Lys van Suid-Afrikaanse staatshoofde
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inhoud |
[wysig] Goewerneur-generaal
Die Britse koning(in) was die staatshoof van die Unie van Suid-Afrika vanaf 1910 tot 1961. Hy/sy is deur 'n goewerneur-generaal verteenwoordig. Aanvanklik is die goewerneur-generaal deur die Britse regering gekies, maar vanaf 1937 is hy deur die Suid-Afrikaanse regering benoem. Hy was 'n seremoniële staatshoof: die regeringshoof was die eerste minister.
- 1910-1914: Burggraaf Gladstone van Lanark (1854-1930)
- 1914-1920: Graaf Buxton van Newtimber (1853-1934)
- 1920-1923: Prins Arthur van Connaught (1883-1938)
- 1924-1930: Graaf van Athlone (1874-1957)
- 1931-1937: Graaf van Clarendon (1877-1955)
- 1937-1943: Sir Patrick Duncan (1870-1943)
- 1943-1945: Nicolaas de Wet (1873-1960) (waarnemend)
- 1946-1950: Gideon Brand van Zyl (1873-1956)
- 1951-1959: Dr Ernest Jansen (1881-1959)
- 1960-1961: Charles Robberts Swart (1894-1982)
[wysig] Staatspresident
Toe Suid-Afrika in 1961 'n republiek geword het, is die koningin en die goewerneur-generaal deur 'n seremoniële staatspresident vervang. Hy is deur die parlement verkies, vir 'n ampstermyn van sewe jaar, en in die praktyk was die regerende party se kandidaat altyd verkies. Met die afskaffing van die amp van eerste minister in 1984 het die staatspresident ook regeringshoof geword, en sy ampstermyn was daarna dieselfde as dié van die parlement wat hom verkies het ('n maksimum van vyf jaar). In die praktyk, was hy die leier van die regerende party.
- 1961-1967: Charles Robberts Swart (1894-1982)
- 1967-1968: Jozua 'Tom' Naudé (1889-1969) (waarnemend)
- 1968-1975: Jacobus 'Jim' Fouché (1898-1980)
- 1975-1978: Dr Nicolaas Diederichs (1903-1978)
- 1978-1979: Balthazar 'John' Vorster (1915-1983)
- 1979-1984: Marais Viljoen (1915-2007)
- 1984-1989: Pieter 'PW' Botha (1916-2006) - NP
- 1989-1994: Frederik 'FW' de Klerk (geb 1936) - NP
Vanaf 1981 tot 1984 was daar 'n vise-staatspresident, wat voorsitter was van die destydse Presidentsraad:
[wysig] President
Die staatspresident is in 1994 met 'n president vervang. Soos sy voorganger is hy beide staatshoof en regeringshoof, en hy word deur die parlement verkies vir 'n ampstermyn wat saamval met dié van die parlement self. In die praktyk is hy die leier van die party met die meerderheid van die setels in die parlement.
- 1994-1999: Nelson Mandela (geb 1918) - ANC
- 1999- : Thabo Mbeki (geb 1942) -ANC
Die president word bygestaan deur 'n adjunk-president. Van 1994 tot 1996 was daar twee: een benoem deur die meerderheidsparty en een deur die grootste minderheidsparty. Sedert 1996 is daar slegs een, wat deur die president aangestel word.
- 1994-1999: Thabo Mbeki (geb 1942) - ANC
- 1994-1996: Frederik 'FW' de Klerk (geb 1936) - NP
- 1999-2005: Jacob Zuma (geb 1942) - ANC
- 2005- : Me Phumzile Mlambo-Ngcuka (geb 1955) - ANC
Afkortings vir politieke partye:
- ANC: African National Congress
- NP: Nasionale Party