See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Marais Viljoen - Wikipedia

Marais Viljoen

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Marais Viljoen

Ampstermyn
4 Junie 1979 – 3 September 1984[1]
Voorafgegaan deur Balthazar Johannes Vorster
Opgevolg deur Pieter Willem Botha (uitvoerende Staatspresident)

Gebore 2 Desember 1915
Robertson, Wes-Kaap
Sterfte 4 Januarie 2007
Pretoria Gauteng
Politieke party Nasionale Party

Marais Viljoen (2 Desember 1915, Robertson4 Januarie 2007, Pretoria) het tussen 4 Junie 1979 en 3 September 1984 as Suid-Afrika se laaste seremoniële (nie-uitvoerende) staatshoof gedien. Die posisie is met die grondwetwysiging van 1983 verander in een met uitvoerende magte. Hy is opgevolg deur P. W. Botha. Hy het voorheen waargeneem as staatspresident tussen 21 Augustus 1978 en 10 Oktober 1978, waarna B.J. Vorster tot die posisie verkies is.

Viljoen is op 2 Desember 1915 as die jongste van ses kinders op die plaas Takkap buite Robertson in die Wes-Kaap gebore en het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad skoolgegaan. Hy moes weens geldnood sy skoolloopbaan kortknip, maar het later sy matriek buitemuurs voltooi.

Hy het by die Maitland-poskantoor as telegrafis begin werk en was later ’n vertaler by die Poskantoor se hoofkantoor in Pretoria. Op 1 Oktober 1937 het hy hom as verslaggewer aangesluit by Die Transvaler, wat toe onder die redakteurskap van H.F. Verwoerd was.

Op 20 April 1940 is hy met Dorothea Maria (Marietjie) Brink, ’n musiekonderwyseres en boorling van Potchefstroom, getroud. Hulle het 'n dogter, Elna Meyers, gehad. Brink is in 2005 oorlede.

Viljoen was van 1958 Volksraadslid vir Alberton en het later onder meer gedien as adjunkminister van arbeid en mynwese (1958-1966), minister van arbeid en kleurlingsake (1966-1970), minister van arbeid en pos- en telekommunikasiewese (1970-1976), en ook as president van die Senaat (1976-1979). Hy was tussen Augustus en Oktober 1978 vir twee maande waarnemende Staatspresident na die afsterwe van Nicolaas Johannes Diederichs voor John Vorster president geword het.[1]

Viljoen is op 4 Januarie 2007 in Pretoria aan hartversaking oorlede. [1] [2] In terme van regeringsbeleid is 'n staatsbegrafnis op Saterdag 13 Januarie gehou wat bestaan het uit 'n gedenkdiens in Pretoria en 'n teraardebestelling in in Bloemfontein wat volgens die familie se versoek beperk is in skaal. Adjunk President Phumzile Mlambo-Ngcuka het die begrafnisdiens namens President Thabo Mbeki bygewoon.[3]

[wysig] Verwysings

  1. ^ 1,0 1,1 1,2 Mail & Guardian, Former state president Marais Viljoen passes away, Besoek op 1 April 2007
  2. ^ Die Burger Marais Viljoen ‘het die lewe gevier’, Besoek op 1 April 2007
  3. ^ SA Regering inligting, Funeral of former State President, Marais Viljoen, Besoek op 1 April 2007
Vooraf gegaan deur:
Balthazar Johannes Vorster
President van Suid-Afrika
1979–1984
Opgevolg deur:
Pieter Willem Botha (uitvoerende Staatspresident)
Presidente van Suid-Afrika
 1961-1994  seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk
 1994–  Nelson Mandela | Thabo Mbeki


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -