Britse Ryk
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die voormalige Britse Ryk (Engels): British Empire) is die grootste koloniale ryk wat ooit in die geskiedenis bestaan het en word deur 'n groot aantal kolonies op alle vastelande gevorm. Aan die begin van die 20ste eeu oorheers Groot-Brittanje meer as twee vyfdes van die wêreld se landoppervlakte, die vier destydse provinsies van Suid-Afrika ingesluit, met 'n bevolking van sowat 500 miljoen mense of 'n kwart van die destydse wêreldbevolking. Die feit dat Engels nog steeds die belangrikste internasionale verkeerstaal is, het onder meer te make met die groot rol wat Brittanje in die moderne geskiedenis gespeel het.
Die term "British Empire" is deur John Dee ingevoer, die astroloog, alchemis en wiskundige van koningin Elisabeth I.
Kolonialisme |
---|
Amerikaanse kolonies | Belgiese kolonies | Britse Ryk | Deense Ryk | Koerse kolonies | Nederlandse kolonies | Ryk van Japan | Franse koloniale Ryk | Duitse koloniale Ryk | Italiaanse Ryk | Noorse kolonies | Portugese Ryk | Russiese Ryk | Spaanse Ryk | Sweedse Ryk |