11 Desember
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
11 Desember is die 345ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (346ste in skrikkeljare). Daar volg nog 20 dae in die res van die jaar.
<< | Desember 2007 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1205 - John Grey, die Biskop van Norwich, word verkies as die Aartsbiskop van Canterbury.
- 1792 - Koning Lodewyk XVI van Frankryk word verhoor vir verraad.
- 1901 - Guglielmo Marconi stuur die eerste transatlantiese radiosein, vanaf Cornwall, Engeland na Newfoundland, Kanada.
- 1917 - Litaue verklaar sy onafhanklikheid.
- 1931 - Die Statuut van Westminster gee volkome wetlike onafhanklikheid aan Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Ierland en Newfoundland.
- 1937 - Eduard VIII se abdikasie as koning van die Verenigde Koninkryk tree in werking.
- 1941 - Italië verklaar oorlog teen die Verenigde State.
- 1958 - Bo-Volta verklaar onafhanklikheid van Frankryk.
- 1972 - Apollo 17 land op die Maan.
- 1981 - Javier Pérez de Cuéllar van Peru word die Sekretaris-Generaal van die VN.
- 1994 - Boris Jeltsin stuur Russiese soldate in Chechnië in.
- 2001 - Die Republiek van Sjina sluit hom aan by die Wêreldhandelsorganisasie.
[wysig] Geboortes
- 1475 - Pous Leo X († 1521).
- 1803 - Hector Berlioz, komponis († 1869).
- 1843 - Robert Koch, bakterioloog en 1905 Nobelpryswenner († 1910).
- 1882 - Max Born, fisikus en 1954 Nobelpryswenner († 1970).
- 1882 - Fiorello LaGuardia, burgemeester van New York († 1947).
- 1911 - Naguib Mahfouz, Egiptiese skrywer, 1988 Nobelpryswenner.
- 1912 - Carlo Ponti, Italiaanse filmvervaardiger.
- 1918 - Aleksandr Solzhenitsyn, Russiese skrywer, 1970 Nobelpryswenner.
- 1925 - Paul Greengard, wetenskaplike, 2001 Nobelpryswenner.
- 1943 - John Kerry, VSA politkus en Demokratiese partykandidaat vir die 2004 VS presidensiële verkiesing.
- 1950 - Christina Onassis skeepsmagnaat († 1988).
[wysig] Sterftes
- 384 - St. Damasus, Pous.
- 1920 - Olive Schreiner, skrywer (Gebore 1855).
[wysig] Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Tangodag, Buenos Aires.
- Feesdag van Pous Damasus I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |