Kanada se nasionale rugbyspan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kanada | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Beeld:Canada Rugby team.jpg | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Unie | Rugby Canada | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Bynaam(e) | Canucks | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Afrigter | Ric Suggitt | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||
Eerste internasionale wedstryd | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Japan 9 - 8 Kanada (31 Januarie 1932) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Grootste oorwinning | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Barbados 3 - 71 Kanada (24 Junie 2006) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Grootste nederlaag | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Engeland 70 - 0 Kanada (13 November 2004) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Wêreldbeker | |||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Verskynings | 5 (Eerste in 1987) | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Beste uitslag | Kwarteindstryd, 1991 |
Die Kanadese nasionale rugbyspan verteenwoordig Kanada in internasionale rugby. Die span word bestuur deur Rugby Canada, en die span speel gewoonlik in rooi en swart. Kanada neem deel in kompetisies soos die Churchill-Beker en die Rugby Wêreldbeker. Die reuse grootte van Kanada beteken dat rugbytalent oor die land verstrooi is wat afrigters en keurders se taak bemoeilik. Die Kanadese klimaat is ook vir groot dele van die jaar in baie dele van die land nie geskik vir die speel van rugby nie.
Kanada speel reeds sedert die 1930's internasionale rugby en die land het sy debuut in 1932 teen Japan gemaak. Kanada het in elke Wêreldbeker deelgeneem sedert die toernooi vir die eerste keer in 1987 gehou is. Kanada se beste uitslag in die Wêreldbeker tot dusver was om die kwarteindstryd te bereik in 1991.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
[wysig] Beginjare
Rugby is in die 1860's deur immigrante, lede van die regimentsleërs en die Royal Navy in Halifax, Nova Scotia en Esquimalt, Brits-Kolombië na Kanada ingevoer.[1] Hoewel rugby aan beide kuste gefloreer het, is die eerste rugby wedstryd in Kanada waarskynlik in 1864 tussen artilleriesoldate Montréal gespeel. In 1864 het Trinity College in Toronto die eerste rugbyreëls in Kanada gepubliseer. Die eerste wedstryd aan die weskus is in 1876 op Vancouvereiland gespeel tussen lede van die vloot en leër wat op die eiland gestasioneer was. In 1889 is die eerste rugbywedstryd op die vasteland van Brits-Kolombië gespeel.[2] In 1874 het die eerste Noord-Amerikaanse internasionale wedstryd in Cambridge, Massachusetts tussen McGill en Harvard Universiteite plaasgevind. Later in die selfde jaar is 'n tweede wedstryd gespeel, maar die keer was Harvard die gashere en is die wedstryd volgens vroeë "Amerikaanse Voetbalreëls" gespeel. Vandag sit McGill Universitiet en Harvard Universiteit die tradisie van die oudste jaarlikse sportkompetisie in Noord-Amerika voort en ding hulle mee om die Covo-Beker, op alternerende wedstrydplekke elke November, volgens die oorsponklike reëls van rugbyvoetbal. McGill Universiteit kan dus aanspraak maak daarop om die oudste rugbyklub in Kanada te wees. Die oudste onafhanklike rugbyklub, wat steeds aktief is, is die Westmount Rugbyvoetbalklub.[3]. Die eerste provinsiale wedstryd is ook in 1874 tussen Ontario en Quebec gespeel.[1]
'n Kanadese Rugbyvoetbalunie is in 1884 gestig.[verwysing benodig] Die organisasie het egter in die Canadian Football League ontwikkel soos rugby in Kanada in Kanadese voetbal ontwikkel het. In 1889 is die Brits-Kolombië Rugbyunie gevorm. Dit is gevolg deur die stigting van die Halifax Voetbalklub aan dei ooskus in 1870. In die 1880's is baie ander klubs aan die oos- en weskus gevorm en in 1890 is die Maritime Provinsiesrugbyunie gevorm. In die Kanadese prairie-state is rugby tot Winnipeg beperk tot die 1880's toe die North West Mounted Police en die Moosomin klubs gevrom is om teen St. John's Kollege en Winnipeg te speel. In 1892 is die Manitoba Rugbyvoetbalklub gevorm en in die 1890's is die spel na Alberta en Saskatchewan deur die North West Mounted Police uitgevoer.[1]
In 1902–1903 het die eerste Kanadese span Brittanje besoek. Op 23 Oktober 1902 het Kanada teen Frankryk gespeel en gewen.[4] In 1909 het Lord Earl Grey, toe Goewerneur-Generaal van Kanada 'n trofee aan die CRU geskenk wat aan die Rugby voetbal Kampioenskap van Kanada toegeken moes word. Dié trofee het as die Grey Cup bekend geword. Die reëls in Kanada was egter geweldig verskillend van die reëls wat gebruik is lande wat deel was van die Internasionale Rugbyraad. In die jare wat gevolg het sou die CRU vorentoe aangee wettig maak en ander veranderings implementeer wat Kanadese voetbal 'n geheel en ander sport laat word het.
[wysig] Tussenoorlogse Tydperk
Gedurende die Eerste - en Tweede Wêreldoorlog is die speel van rugby onderbreek en van 1914 tot 1919 was daar slegs in Brits-Kolombië en Nova Scotia genoeg spanne wat aktief gebly het om op semi-gereelde basis wedstryde te speel. In die tussenoorlogse tydperk was daar in Kanada ietwat van 'n herlewing. In 1919 het 'n Canadian Services-span oorsee teen verteenwoordigers van Engeland, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Australië gespeel. Die oorspronklike Kanadese Rugbyunie het net voor die Eerste Wêreldoorlog ontbind. Die stigting van die Rugbyunie van Kanada het in 1929 plaasgevind en is 'n jaar later gevolg deur 'n toer na Japan deur 'n verteenwoordigende Kanadese span in 1932 wat daarop gemik was handel tussen die twee lande te bevorder. Omtrent die helfte van die span was Kandees-gebore, meestal uit Brits-Kolombië en die res was oorspronklik van Brittanje. Kanada het 9-8 en 38-5 in die twee toetse teen Japan verloor.
[wysig] Na-oorlogse Tydperk
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het rugby deelname oral in Kanad drastie afgeneem. Wedstryde wat wel gespeel is het meestal lede van die Commonwealth magte betrek. In 1949 was daar slegs drie aktiewe provinsiale unies: Brits-Kolombië, Ontario en Québec.
In 1962 het Kanada na die Verenigde Koninkryk getoer met 'n span wat oorheers is met spelers uit Brits-Kolombië. Die Rugbyunie van Kanada is herstig in 1965 as die Canadian Rugby Union. Die 1966 Britse Leeus het 'n nie-toetswedstryd in Toronto gespeel oppad terug van Australië en Nieu-Seeland, 'n wedstryd wat die Leeus 19-8 gewen het.
[wysig] Moderne era
Kanada was een van die 16 nasies wat deur die Internasional Rugbyraad (IRB) uitgenooi is om in die eerste Rugby Wêreldbeker in 1987, wat deur Australië en Nieu-Seeland aangebied is. Kanada is in dieselfde groep as Wallis, Ierland en Tonga in Poel 2 geloot. In hulle heel eerste Rugby Wêreldbeker het hulle Tonga 37-4 verslaan. Hulle het egter die res van hulle wedstryde teen Ierland 46-19 en Wallis 40-9 verloor om derde in die poel te eindig wat beteken het dat hulle nie na die kwarteindstryd deurgedring het nie.
Kanada moes vir die 1991 Wêreldbeker kwalifiseer, en het aan die Amerika toernooie deelgeneem om dit reg te kry. Kanada het eerste geëindig om vir Poel D te kwalifiseer om daar teen Frankryk, Roemenië en Fidji deel te neem. Kanada het met Fidji en Roemenië afgereken maar 19-13 teen Frankryk verloor om tweede in die poel te eindig en na die kwarteindstryd deur te dring. Hulle is in die kwarteindstryd deur die All Blacks uitgeskakel met 'n 29-13 oorwinning deur Nieu-Seeland in Lille.
In 'n beroemde wedstryd op 10 November 1993 het hulle Wallis 26-24 by Cardiff Arms Park geklop; en Frankryk op 4 Junie 1994 18-16 by Twin Elms Rugby Park in Nepean, Ontario geklop. Op 27 Junie 2000 het hulle 27-27 gelykop gespeel teen Ierlandby Markham, Ontario. In 2002 het hulle 'n 26-23 oorwinning teen Skotland in Vancouver, Brits-Kolombië op 15 June geklop. Die oorwinning oor Skotland was die eerste van sewe oorwinnings voor hulle teen Wallis op in Cardiff verloor het.
Kanada kon in ses wedstryde nie daarin slaag om Engeland te klop nie. Hulle het egter reeds elf keer teen Engeland se nasionale XV, B span, en Onder-23 spanne gespeel. Die vernaamste uitslag was 'n 15-12 oorwinning oor 'n sterk England XV op 29 Mei 1993 by Swangard Stadion in Burnaby. Ongelukkig vir die Kandese het die Engelse bestuur op die vooraaand van die wedstryd besluit om die wedstryd nie as 'n toets te beskou nie (aangesien sommige van hulle spelers saam met die Britse en Ierse Leeus op toer in Nieu-Seeland was.) Verder het Kanada voor hulle die amptelike span van Skotland in 2002 geklop het, het hulle 'n Skotland XV 24-19 op 25 Mei 1991 by St. John, New Brunswick verslaan.
[wysig] Verwysings
- ^ 1,0 1,1 1,2 Rugby Canada, History of Rugby Canada, Besoek op 10 September
- ^ Canadian Rugby, History of Rugby, Besoek op 10 September 2007
- ^ Westmount Rugby Club, History/Histoire, Besoek op 9 September 2007
- ^ By Pierre Arnaud en James Riordan, Sport and International Politics, Taylor & Francis, 1998, ISBN 0419214402