Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Stockholm - Wikipedia

Stockholm

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Stockholm

Kaart Wapen
Vlag
 Land Swede
 Provinsie Stockholms län
 Koördinate 59° 19' N, 18° 4' O
 Stigting 13de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 187 vk km
 Hoogte bo seevlak 15 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Desember 2007) 795 163
 - Bevolkingsdigtheid 4 252/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 932 763
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Kristina Axén Olin
 Amptelike Webwerf www.stockholm.se

Stockholm is die hoofstad en grootste stad van Swede met 'n oppervlakte van 187 vierkante kilometer en meer as 795 000 inwoners.

As die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land word Stockholm veral deur die kontras van land en water (die stad strek oor veertien eilande en lê digby 'n eilandgroep met sowat 24 000 klein eilandjies), historiese en moderne boukuns (die ou stadskern Gamla Stan is een van die grootste Middeleeuse stadsbuurte in Europa), landelike voorstede en besige sakesentrum, en die lange, helder nagte van die Skandinawiese somer en kort winterdae gekenmerk.

Riddarholmen en die ou stadskern Gamla Stan (Ou Stad)
Riddarholmen en die ou stadskern Gamla Stan (Ou Stad)

Vanweë sy ligging op veertien eilande word Stockholm dikwels ook die "Venesië van die Noorde" genoem; sy 13de eeuse stigter het 'n strategiese plek gekies waar die uitgestrekte Mälarmeer in die Oossee uitmond. Water beslaan sowat 'n derde van Stockholm se oppervlakte sodat brûe en jaghawens 'n belangrike bestanddeel van die stad geword het. 'n Doeltreffende omgewingsbeleid het verseker dat hengelaars selfs in die middestad van Stockholm salms kan vang - die stad se wateroppervlaktes pronk in die algemeen met drinkwaterkwaliteit. Danksy die invloed van die see en die warm Golfstroom het Stockholm 'n gematigde klimaat met aangename somers en sneeuvalle tussen Januarie en Maart.

Stockholm het lankal tot die belangrikste toeristebestemming in Skandinawië ontwikkel en vervul in baie opsigte 'n rol as die kulturele hoofstad van die Nordiese lande. Stockholm staan daarnaas internasionaal bekend as die moederstad van die Nobelprys.

Inhoud

[wysig] Etimologie

Die oudste verwysings na die stad, wat die naam Stockholm gebruik, dateer uit die 13de eeu en kom in twee Latynse dokumente van Julie 1252 en 19 Augustus 1252 voor. Daar word aangeneem dat die stadsnaam van die versterkings tussen die Mälarmeer en die Oossee afgelei is wat met boomstamme (Sweeds: trästockar) gebou is.

Volgens 'n ander teorie is die naam van die Oud-Sweedse woord stock afgelei wat letterlik "'n groep van" beteken het - Stockholm kan dus ook as "'n groep van eilande" vertaal word.

[wysig] Die naam in ander tale

Reeds in sy vroeë geskiedenis - die ontstaantydperk van die eerste skriftelike verwysings na Stockholm - het Finssprekende bewoners van die Botniese Golf se oostelike kusgebiede in die stad gevestig en dit Tukholma genoem (tukki is die Finse woord vir "boomstam"). Die groot aantal Duitssprekende inwoners het daarenteen die Sweedse benaming Stockhom bybehou.

In twee van Swede se amptelike minderheidstale, Meänkieli (Tornedal-Fins) en Samies, word Stockholm respektiewelik Stokholmi en Stockholbma genoem. In Latyn word 'n kort vorm, Holmia, as benaming vir Stockholm gebruik.

[wysig] Byname

Stockholm se talle byname sluit "Venesië van die Noorde" (Nordens Venedig), Eken ("Eikeboom"), "Pêrel van Europa" (Europas Pärla), Kungsbudane en "Koningin van die Mälarmeer" (Mälardrottningen) in. 'n Bekende skertsnaam is Noll-åtta ("Nul-agt").

Die munisipaliteit Stockholm bemark die hoofstadgebied sedert 2006 as The Capital of Scandinavia ("Die Hoofstad van Skandinawië") en wys daarop dat die stad homself as die natuurlike middelpunt van Skandinawië, sy ekonomiese sentrum en toonaangewende kultuurstad beskou. Die bynaam en bewerings, wat daarmee gepaard gaan, het besware van ander Skandinawiese hoofstede uitgelok.[1]

[wysig] Geografie

Stockholm se landskapsvorm het in die loop van die stad se geskiedenis as gevolg van Skandinawië se postglasiale opheffing sterk verander. Stadsdele, wat vandag deel van die vasteland uitmaak, was enkele honderd jaar gelede nog eilande.

Die oorgang van die Mälarmeer met sy soet water na die Oossee
Die oorgang van die Mälarmeer met sy soet water na die Oossee

'n Seeboesem van die Oossee omsluit die stad in die ooste met talle inhamme, landtonge en sowat 24 000 rotseilande (sogenaamde skere). Hierdie eilandgebied word in Sweeds Skärgården genoem.

Stockholm is by die uitmonding van die Mälarmeer (die Riddarfjärden) in die Oossee geleë. Die Mälarmeer strek oor 'n afstand van 120 kilometer in westelike rigting na die binneland. Slussen, 'n sluis in Stockholm se middestad, skei die Mälarmeer se soet water van die Oossee se soutwater in die ooste.

Water bedek sowat dertig persent van die stad se totale oppervlakte. Die Mälarmeer is Stockholm se hoofsaaklike drinkwaterbron, en danksy die hoë watergehalte kan 'n mens selfs in die stadsentrum vir salms hengel. Stockholm is op veertien eilande geleë wat deur 53 brûe met mekaar verbind word. Bosgebiede beslaan eweneens 'n groot deel van die stadsgebied.

'n Grintmorene, wat tydens die Ystydperk as gevolg van vergletsering ontstaan het en deur die Mälarmeer se uitloop deurbreek is, loop in noord-suidelike rigting. Die eilande in die stroom is oorblyfsels van hierdie bergrug.


Panorama oor die Stadshustornet ("Stadshuistoring")
Panorama oor die Stadshustornet ("Stadshuistoring")


[wysig] Verwysings

  1. ^ Dagsavisen: Stockholm forarger. 16 Maart 2006

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu