James Hertzog
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
James Barry Munnik Hertzog, (gebore op 3 April 1866 naby Wellington, Kaapkolonie - sterf op 21 November 1942 in Pretoria) beter bekend as Generaal Hertzog (1866-1942) was die Eerste Minister van Suid-Afrika van 1924 tot 1939.
In die algemene verkiesing van 1924, het sy Nasionale Party die Suid-Afrikaanse Party van Jan Smuts oorwin en het daarna die regering geword. In 1934, het die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party saamgesmelt om die Verenigde Party te vorm.
Hertzog was 'n Republikein wat sterk geglo het aan die bevordering van die onafhanklikeid van die Unie van Suid-Afrika van die Britse Ryk. Sy regering het die Statuut van Westminster in 1931 goedgekeur, en in 1937 toe Koning Edward VIII geabdikeer het as Koning van die Verenigde Koninkryk (en dus ook as die Koning van Suid-Afrika), het Hertzog daarop aangedring dat hierdie besluit "goedgekeur" word deur die Suid-Afrikaanse Parlement deur daaroor te stem. In 1939, het die Verenigde Party geweier om Hertzog se stand oor neutraliteit tydens Die Tweede Wêreldoorlog en het van hom ontslae geraak ten gunste van Smuts.
[wysig] Generaal Hertzog
Hertzog was 'n Suid-Afrikaanse generaal, en in 1907-10 was hy die Direkteur-Generaal en Direkteur van Opvoedkunde in die Oranje Rivier Kolonie. Sy aandrange dat Nederlands sowel as Engels in skole geleer word is met bitter opposisie ontmoet. Hy is ook aangestel as Minister van Justisie in die nuwe nasie wat gevorm is op 31 Mei, 1910 bekend as die Unie van Suid-Afrika. Hy het hierdie amp volgestaan tot 1912. Sy antagonisme teenoor imperialisme en teenoor Premier Botha het gelei tot 'n ministeriële krisis. In 1913 het hy 'n wegbreek-aksie van die Ou Boer en anti-imperialistiese deel van die Suid-Afrikaanse Party gelei.
Met die uitbreuk van die Suid-Afrikaanse rebellie in 1914, het hy neutraal gebly en geen van die twee kante geopponeer nie. In die jare na die oorlog het hy die opposisie gelei teen die regering van Generaal Jan Smuts.