See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Tsjeggies - Wikipedia

Tsjeggies

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Tsjeggies (čeština, český jazyk) is 'n Wes-Slawiese taal met ongeveer 12 miljoen sprekers. Tsjeggies word veral in Tsjeggië (10,2 miljoen inwoners), maar ook in die buurlande (spesifiek Slowakye en Oostenryk) en lande met baie Tsjeggiese immigrante, soos die VSA en Kanada gepraat. Sedert 1 Mei 2004 is Tsjeggies een van die amptelike werktale van die Europese Unie. Tsjeggies is onder die Wes-Slawiese tale die nouste verwant aan Slowaaks, gevolg deur Oppersorbies en Pools. Tsjeggies en Slowaaks is tot 'n groot mate onderling verstaanbaar. Die jongste generasie Tsjegge en Slowake vind dit wel moeiliker om mekaar te verstaan aangesien daar na die uitmekaar val van Tjeggoslowakye in 1993 nie meer daaglikse kontak met mekaar se tale is nie.

Inhoud

[wysig] Alfabet

Tsjeggies word met die Latynse alfabet geskryf en gebruik 'n aantal diakritiese tekens, naamlik die háček (ˇ), die accent aigu (čárka, ´) en die corona (kroužek, ˚). Die Tsjeggiese alfabet luid as volg:

Aa, (¡·), Bb, Cc, Čč, Dd, (Ďď), Ee, (…È), (Ěě), Ff, Gg, Hh, Chch, Ii, (ÕÌ), Jj, Kk, Ll, Mm, Nn, (Ňň), Oo, (”Û), Pp, Qq, Rr, Řř, Ss, Šš, Tt, (Ťť), Uu, (⁄˙), (Ůů), Vv, Ww, Xx, Yy, (›˝), Zz, Žž

Die letters tussen hakkies word tydens het sortering (byvoorbeeld in woordeboeke) gerangskik onder die voorafgaande letter. Die letters Q, X en W word slegs in vreemde woord en leenwoorde gebruik en kom weinig tot baie weinig voor. Die ů is in werklikheid dieselfde as de ˙, die ů mag egter nie aan die begin van 'n woord gebruik word nie. Ook die ě kan nie aan die begin van 'n woord staan nie, omdat die h·ček aandui dat die voorafgaande letter gepalataliseerd word. Die letters l en r kan ook as klinkers dien, wat kan leiden tot 'n sin soos "strč prst skrz krk" (steek jou vinger in jou keel).

[wysig] Struktuur

Die grammatika van Tsjeggies kan as moeilik eskou word. Selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, die verskillende voornaamwoorde en die telwoorde word verbuig in 7 naamvalle in enkelvoud en meervoud. Die uitgange is nie altyd voorspelbaar nie en kan bowendien vir dieselfde naamval in verskillende variëteite van Tsjeggies van mekaar verskil. Werkwoorde word vervoeg volgens tyd, persoon, wyse en getal. Daarnaas beskik werkwoorde - net soos in die ander Slawiese tale - oor die kategorie aspek, waarmee die voltooidheid of onvoltooidheid van 'n handeling uitgedruk word. Tsjeggies het 'n vaste woordaksent: die klemtoon lê altyd op die eerste lettergreep. 'n mens moet wel noem dat enklitiese woorde (woorde sonder eie woordaksent) 'n eenheid vorm met die woorde waarby hulle hoort, waardeur die klem byvoorbeeld gewoonlik spring na 'n voorsetsel.

[wysig] Sosiolinguistiese situasie

Die sosiolinguistiese situasie van Tsjeggies is baie kompleks, veral as gevolg van die ontstaansgeskiedenis van die huidige standaardtaal. Die situasie is in 'n sekere sin vergelykbaar met die van Nederlands in Vlaandere, al word hulle nog sterker gekenmerk deur diglossie ('n vorm van tweetaligheid). Die amptelike standaardtaal (spisovn· čeština) word veral gebruik vir geskrewe tekste. In gesproke vorm word die standaardtaal gebruik in die onderwys, in die politieke, wetenskaplike en maatskaplike debat en in die beriggewing op radio en televisie. Die standaardtaal is egter redelik ver verwyder van die moedertaal van die meeste mense. Die meeste Tsjegge het een van die volgende variëteite as moedertaal:

  • Die sogenaamde obecn· čeština (Algemeen-Tsjeggies), wat veral in Boheme gebruik word en daar op enkele uitsonderinge na die dialekte verdring het. Dit bevat baie elemente van Praags, en gebruik daarvan word daarom buite Boheme dikwels opgevat as 'n ongepaste uiting van 'pragosentrisme'.
  • Streekstale, stadsdialekte en dialeke. Dialekte is die sterkste verteenwoordig in die ooste van die land (MoraviÎ en SileziÎ).

Aangesien die standaardtaal in Tsjeggië altyd 'n later, op skool aangeleerde taalvorm is, dring elemente uit variëteite redelik maklik deur in die taalgebruik van die standaardtaalsprekers. Dit affekteer dan spesifiek morfologiese elemente (vorme en uitgange van byvoorbeeld werkwoorde en selfstandige naamwoorde) en elemente uit die leksikon (woordeskat). In welke mate 'n spreker dergelike elemente gebruik as hy die standaardtaal praat, hang af van die formaliteit van die situasie, maar ook van sosiale en streeksfaktore, iemand se ouderdom en taalvaardigheid. Tussen die standaardtaal aan die een kant en die obecn· čeština, die streekstale en die (stads)dialekte aan die ander kant ontwikkel daar stadigaan 'n nasionale, pan-Tsjeggiese spreektaal (běžn· mluva). Die posisie van hierdie variëteit is redelik swak en het dit veral posvat begin kry in die ooste, in die gebiede waar die obecn· čeština histories swak verteenwoordig is. Al hierdie verskillende variëteite is nie duidelik van mekaar afgegrens nie: elemente en kenmerke van die verskillende variëteite loop kontinu deur mekaar, wat veroorsaak dat die taalsituasie in Tsjeggië vir buitenlanders kompleks is. In die daagliks spraakgebruik is die gebruik van woorde afkomstig uit Duits nie ongewoon nie, byvoorbeeld ksicht (vir gezicht) en kaeft (vir handel).

[wysig] Geskiedenis van Tsjeggies

Tsjeggies het 'n bloei tydperk beleef tussen die 13de en die 16de eeu en is daarmee een van die oudste kultuurtale van Europa. Die taal was bruikbaar vir alle in die tyd denkbare genres, soos kronieke, legendes en in 'n latere stadium ook vir juridiese, theologiese, filosofiese en ander wetenskaplike tekste. Aan die einde van die 16de eeu bereik Tsjeggies 'n groot mate van eenvormigheid en stabiliteit, beide in geskrewe en in gesproke vorm. Bekende denkers wat Tsjeggies gebruik het sluit in Jan Hus en Jan Amos Comenius. Tsjeggies beinvloed in die periode ook ander Slawiese tale, soos Pools, Sorbies en Slowaaks. Die bloeitydperk kom tot 'n einde in 1620, toe Tsjeggië onder die bewind van die Habsburgers kom. Duits en in 'n mindere mate Latyn word die oorheersende tale in die bestuur, die letterkunde en het maatskaplike lewe. Die Tsjeggiese kulturele elite ondergaan 'n sterk germanisering; Tsjeggies word veral aan die lewe gehou deur die bevolking in die stede en op die platteland. Pas aan het eind van die 18de eeu, rondom die begin van die nasionale wedergeboorte, kom aan die stagnasie 'n einde, toe mense die taal begin beskou as 'n noodsaaklike en onvervreembare onderdeel van hulle eien nasionale identiteit. Toe die belangstelling vir die eie taal weer toeneem, het die Tsjeggies van die 16de eeu - met sy stabiele norm - inmiddels verlore gegaan. Aangesien die oorheersende taal in die tyd Duits was, Was daar 'n probleem by die daarstel van 'n norm wat nie alleen vir mondelinge taalgebruik geskik was nie, maar ook voor alle genres, registers en stylvlakke van die geskrewe taal. Noodgedwonge gryp mens grotendeels terug na ou norme. Die ingewikkelde (gekompliseerde) sosiolinguistiese toestand kan tot 'n groot mate terug gesprro word hierna: die taalontwikkeling was - ook deur die gebrek aan 'n norm - in die tussentyd nie stil bly staan nie. Twee persone wat in die tyd in 'n groot mate die huidige vorm van Tsjeggies bepaal het, is Josef Dobrovsk˝, wat in 1809 'n Tsjeggiese grammatika publiseer, en Josef Jungmann, uit wie se pen tussen 1835 en 1839 'n Tsjeggies-Duits woordeboek verskyn. Die woordeskat is aangepas aan die moderne tyd en uitgebrei met leenvertalinge en met leenwoorde uit ander Slawiese tale, veral Russies en Pools.

[wysig] Sien ook

  • Tsjeggiese literatuur

[wysig] Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Tsjeggies


Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Tsjeggies op WikiWoordeboek

[wysig] Bronne

  • Peter Rehder (red.), Einf¸hrung in die slavischen Sprachen, Darmstadt: Wissenschaftlichte Buchgesellschaft, 1998.
  • František Daneš, Česk˝ jazyk na přelomu tisÌcletÌ, Praha: Academia, 1997.


Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies | Pools | Slowaaks | Sorbies | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Wit-Russies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars | Macedonies | Kerkslawies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Serwies)


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -