Serwokroaties
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Serwokroaties (srpskohrvatski of hrvatskosrpski) is 'n taal uit die Westelike groep van die Suid-Slawiese tale. Dit was die hooftaal van Serwië, Kroasië, Bosnië en Herzegowina en Montenegro en word ook gepraat en verstaan in die Voormalige Joego-Slawiese Republiek van Macedonië (FYROM) en Slowenië. Die taal word verder deur Serwiese en Kroatiese minderhede in Oostenryk, Hongarye en Roemenië gepraat.
Ondanks die redelik klein verskille word Kroaties, Bosnies en Serwies tans as verskillende tale gesien. Voorheen is hulle as dialekte van Serwokroaties beskou. Kroaties het 'n lang literatuurgeskiedenis en het enigsins Slawies-puristiese strominge beleef; nuwe woorde is eerder aan Tsjeggies of Pools ontleen as aan nie-Slawiese tale soos Duits of Italiaans. Serwies is in besonder afgelei van Oud-Kerkslawies en het meer Russiese invloede.
[wysig] Alfabette
In die loop van die geskiedenis is die taal met die Latynse, Griekse, Glagolitiese, Cyrilliese en Arabiese letters geskryf. Vandag word dit met sowel Latynse as Cyrilliese letters geskryf. Serwies en Bosnies gebruik beide alfabette, terwyl Kroaties slegs Latynse letters gebruik.
In beide gevalle is die spelling nagenoeg foneties en kom die spelling normaalweg een tot een ooreen met die uitspraak:
Latyn na Cyrillies
A a B b C c Č č Ć ć D d Dž dž Đ đ E e F f G g H h I i J j K k А а Б б Ц ц Ч ч Ћ ћ Д д Џ џ Ђ ђ Е е Ф ф Г г Х х И и Ј ј К к
L l Lj lj M m N n Nj nj O o P p R r S S Š š T t U u V v Z z Ž ž Л л Љ љ М м Н н Њ њ О о П п Р р С с Ш ш Т т У у В в З з Ж ж
Cyrillies na Latyn
А а Б б В в Г г Д д Ђ ђ Е е Ж ж З з И и Ј ј К к Л л Љ љ М м A a B b V v G g D d Đ đ E e Ž ž Z z I i J j K k L l Lj lj M m
N n Nj Nj O o P p R r S s T t Ć ć U u F f H h C c Č č Dž dž Š š Н н Њ њ О о П п Р р С с Т т Ћ ћ У у Ф ф Х х Ц ц Ч ч Џ џ Ш ш
Lj, Nj en Dž verteenwoordig verskillende<!—onderscheiden--> foneme en word as afsonderlike letters beskou. In seldsame gevalle kan hulle ook kombinasies van twee letters verteenwoordig, en word dan afsonderlik in Cyrilliese letters getranslitereer. Byvoorbeeld, "nadživeti" (oorleef in die sin van langer leef as) word getranslitereer as "Надживети", nie as "Наџивети". Dit was gebruiklik dat Đ geskryf is as Dj op tikmasjiene, maar die gebruik lei tot heelwat verwarring.
[wysig] Eksterne skakels
- Serwiese en Kroatiese alfabette by Omniglot
- Sosiolinguistiese Analise van Serwokroaties (in PDF formaat)
Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale | ||
---|---|---|
Wes-Slawiese tale: | ||
Kasjoebies | Polabies | Pools | Slowaaks | Sorbies | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies | ||
Oos-Slawiese tale: | ||
Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Wit-Russies | ||
Suid-Slawiese tale: | ||
Bulgaars | Macedonies | Kerkslawies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Serwies) |