ysvorm en met hoogs eksentrieke wentelbane, gewoonlik met die perihelium binne die wentelbane van die binneste planete, terwyl die aphelium buite Pluto se wentelbaan lê. Kortperiode komete bestaan ook en ou komete, waarvan die vlugtigge stowwe reeds afgedryf is deur die son word soms as asteroïdes geklasifiseer. Sommige komete se hiperboliese wentelbane het hulle oorsprong buite die sonnestelsel.
- Centaurs is komeetagtige liggame met minder eksentrieke wentelbane wat lê tussen die wentelbane van Jupiter en Neptunus.
- Trans-Neptunus-liggame, liggame waarvan die wentelbaan buite die van Neptunus lê. Hulle word verder as volg verdeel:
- Die Kuipergordel is voorwerpe tussen 30 en 50 AE (astronomiese eenhede). ('n AE is ongeveer die mediaan afstand tussen die aarde en die son.) Die vermoede is dat hierdie die oorsprong van kortperiode komete is. Pluto word soms ook geklasifiseer as 'n Kuipergordel liggaam en ander Kuipergordel liggame soortgelyk aan Pluto word verwys na as Plutino's.
- Oortwolkliggame, tans nog teoreties, het wentelbane tussn 50 000 en 100 000 AE. Dit word vermoed dat hierdie die oorsprong van die langperiode komete is.
- Klein hoeveelhede stof.
- 90377 Sedna, 'n liggaam wat onlangs ontdek is met 'n hoogs eliptiese baan van 76 AE tot 928 AE. Dit pas duidelik nie in enige van bogenoemde in nie, maar die ontdekkers meen dit moet beskou word as deel van die Oortwolk.
- 2003 UB313, nog 'n liggaam wat onlangs ontdek is. Dit is ongeveer 1,5 maal so groot soos Pluto en een omwenteling om sy eie as neem 52 jaar. Dit bestaan waarskynlik hoofsaaklik uit klip en ys, soortgelyk aan Pluto.
Behalwe vir die son, verteenwoordig Jupiter die grootste deel van die massa van die sonnestelsel (ongeveer 0,1%). Op sy beurt verteenwoordig Saturnus die grootste gedeelte van die res, dan Uranus en Neptunus, en dan aarde en Venus.
Die sonnestelsel |
---|
Die son · Mercurius · Venus · Aarde · Mars · Ceres · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Planete · Dwergplanete · Mane: Aarde · Mars · Asteroïdies · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Klein hemelliggame: Meteoroïdes · Asteroïdes (die astroïdegordel) · Centaurs · TNV's (Kuipergordel/Verstrooide skyf) · Komete (Oortwolk) |