See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Joachim van Plettenberg - Wikipedia

Joachim van Plettenberg

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Joachim Ammena van Plettenberg (8 Maart 1739, Leeuwarden, Nederland18 Augustus 1793, Zwolle, Nederland) was die goewerneur van die Kaap de Goede Hoop van 11 Augustus 1771 tot 14 Februarie, 1785. Hy het Ryk Tulbagh opgevolg as waarnemende goewerneur na dié se afsterwe. Op 18 Mei 1774 is hy permanent aangestel in die posisie.

Van Plettenberg is in 1739 in Leeuwarden, die hoofstad van Friesland in Nederland gebore. Hy kom uit 'n aristokratiese familie en sy ouers was stoere Oranje-manne. Sy vader was 'n kolonel in die sterk Oranje-garnisoen wat in Leeuwarden onderhou is. Na voltooiing van sy skoolopleiding het hy gaan studeer en 'n graad in regte ontvang en is hy tot die State-Generaal verkies. Sy eerste amptelike pos was in Batavia waar hy regsondervinding opgedoen het as 'n junior regsoffisier of adjunk-fiskaal vit twee jaar van 1765. Op 28-jarige ouderdom is hy in 1767 aangestel as die eerste onafhanklike fiskaal in Kaapstad.[1]

In 1774 word hy in waarnemende hoedanigheid as goewerneur aangestel toe goewerneur Tulbagh te sterwe kom. Op 18 Mei 1774 is hy permanent aangestel in die posisie. Tydens sy ampstermyn het hy 'n drie maande lange reis onderneem waarin hy al 47 buiteposte in die Kaapkolonie besoek het. Tydens die reis kom hy op 5 November 1778 op Plettenbergbaai aan en op 6 November rig hy die historiese bakenklip van die VOC, wat as die Van Plettenbergbaken bekend staan op.[1] Die heldedaad van Wolraad Woltemade het tydens sy ampstermyn plaasgevind.

Van Plettenberg is na 'n reeks petisies van die Kaapbewoners in 1785 eervol uit sy pos ontslaan. Hy keer na sy vaderland terug en is by Huis Windesheim in Zwolle oorlede in 1793.[2]

Plettenbergbaai is deur homself vernoem.[3]

Vooraf gegaan deur:
Ryk Tulbagh
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop
11 Augustus 177114 Februarie, 1785
Opgevolg deur:
Cornelis Jacob van de Graaff

[wysig] Bronne

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
  • Albertyn, C.F. dr. (hoofred.), Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, Nasou, Kaapstad, 1972.

[wysig] Verwysings

  1. ^ 1,0 1,1 Plettenberg Bay, Plettenberg Bay History, Besoek op 28 Februarie 2007
  2. ^ Nationaal Archief - Nederland Inventaris van de collectie Van Plettenberg, 1763-1788, Archiefvorming, Geschiedenis van de archiefvormer, Besoek op 28 Februarie 2007
  3. ^ Louis_Engelbrecht Baron van Plettenberg, Besoek op 28 Februarie 2007
Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -