See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Unie van Suid-Afrika - Wikipedia

Unie van Suid-Afrika

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Unie van Suid-Afrika is gevorm op 31 Mei 1910 toe die ou Kaapkolonie en Natalkolonie saamgesmelt het met die oorwonne Suid-Afrikaanse Republiek en Oranje Vrystaat (hernoem na die Oranjerivierkolonie) ná die Boere-oorlog. Die verskeie dele was daarna onderskeidelik bekend as die Kaapprovinsie, Natalprovinsie, Transvaal en die Oranje Vrystaat.

[wysig] Geskiedenis

Anders as Kanada en Australië was die Unie 'n unitêre staat, eerder as 'n federasie, met elke kolonie se parlemente wat ontbind en vervang is deur provinsiale rade. Daar was 'n tweekamerparlement, bestaande uit die Volksraad en die Senaat wat grootliks verkies is deur die land se blanke minderheid.

As gevolg van verskille oor waar die Unie se hoofstad moes wees, is 'n middeweg gevind wat gelei het tot die setel van die regering wat in Pretoria in die Transvaal sou wees, die setel van die parlement in Kaapstad in die Kaapprovinsie en die wetgewende setel in Bloemfontein in die Oranje Vrystaat. Pietermaritzburg, die hoofstad van Natal, het vergoeding ontvang. Hierdie ooreenkoms staan tot vandag, met regeringsministers, burgerlike dienaars en diplomate wat elke jaar van Pretoria na Kaapstad trek so lank as wat die Parlement in sitting is, en terug Pretoria toe wanneer dit nie is nie.

As 'n selfregerende dominium van die Britse Ryk, en later die Statebond, het die Unie onder die Britse Kroon gebly, wat in Suid-Afrika deur 'n Goewerneur-Generaal verteenwoordig is. Uiteindelike mag was deur die Eerste Minister uitgeoefen. Louis Botha, voorheen 'n Boere-generaal, was die eerste Eerste Minister van die Unie, en het 'n koalisie gelei wat blanke Afrikaner- en Engelssprekende gemeenskappe verteenwoordig het.

Die Unie van Suid-Afrika het die Republiek van Suid-Afrika geword op 31 Mei 1961 en het die Statebond verlaat ná weerstand teen sy apartheidsbeleid.

Hier volg 'n volledige lys van die Eerste Ministers van die Unie van Suid-Afrika (1910-1961)

[wysig] Die vorming van die Unie van Suid-Afrika

Hoofartikel: Uniewording.

Ingevolge die vredesvoorwaardes van die Verdrag van Vereeniging wat op 31 Mei 1902 onderteken is, het Transvaal en die Oranje-Vrystaat Britse kolonies geword. In 1906 en 1907 onderskeidelik het hulle egter selfregerende kolonies geword, elk met sy eie konstitusie. In 1910 het Suid-Afrika 'n volwaardige unie geword met die vier kolonies (Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en Kaap) as provinsies. Die Zuid-Afrikaansche Party het die eerste verkiesing gewen en die voormalige boeregeneraal Louis Botha het eerste minister van die Unie van Suid-Afrika geword.

Van 1870, toe die diamantstormloop in Kimberley begin het, tot 1902, toe die Suid-Afrikaanse Oorlog geëindig het, het die Suid-Afrikaanse ekonomie groot veranderinge ondergaan. Die land het gegroei tot 'n onafhanklike ekonomiese moondheid met landbouprodukte soos wyn en wol, en 'n groot uitvoerder van minerale en edelgesteentes. Hierdie ontwikkelinge het gepaard gegaan met grootskaalse verstedeliking en industrialisasie.

Sedert die Suid-Afrikaanse Oorlog het verskillende politieke partye in Suid-Afrika ontstaan waarin die Afrikaners 'n belangrike rol gespeel het soos in die onderstaande tabel aangedui word:

Stigtingsdatum Naam van party Leier of leiers Ondersteuners
1910 Zuid-Afrikaansche Party Louis Botha Afrikaners
1910 Arbeidersparty Sampson en Creswell Wit werkers
1910 Unioniste Jameson Engelssprekendes
1911 Suid-Afrikaanse Party Louis Botha Afrikaners
1912 South African Native National Congress Seme Swartmense en Kleurlinge
1914 Nasionale Party James Hertzog Afrikaners

In 1948 het die Nasionale Party die verkiesing gewen en aan bewind gekom. Dr. D.F. Malan was die leier van die party. 'n Beleid van streng apartheid is toegepas en die party se drie hoofdoelstellings was as volg:

  • Die politieke mag in Suid-Afrika moes in die hande van die Afrikaner bly.
  • Alle bande wat Suid-Afrika met Brittanje gehad het, moes verbreek word sodat die Afrikaner as 'n outonome volk kon bestaan.
  • 'n Beleid van streng apartheid sou toegepas word ten einde die verskillende rassegroepe apart te hou en te sorg dat die Afrikaner in beheer bly.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -