See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Swem in Suid-Afrika - Wikipedia

Swem in Suid-Afrika

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Inhoud

[wysig] Swem in Suid-Afrika

Suid-Afrika is 'n warm, sonnige land, met 'n lang kuslyn en baie swembaddens. Reeds in die 19de eeu begin die ontwikkeling van swem as 'n sport, met die stigting van klubs, soos die PE Amateur klub in Port Elizabeth, wat in Maart 1898 gestig word vir die "ontwikkeling van swem en waterpolo deur middel van kompetisie"[1], en vandag nog bestaan.

[wysig] Die geskiedenis van internasionale swem in Suid-Afrika

Die Groen en Goud
Die Groen en Goud

[wysig] SAASU

Die Suid-Afrikaanse Swem Unie is in 1908 gestig en die volgende jaar deur FINA - die wêreld beheerliggaam -[2] as lid aanvaar.

Harry Getz
Harry Getz

Op daardie stadium was daar nog geen provinsiale organisasies nie. Die nasionale het liggaam het bestaan uit provisiale liggame wat jaarliks in vier watersport kompeteer het - naamlik swem, waterpolo (om die Currybeker), duik en sierswem.

Suid-Afrika was aktief in die werkinge van FINA. Harry Getz, voormalige voorsitter van SAASU en 'n waterpolo speler vir die WP, was in 1954 tot die Tegniese Kommittee van FINA aangewys - die eerste Suid-Afrikaner wat op 'n FINA kommittee dien. Hy was die Hoofbeampte van swem[3] tot beide die 1964 Tokoyo and 1968 Mexico City Olipiese Spele - ten spyte van die verbod op Suid-Afrikaanse deelnemers aan daardie kompetities. Saam met die afskaffing van SAASU in 1994 het die toekenning van Springbok kleure aan swemmers ook verdwyn. Die huidige beheerliggaam staan bekend as 'Swimming South Africa' [4]. Die nuwe bedeling beteken dat internasionale kompetisies, soos die FINA Wêreld Beker [5]wat jaarliks in Durban plaasvind, nou gereeld in SA plaasvind.

[wysig] Die Vroeë jare

Net soos Rugby, en elke ander sport in Suid-Afrika, het swem ook die Springbok baadjie aan internasionale verteenwoordigers toegeken.

Die eerste Springbok swemmer in die Olimpiese spele was was G.A. Godfrey in die 1912 Spele te Stockholm, en Barbara Nash by die 1920 Spele in Antwerpen. Beide het ongelukkig geen finale behaal nie, maar in die 1928 Spele in Amsterdam het die dames 4 x 100m Vryslag Aflos span van Kathleen Russell, Rhoda Rennie, Marie Bedford en Frederica Van Der Goes die brons medale losgeslaan, na die spanne van die VSA en Engeland.

In 1932 by Los Angeles was Jenny Makaal die eerste dame Springbok om 'n swem-medalje by die Spele te wen, toe sy 'n brons wen in die 400m vryslag, en kom 5de in die 100m met 'n tyd van 1:10.8. Maakal was afgerig deur Jimmmy Green, opsigter van die munisipale swembad in Pretoria. Sy wen ook silwer in die 440y kruipslag by die 1934 Empire Spele in Engeland.

Die 1938 Empire Spele was gehou in Sydney, Australië. Carla Gerke wen silwer in die dames 220y borsslag die dames is tweede in die 3 x 100y wisselslag aflos. Die enigste sukses vir die mansspan was Terry Collard se silwer in die 110y kruipslag item. By die volgende Empire Spele, gehou in Auckland, Neeu Seeland, wen Graham Johnston goud in die 1650y kruipslag, met Joan Harrison goud in 440 en brons in 110y kruipslag.

Die volgende Olimpiese sukses vir Suid-Afrika was behaal deur Joan Harrison, toe nog net 'n sestien-jarige meisie, wie die goue medalje in die 100 rugslag gewen by die 1952 Olimpiese Spele gehou in Helsinki. Haar wentyd van 1:14.3 was egter wel heelwat stadiger as die rekord van 1:10.9 wat in 1939 deur Cornelia Kint van Nederland opgestel was, welke rekord eers in 1960 verbeter is.

By die 1956 Spele in Melbourne wen die Dames 4x100 vryslag aflos die brons medalje - Natalie Ann Myburgh, Susan Elizabeth Roberts, Miora Abernethy and Jeanette Evelyn Myburgh, met die goud gewen deur Australië, gelei deur Dawn Fraser, en die VSA tweede.

Vandag word die nasionale swemmers nog steeds Springbokke genoem, gewoonlik deur buitelandse swem joernaliste. Die Suid-Afrikaanse mans span wat die 4 x 100 vrysalg aflos gewen het op 15 Augustus 2004 tydens die Athene Olimpiese Spele - Roland Schoeman, Ryk Neethling, Lyndon Ferns en Darian Townsend - word gereeld die 'Springbokke' genoem. [6][7][8]

[wysig] Die 1950's

Julian Dyason was die SA en VSA borsslag kampioen in 1952, terwyl hy 'n student was by die universiteit van Oklahoma. Buill Steuart Michigan State.

(Meer navorsing nodig)

[wysig] Die sestiger jare

Karen Muir
Karen Muir

By die Britse Junior Swemkampioenskappe gehou in Blackpool op 10 Augustus 1965 breek Karen Muir[9] van Kimberley die wêreld rekord in die 110 tree ruglag met sewe tiendes van 'n sekonde. Op ouderdom van 12 jaar, 10 maande en 25 dae, bly sy vandag nog die jongste atleet om 'n wêreld rekord in enige sport optestel.

Muir se rekord was die volgende Februarie 1966 verbeter - in Kimberley, deur Anne Fairlie van Suid-Afrika. Daarna was dit weer Muir se beurt - een week later in Maart 1966 sy die 100m rekord twee keer verbeter in die Rachel Finlayson soutwater swembad in Durban. Op die tweede geleentheid het die veld bestaan uit Anne Fairlie nie, asook Kathy Ferguson van die VSA - goue medalje wenner by die 1964 Olimpiese Spele in Tokoyo, en Kiki Caron van Frankryk -'n voormalge wêreld rekord houer.

Gedurende die noordelike somer van 1966 toer die Springbokke na Europa, Amerika en Kanada. Op 23 Julie 1966 te Beziers in Frankryk stel Anne Fairlie weer 'n nuwe rekord in die 100m en Karen Muir doen dieselfde in die 200m rugslag. Die twee herhaal die vertoning 'n maand later in Vancouver. Daarna stel Karen Muir op verskye geleenthede weer nuwe wêreld rekords - in die 100 sowel as 200m, met haar laaste rekord in die 100m by Utrecht op 6 Julie 1969. Tussen 1965 and 1969 breek sy 15 wêreld rekords in rugslag items, waarvan die laaste gehou het tot 1973, toe Ulrike Richter van Oos-Duitsland haar rekord van 1:05.9 in die 100m geklop het.

[wysig] Die '70s

Van 1968 tot 1981 swem die Springbokke jaarlikes teen Rhodesië - wat ook vanaf 1972 uit internasionale kompetisies geskors was. Rhodesië het tot 1980 as 'n ekstra provinsie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem, en swemmers van daardie land het oor die jare baie Suid-Afrikaanse rekords opgestel. Van diegene was John Keyter, Bob Hatherley; Ken Borain en Rod Hamilton.[10]

Gedurende hierdie tydperk - die 1970's, het Suid Afrikaanse swem verder gegroei. Die mees merkwaardige swemmer opgelewer van die dekade was Jonty Skinner van Oos-Londen. Afgerig deur sy vader Doug Skinner, het Skinner sukses behaal in die 100m vryslag by die 70ste Suid-Afrikaanse Swem Kampionskappe in Bloemfontein in 1974. Daarna is hy na die VSA en het hy by die Universiteit van Alabama en die Central Jersey Aquatic Club geswem. In die somer van 1976, na 'n onsuksesvolle poging om vroeg 'n Amerikaanse burgerskap te bekom en die land te verteenwoordig by die Olimpiese Spele in Montreal, swem hy by die Nasionale kampejoenskappe in Philidelphia. In Montreal wen Jim Montgomery (VSA) goud met 'n nuwe wêreld rekord vir die 100m vryslag opgestel - 49.99. In Philadelphia, twee weke later, verpletter Skinner die rekord met 49.44 - welke rekord eers in 1981 verbeter word. Vandag is hy die verbonde aan die nasionale span van die VSA, as direkteur van prestasie wetenskap.[11]

[wysig] Tagtiger jare

Na die 1980 Suid-Afrikaanse Senior kampejoenskappe in die Nuweland swembad in Kaapstad, swem Suid-Afrika vir oulaas teen Zimbabwe-Rhodesië.

Na onafhanklikheid van Zimbabwe en die verbreking van swembande met Suid-Afrika, het SAASU 'n groep swemmers vanaf die VSA en een van Kanada oorreed om teen die Springbokke kom swem. Gevolglik swem Scott Spann, Rick Morley, Billy Neville, Dianne Johannigman, Allison Grant en Gail Amundrud (Kanada) in April 1981 teen die beste swemmers in Suid-Afrika. In 1982 besoek 'n groter span, insluitende swemmers van Duitsland, Kanada en VSA, Suid-Afrika.

Op 4 Oktober 1988 stel Peter Williams van Suid-Afrika, toe 'n student aan die Universiteit van Nebraska, met 'n tyd van 22.18, 'n nuwe wêreld rekord in die 50m vryslag. Ongelukkig was die vertoning, net soos dié van Jonty Skinner in 1976, nooit deur die Suid Afrikaanse swem vereninging erken nie.

[wysig] 1992 - Terug op die wêreld verhoog

Suid-Afrika word in 1992 weer toegelaat om aan die Olimpiese Spele deelteneem. Peter Williams se rekord was reeds in 1988 by die Seoul Spele deur Matt Biondi met 0.04 sekondes verbeter.


[wysig] 1996 Atlanta Olimpiese Spele

Na Joann Harrison 1952 is die volgende keer dat Suid-Afrikaanse swemmers sukses behaal het in die Olimpiese Spele in Atlanta toe Penny Heyns van Durban 'n goue medalje wen op 21 Julie 1996. Haar wentyd van 1:07.02 was 'n nuwe wêreld rekord, en meer as twee sekondes vinniger as Amanda Beard (VSA) in tweede plek. Behalwe Heyns het Marianne Kriel van Kaapstad brons gewen in die 100m rugslag. Altwee was ook deel van die dames wisselsag aflosspan wat 'n vierde plek behaal het.

[wysig] Die 21st Eeu

Die 2000 Olimpiese Spele in Sydney en 2004 Spele in Athene lewer verdere bewyse van die krag in Suid Afrikaanse swem.

Bokke!
Bokke!

[wysig] Die Afrigters

Sonder bekwame afrigter sou min swemmers ooit hul potensiaal behaal. Wêreld-klas swemmers word deur wêreld-klas afrigters ontwikkel. Afrigters bly gewoonlik onbekend, selfs ongenoem, wanneer 'n prestasie deur die media gemeld word. Die geskiedenis van die sport is deurgans ook die geskeidenis die afrigters. Volg hierdie skakel na 'n artikel oor swem afrigers in Suid Afrika - [12]

[wysig] Toernooie

Die SA Swem Kampioenskappe word jaarliks aan die begin van die jaar gehou. Dit is die premier gala waaraan Suid Afrikaanse swemmers op inter-provinsiale vlak deelneem. Ander jaarlike kompetisies soos SA Skole - Junior en Senior - SA Winter Kampionskappe, Short Course Champs, Sasol Winter Kampioenskappe, en verskeie ander op inter-provinsiale flak. Met die algehele afskaffing van die tradisionele provinsies in SA - Natal, Transvaal, ens - was daar ook 'n verandering van die tradisionele jaarkalender van SA swem.

Behalwe die bogenoemde, kan swemmers in SA ook aan verskye lang-afstand resiese deelneem - onder andere die wêreld se grootste ope water een myl-swem, jaarliks gehou op die Midmar Dam in Noord Natal[13]. Die Midmar het in 1974 ontstaan, met 153 swemmers (almal mans), gewen deur Trevor Strydom. Teen die volgende jaar was daar 220 mans, en 105 dames, en meer as 17 000 het in 2005 deelgeneem. Nog 'n bekende, en heelwat ouer myl-swem is die Redhouse Rivier myl, in Port Elizabeth [14] wat in 1924 deur Roy Gregory gewen was. Die SA Ope Water Swem Vereeniging [15]en Cape Swim [16] verskaf informasie oor lang-afstand swem in SA.

[wysig] Die Exiles

In die 1950's begin Suid Afrika swemmers na Amerika verloor, uitgelok deur beter oefen fasiliteite en strawwer kompetisie. Daar word hulle deur universiteite met studie beurse beloon, in ruil vir verteenwoordiging in kompetisies soos die NCAA kampionskappe.[17] Die van die heel eerste sportlui om 'n beurs na 'n Amirikaanse Universiteit te wen was Graham Johnston van Bloemfontein, by die Universiteit van Oklahoma in 1951. Johnston is vandag een van die voorste deelnemers aan Meesters Swem, en was in 1993 deur die Interanational Swimmimng Hall of Fame vereer vir die menigde (41) wêreld meesters rekords wat hy opgestel het. [18]Sien vir 'n profiel. [19]

Baie swemmers het, soos Johnston, Amerikaanse burgerskap aangeneem, en nooit weer in SA kom deelneem nie. Oor die jare het dit 'n groot impak op die nasionale kampioenskappe gehad, soos die room van Suid Afrikaanse swem jaarliks na Amerika gelok word, en dan 'n leemte veroorsaak in plaaslike kompetisie. Voorbeelde daarvan strek van die voormalige 100m vryslag wêreld rekord houer Jonty Skinner van Oos London[20] tot Sarah Poewe, 'n Kaapse meisie wie Duitsland in die 2004 Olimpiese Spele verteenwoordig het.[21]

Hieronder volg die name van swemmers wat oorsee gaan swem het. Meeste van hulle het nooit teruggekeer nie. (Meer navorsing nodig)

1950's Graham Johnston (Oklahoma) Julian Dyason (Oklahoma) Billy Steuart (Michigan) Steven Mulholland (SMU) Lin Meiring (Oklahoma) Aubrey Burer (SMU) Alisdair (Tiny) Barnetson (SMU) Tudor Lacey (SMU) Peter Duncan (Oklahoma) Vernon Slovin (SMU)

[wysig] Sien ook

[wysig] Eksterne skakels

  • Swemmers van alle lande [22]
  • Alle Olimpiese deelnemers [23]
  • Swimming at the Olympic Games [24]
  • Swem Afrigters vanf suider Afrika [25]


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -