Wes-Slawiese tale
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Wes-Slawiese tale is die tweede grootste groep binne die Slawiese taalfamilie wat volgens geografiese en fonetiese besonderhede in drie groepe verdeel word:
- Oos-Slawies (Rusland, Wit-Rusland, Oekraine)
- Wes-Slawies (Pole, Tsjeggië, Slowakye, Suidoos-Duitsland: Brandenburg en Sakse)
- Suid-Slawies (Balkan)
Die Wes-Slawiese taalgroep bestaan uit
- Pools
- Polabies (wat vroeër tot by die westelike Elbe-gebied van Duitsland gepraat word en tydens die 18de eeu uitsterf)
- Oossee-Slawies met Pomeraans oos van die Oderrivier, Roegies en die ou Slawiese dialekte wat ringsom Berlyn gepraat word, almal uitgestorwe, met die Kasjoebiese taal, wat soms as variant van Pomeraans of Poolse dialek beskou word, as die laaste oorblyfsel met sowat 4 500 sprekers
- Sorbies (of Wendies) met die variante Opper-Sorbies en Neder-Sorbies in die Lausitz, suidoos van Berlyn
- Tsjeggies en Slowaaks
Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale | ||
---|---|---|
Wes-Slawiese tale: | ||
Kasjoebies | Polabies | Pools | Slowaaks | Sorbies | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies | ||
Oos-Slawiese tale: | ||
Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Wit-Russies | ||
Suid-Slawiese tale: | ||
Bulgaars | Macedonies | Kerkslawies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Serwies) |