Elisabeth I van Engeland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Elisabeth I (7 September 1533 – 24 Maart 1603) was Koningin van Engeland, Koningin van Frankryk (slegs in naam) en Koningin van Ierland vanaf 17 November 1558 tot en met haar dood. Daar word soms na haar verwys as die maagdkoningin (The Virgin Queen) aangesien sy nooit getrou het nie, Gloriana, of Goeie koningin Bess (Good Queen Bess). Elisabeth I was die sesde en laaste monarg van die Tudor-stamhuis (die ander was haar oupa Hendrik VII, haar pa Hendrik VIII, haar halfbroer Eduard VI, haar niggie Jane en haar halfsuster Maria I. Sy het 45 jaar lank regeer, 'n tydperk waarin die Engelse gegroei het in mag en invloed oor die wêreld en waarin daar ook godsdienstige onrus in Engeland geheers het.