See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Gauteng - Wikipedia

Gauteng

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Gauteng
Image:Guateng coa.png
Oppervlak 17 010 vk km
Bevolking (2001) 8 837 172
Bevolkingsdigtheid 519,5 / vk km
Tale Zoeloe (21,5%)
Afrikaans (14,4%)
Sotho (13,1%)
Engels (12,5%)
Etniese verdeling Swart (73,8%)
Blank (19,9%)
Kleurling (3,8%)
Asiër (2,5%)
Hoofstad Johannesburg
Premier
Mbhazima Shilowa
(ANC)
Die ligging van Gauteng

Gauteng is die provinsie van Suid-Afrika met die hoogste bevolkingskonsentrasie en sterk nywerheidsontwikkeling. Die vernaamste stede is Pretoria en Johannesburg.

Gauteng is voorheen die PWV genoem (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging). Die naam Gauteng is 'n Sotho-woord wat "Plek van goud" beteken en is 'n ontlening aan Afrikaans "goud". Die provinsie het in Mei 1994 tot stand gekom toe die ou provinsie Transvaal in vier verskillende provinsies verdeel is.

Die provinsiale hoofstad Johannesburg is die grootste stad in Suid-Afrika. Pretoria, sowat 50 km noord van Johannesburg, is Suid-Afrika se administratiewe hoofstad. Nog belangrike plekke is Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Germiston, Heidelberg, Krugersdorp, Randburg, Roodepoort, Springs, Vanderbijlpark en Vereeniging.


Inhoud

[wysig] Demografie

Tale in Gauteng.
Tale in Gauteng.
  • Bevolking (2001-sensus): 8 837 178. Gauteng is die Suid-Afrikaanse provinsie met die naasmeeste mense (na KwaZulu-Natal) en die provinsie met die grootste bevolkingsdigtheid.
  • Tale: Zoeloe (21,5%), gevolg deur Afrikaans (14,4%), Sotho (13,1 %) en Engels (12,5%).

[wysig] Geografie

  • Oppervlakte: Sowat 18 810 vk. km (volgens oppervlakte die kleinste Suid-Afrikaanse provinsie).

[wysig] Ligging en topografie

Gauteng lê sowat 1740 m bokant seespieël en grotendeels op die Hoëveldse plato. Dit word deur vier ander provinsies omring: Noordwes aan die westekant, Limpopo in die noorde, Mpumalanga aan die oostekant en die Vrystaat in die suide. Die Witwatersrand met sy baie rante en heuwels, wat nagenoeg 80 km ver deur die middel van die provinsie loop, is die goudstreek met Johannesburg as kern. Geologies vorm die Witwatersrand die waterskeiding vir die Vaalrivier en die Limpopo, maar Gauteng het geen groot riviere buiten die Vaal nie. Soos in baie dele van Suid-Afrika is droogtes nie ongewoon nie, en die provinsie is in 'n groot mate van die Vaaldam afhanklik vir betroubare watervoorsiening.

[wysig] Ekonomie

Gauteng het allereers sy huidige rykdom aan goud te danke, maar die provinsie is vandag ook die land se ekonomiese kragsentrale. Nagenoeg twee derdes van Suid-Afrika se ekonomiese bedrywighede vind hier plaas, terwyl vier uit elke tien van die land se fabrieksprodukte hul oorsprong in Gauteng het. Yster en staal word in groot maat geproduseer, met talle fabrieke wat baie verskillende produkte vervaardig. Op die koop toe lewer die Rand uraan. Die provinsie het gevolglik 'n sterk stedelike karakter, maar daar is tog ook plase wat onder meer vleis, melk, mielies en groente lewer.

[wysig] Bronne


Provinsies van Suid-Afrika Flag of South Africa
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -