Pennsilvanië
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
Bynaam: The Keystone State, The Quaker State, The Coal State, The Oil State | |||||
Ander VSA-deelstate | |||||
Hoofstad | Harrisburg | ||||
Grootste stad | Philadelphia | ||||
Goewerneur | Ed Rendell (D) | ||||
Amptelike tale | Geen | ||||
Tale | |||||
Oppervlakte | 119 283 km² (33ste) | ||||
- Land | 116 074 km² | ||||
- Water | 3 208 km² (2,7%) | ||||
Bevolking (2000) | |||||
- Bevolking | 12 281 054 (6de) | ||||
- Bev.digtheid | 274,02 /km² (10de) | ||||
Toelating tot die Unie | |||||
- Datum | 12 Desember 1787 | ||||
- Rangorde | 2de | ||||
Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
Breedtegraad | 39°43'N tot 42°16'N | ||||
Lengtegraad | 74°41'W tot 80°31'W | ||||
Wydte | 455 km | ||||
Lengte | 255 km | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | 979 m | ||||
- Gem. hoogte | 335 m | ||||
- Laagste punt | 0 m | ||||
Afkortings | |||||
- VSA-poskantoor | PA | ||||
- ISO 3166-2 | US-PA | ||||
Webwerf | state.pa.us |
Pennsilvanië is een van die Middel-Atlantiese deelstate in die ooste van die Verenigde State. Dit was in 1787 een van die oorspronklike Dertien Kolonies. Die gebied is gedurende die 17de eeu deur Europeërs verken, en in 1634 is die eerste Europese nedersetting deur Swede gestig. In 1681 is die gebied deur 'n koninklike oktrooi aan William Penn toegeken. Pennsilvanië het 'n belangrike rol in die Amerikaanse Rewolusie en as een van die oorspronklike state van die Unie ook by die onafhanklikwording van die Verenigde State gespeel.
Pennsilvanië is ondanks die neergang van sy vroeëre swaar nywerhede nog steeds een van die welvarendste deelstate van die VSA, met landbou, mynbou, nywerhede en hoëtegnologie as sy ekonomiese basis. Die deelstaat is een van die hoofsaaklike produsente van staal en steenkool in die VSA. Terwyl Harrisburg as die administratiewe hoofstad dien, is Philadelphia en Pittsburgh belangrike ekonomiese, kulturele en opvoedkundige sentrums.