10 Desember
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
10 Desember is die 344ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (345ste in skrikkeljare). Daar volg nog 21 dae in die res van die jaar .
<< | Desember 2007 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 741 - Pous Sagarias volg Pous Gregorius III op.
- 1869 - Wyoming, Verenigde State gee aan vroue die reg om te stem.
- 1898 - 'n Verdrag wat die Spaans-Amerikaanse oorlog beëindig, word in Parys, Frankryk onderteken.
- 1901 - Die eerste Nobelpryse word toegeken.
- 1906 - Theodore Roosevelt wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1936 - Edward VIII abdikeer. Hy is die enigste Britse monarg wat die troon vrywillig opgee.
- 1953 - Dr. Albert Schweitzer wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1975 - Andrei Sakharov wen die Nobelprys vir Vrede. Die prys word deur sy vrou Yelena Bonner namens hom aanvaar.
- 1978 - Menachem Begin en Anwar Sadat wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1983 - Lech Wałęsa wen die Nobelprys vir Vrede. Die prys word deur sy vrou, Danuta, namens hom aanvaar.
- 1984 - Desmond Tutu (Suid-Afrika) wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1993 - President Nelson Mandela en voormalige president Frederik Willem de Klerk (beide van Suid-Afrika) wen die Nobelprys vir Vrede.
[wysig] Geboortes
- 1815 - Ada Lovelace, die eerste rekenaarprogrammeerder († 1852)
- 1830 - Emily Dickinson, digteres († 1886)
- 1851 - Melvil Dewey, bibliotekaris, skepper van die Dewey Decimal Classificationsisteem († 1931).
- 1891 - Nelly Sachs, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Literatuur in 1966 († 1970).
- 1907 - Rumer Godden, skrywer († 1998).
- 1960 - Kenneth Branagh, akteur en filmregisseur.
[wysig] Sterftes
- 1865 - Koning Leopold I van België (Gebore 1790).
- 1896 - Alfred Nobel, uitvinder van dinamiet en stigter van die Nobelprys (Gebore 1833).
- 1917 - Sir Mackenzie Bowell, die vyfde Eerste Minister van Kanada (Gebore 1823).
- 1945 - August Vermeylen, Vlaams-Belgiese skrywer (* 12 Mei 1872)
- 1946 - Damon Runyon, skrywer (Gebore 1884).
- 1951 - Algernon Blackwood, swriter (Gebore 1869).
- 1967 - Otis Redding, sanger (Gebore 1941)
- 1968 - Thomas Merton, monnik en skrywer (Gebore 1915)
- 1999 - Franjo Tuđman, president van Kroasië (Gebore 1922)
[wysig] Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Die Nobelprys-sermonie, 'n offisiële vlagdag in Swede.
- Menseregtedag soos ingestel deur die VN.
- Feesdag van Pous Miltiades in die Rooms-Katolieke Kerk. (Party bronne gee 10 Januarie).
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |