Venezuela
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Bolivariaanse Republiek van Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela, "klein Venisië") is 'n land in die noorde van Suid-Amerika 1. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die Noorde, Guiana aan die Ooste, Brasilië aan die Suide, en Kolombia aan die Weste. Noord van Venezuela lê die Karibiese state van Aruba, die Nederlandse Antille en Trinidad en Tobago.
|
||||
Nasionale leuse: - | ||||
Amptelike taal | Spaans | |||
Hoofstad | Caracas | |||
President | Hugo Chávez | |||
Area - Totaal - % water |
32ste 916,445 km² 0.3% |
|||
Populasie
- Digtheid |
posisie: 43ste
27/km² |
|||
Onafhanklikheid
- Erken |
Van Spanje
1821 |
|||
Geldeenheid | Venezuela bolivar | |||
Tydsone | UTC -4:30 | |||
Nasionale lied | Gloria al bravo pueblo | |||
Internet TLD | .VE | |||
Skakelkode | 58 |
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Venezuela
[wysig] State
Hoofartikel: State van Venezuela
Venezuela is verdeel in 23 state (estados), een federale distrik (distrito capital) en een federale afhanklike (dependencias federales), gemerk deur 'n *:
- Amazonas
- Anzoategui
- Apure
- Aragua
- Barinas
- Bolívar
- Carabobo
- Cojedes
- Delta Amacuro
- Falcon
- Federale Afhanklikheid *
- Hoofstad Distrik *
- Guarico
- Lara
- Merida
- Miranda
- Monagas
- Nueva Esparta
- Portuguesa
- Sucre
- Tachira
- Trujillo
- Vargas
- Yaracuy
- Zulia
[wysig] Geografie
Hoofartikel: Geografie van Venezuela
Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5,007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraal-eilande. Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom Maracaibo meer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Kolombiaanse grens tot die rivierdelta van die Orinoco in die ooste. In die Suide is die Guiana Hooglande, tuiste van die Angel Falls, die wêreld se hoogste waterval.
Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande. Die hoofstad, Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay, en Ciudad Guayana.
[wysig] Eksterne verwysings
- Gobierno en Línea - Amtelike staatswebwerf (in Spaans)
- Presidencia de la República de Venezuela - amptelike presidentswebwerf (in Spaans)
- Asamblea Nacional - Amptelike parlimentêre webwerf (in Spaans)
- Banknote van Venezuela
- Fotos van Venezuela (werf in Spaans)
- Isla Margarita, Venezuela
Lande in Suid-Amerika |
---|
Argentinië | Bolivië | Brasilië | Chili | Kolombië | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela |
Afhanklike gebiede : Frans-Guyana | Falkland-eilande |