See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Charles Robberts Swart - Wikipedia

Charles Robberts Swart

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Charles Robberts Swart

Ampstermyn
31 Mei 1961 – 1 Junie 1967[1]
Opgevolg deur Jozua François Naudé

Ampstermyn
26 November 1959 – 7 Desember 1959[1]
Voorafgegaan deur Lucas Cornelius Steyn
Opgevolg deur Amp afgeskaf
Ampstermyn
26 November 1959 – 7 Desember 1959[1]

Gebore 5 Desember 1894
Winburg, Oranje Vrystaat
Sterfte 16 Julie 1982
Politieke party Nasionale Party

Charles Robberts Swart (Winburg, 5 Desember 189416 Julie 1982[2]) was die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika van 1960 tot 1961, en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika, van 1961 tot 1967.

Inhoud

[wysig] Kinderjare

C.R. Swart is gebore op die plaas Morgenzon in die Winburgdistrik in die Republiek van die Oranje-Vrystaat. Hy was die seun van Hermanus Bernardus Swart en Aletta Catharina Swart (neé Robberts). Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) is Swart se vader gevange geneem en is die jong seun saam met sy moeder en die ander kinders op die plaas in die konsentrasie kamp by Winburg aangehou vir die res van die oorlog.[2]

Swart was 'n skrander kind en het op dertienjarige ouderdom in Winburg gematrikuleer. Toe hy vyftien was is hy as magistraatsklerk in Winburgaangestel nadat hy as te jonk vir toelating tot 'n universiteit gesien is.

[wysig] Studies en Loopbaan in die Onderwys en Regte

In 1910 het hy by die Grey University College (later die Universiteit van die Oranje-Vrystaat) ingeskryf waar hy in 1912 'n BA graad behaal het. Na sy aanvanklike studies het hy as onderwyser te Ficksburg gewerk van 1914 tot 1915. Tydens die 1914 Rebellie is hy in hegtenis geneem en het hy twee keer voor die militêre raad verskyn op 'n aanklag van spioenasie en dat hy van plan was om aan te sluit by die rebelle. Hy is later vrygelaat en toegelaat om aan te hou onderwys gee, maar is onder huisarres geplaas.[2]

Van 1915 tot 1918 het Swart sy studies in regte voortgesit en in 1918 'n LL.B. behaal terwyl hy ook as sekretaris van die eksaminasieraad van die Oranje-Vrystaat provinsie opgetree het. In 1918 het hy regassistent vir die Bloemfontein munisipaliteit geword. Van 1919 tot 1948 het hy as advokaat in die Hooggeregshof in Bloemfontein gewerk terwyl hy deeltydse dosent in regte by die Grey University College en in landbouwet by die Glen Agricultural College (1918-1921) buite die stad was.[2]

Van 1921 tot 1922 het hy by die Universiteit van Columbia in die VSA 'n diploma in joernalisme studeer. Tydens sy verblyf in die VSA het hy 'n boheemse lewe gelei en onder andere op parkbankies geslaap, op straathoeke gesing om geld te verdien en selfs in a film opgetree. In 1921 het hy Die Burger by die Wêreldontwapeningskongres in Washington verteenwoordig waarna hy 'n studietoer van die VSA, die Verenigde Koninkryk, Nederland en België onderneem het.[2]

[wysig] Politieke loopbaan

As 'n stoere republikein was hy 'n lid van die Nasionale Party (NP) sedert die stigting daarvan in 1914. In 1919 het hy hoofsekretaris van die party in die Vrystaat geword en in 1920 staan hy vir die party in Bloemfontein-Wes in die provinsiale verkiesing. In 1923 wen hy die Ladybrand kiesafdeling vir die Nasionale Party en verteenwoordig die setel vir die volgende vyftien jaar. In die volksraad word hy hoofsweep vir die Nasionale Party. Hy verloor sy setel in die 1938 verkiesing.

Na die samesmelting van die NP onder J.B.M. Hertzog en die Suid-Afrikaanse Party (SAP) onder Jan Smuts sluit hy in Desember 1934 by die Gesuiwerde National Party (GNP) van Dr D.F. Malan aan. In 1935 word hy tot die Federale Raad van die GNP verkies en as hoofsweep van die Vrystaat. Swart was soos meeste van sy partygenote 'n lid van die Afrikaner-Broederbond (AB). Swart het ook 'n lid van die Ossewa-Brandwag (OB) geword kort na die stigting daarvan in Februarie 1939. Swart bedank egter later as gevolg van die OB se reaksionêre beleid en anti-parlementarisme.

Swart was betrokke by die samesprekings met Hertzog na die se breuk met Smuts in 1939 oor die neutraliteitsvraagstuk tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die samesprekinge het gelei tot die vorming van die Herenigde Nasionale Party wat later as die Nasionale Party sou bekend staan.

Hy is as Minister van Justisie aangestel toe die NP in 1948 aan bewind gekom het en was in die rol verantwoordelik vir wetgewing wat die magte van die Suid-Afrikaanse Polisie versterk het om anti-apartheid aktiwiteit te onderdruk.

Swart is in 1960 Goewerneur-Generaal aangestel. Soos sy voorganger, Dr Jansen, het hy geweier om die oath of allegiance aan Koningin Elizabeth II af te lê of die seremoniële uniform van die amp te dra. In 'n referendum later daardie jaar onder die wit minderheid kiesers is 'n regeringsvoorstel om 'n republiek te stig aanvaar. In 1961, na ondertekening van die nuwe republikeinse grondwet wat deur die parlement aanvaar is, het hy die Britse koningin gevra om hom van die pos te onthef en het die Parlement hom as Staatspresident verkies, die nuwe pos wat die Britse monarg en die goewerneur-generaal as seremoniële staatshoof vervang het.

Alhoewel hy tot 'n sewe-jaar termyn verkies is, het Swart slegs ses jaar gedien toe hy in 1967 afgetree het. Hy is in 1982 oorlede. Swart was algemeen bekend as "Blackie" van die Engelse woord vir swart.

Vooraf gegaan deur:
Lucas Cornelius Steyn
Goewerneur-Generaal van Suid-Afrika
1959–1961
Opgevolg deur:
Vooraf gegaan deur:
Staatspresident van Suid-Afrika
1961–1967
Opgevolg deur:
Jozua François Naudé


Goewerneurs-Generaal van die Unie van Suid-Afrika
Die Burggraaf Gladstone | Die Burggraaf Buxton | HRH Prince Arthur van Connaught | Die Graaf van Athlone | Die Graaf van Clarendon | Sir Patrick Duncan | Nicolaas Jacobus de Wet | Gideon Brand van Zyl | Ernest George Jansen | Lucas Cornelius Steyn | Charles Robberts Swart
Presidente van Suid-Afrika
 1961-1994  seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk
 1994–  Nelson Mandela | Thabo Mbeki


[wysig] Verwysings

  1. ^ 1,0 1,1 Die Presidensie Former Heads of State, Former Heads of Government and Former Governors-General and their Deputies, Besoek op 31 Maart 2007
  2. ^ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 SA History Charles Robberts (Blackie) Swart 1894 -1982, Besoek op 31 Maart 2007


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -