Ferdinand Magellaan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ferdinand Magellan (Portugees: Fernão de Magalhães); Spaans: Fernando of Hernando de Magallanes; Lente 1480–April 27, 1521) was 'n portugese ontdekkingsreisiger wat, in die diens van Spanje, probeer het om 'n Weswaartse roete na die Spesery-eilande van Indonesië te vind. Die soektog was die eerste suksesvolle probeerslag om rond die wêreld te seil. Magellan het nie sy finale, Weswaartste reistog voltooi nie; hy was doodgemaak tydens die Slag van Maktan in die Filippyne. Hy het egter verder Wes as die Spesery-eilande gesterf en het dié eilande wel op vroeë togte besoek. Hy was een van die eerste persone wat al die meridiane van die aardbol oorgesteek het. Hy was ook die eerste persoon wat 'n ontdekkingstog gelei het deur Asië vanaf Europa te bereik deur Weswaarts te seil en ook die eerste persoon om die Stille Oseaan oor te steek.
Van die 270 bemanningslede wat die ekspedisie saam met Magellan begin het, het slegs 18[1][2] dit reggekry om terug na Spanje te keer en die reis om die aardbol te voltooi. Hulle was gelei deur die Spanjaard Juan Sebastián Elcano, wat die leisels oorgeneem het na Magellan se dood.
[wysig] Verwysings
- ^ Swenson, Tait M.. "First Circumnavigation of the Globe by Magellan 1519-1522." The Web Chronology project. URL besoek op 2006-03-14.
- ^ "The age of exploration." The Mariners' Museum. URL besoek op 2006-03-14.