Caracas
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Caracas is die hoofstad van Venezuela. Dit is gelee in die noorde van die land, naby aan die Karibiese see. Teen 2004 was die aantal inwonders van die stad 1,7 miljoen en die metropolitaanse gebied 3,6 miljoen.
Die stad is begin in 1567 as Santiago de León de Caracas deur Spaanse ontdekkingsreisiger Diego de Losada.
Twee van Amerika se belangrikste persone is hier gebore, Francisco de Miranda (1750) en "El Libertador" Simón Bolívar (1783).
'n Aardbewing het die stad verwoes op 26 Maart 1812.